The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

SunSmart

Wees Orals SonSlim!

Wees Orals SonSlim!

English Media Release

1 Desember 2018 – Die vakansie is om die draai en KANSA herinner almal daaraan om versigtig te wees en oral SonSlim te wees. Sonbrand gebeur binne 15 minute en die skade is permanent, onomkeerbaar en tel met elke blootstelling aan die son op.

Suid-Afrika het van die hoogste voorkoms van velkanker in die wêreld – deels te wyte aan ons land se hoë vlakke van UV bestraling, wat die hoof oorsaak is van velkanker. UV strale is net so gevaarlik vir mense wat buite werk, sportlui, op die speelgrond of om werk toe te ry as wat dit is om op die strand of by ‘n swembad te wees. Selfs wanneer dit oortrokke weer is kan strale reflekteer teen oppervlaktes en sonbrand veroorsaak. Lees meer oor velkanker, wenke om kankerrisiko te verlaag asook sifting op die KANSA webwerf.

Alhoewel mense met blonde- of rooi hare en ligte vel, sproete en groen- of blou oë ‘n groter risiko het vir sonbrand en velskade as dié met donkerder velpigmente, moet mense met donker veltoon ook voorsorgmaatreëls tref om hulself van UV strale te beskerm.

Mense wat met die genetiese kondisie Albinisme leef het ‘n gebrek aan velpigmente en gevolglik uiters ligte vel en moet veral ekstra spesiale sorg neem wanneer hul in die buitelug is. Hulle loop ‘n groot risiko om velkanker te ontwikkel en vroeë opsporing is van uiterse belang sodat dit deur chirurgie verwyder kan word. Hulle moet beskermende klere en sonbrille (met beskermingsgraad van 400) dra om hul sensitiewe oë te beskerm. Dit is ook belangrik dat hul werk in ‘n skaduryke omgewing moet wees en dat hul gereeld vir sifting gaan om te monitor vir velkanker. Sonskerm is op voorskrif beskikbaar by openbare hospitale vir mense met albinisme, deur die Departement van Dermatologie.

Julie George

Mense wat dink sonbeddens is ‘n veiliger opsie maak ‘n fout. Daar bestaan nie so iets soos ‘n veilige sonbrand nie – dit dui eintlik velskade aan. Die eerste gebruik van ‘n sonbed voor ouderdom 35 verhoog die risiko vir melanoom met tot 59% In 2009 is sonbeddens en sonbrandhokkies amptelik deur die Internasionale Agentskap vir Navorsing oor Kanker (IARC) verklaar as agente wat kanker veroorsaak.

Julie George, ‘n melanoom-oorwinnaar sê: “Ek dink in my onderbewussyn het ek geweet dat sonbeddens gevaarlik is, ek het net nooit geweet hoé gevaarlik nie. Ek was ook onkundig oor die aard van melanoom. Ek wens ek kon in die toekoms sien daardie tyd, die gevare werklik verstaan. Ek vind nog steeds vandag dat mense dit nie ernstig opneem nie. Ek dink hulle het, net soos ek daardie tyd, ‘n ingesteldheid van ‘dit sal nie met my gebeur nie’. Ek hoop my verhaal sal mense oortuig dat dit ‘n baie werklike lewensbedreigende risiko is.”

Hoe KANSA Help

Maak ‘n afspraak by ‘n plaaslike KANSA Sorgsentrum vir sifting – die FotoFinder dermoskoop bied ‘n alles-in-een en omvattende velkanker siftingstoets met kartering en ontleding van moesies aan. Maak ook gebruik van ons ‘Spot the Spot’ kontrolelys om te help met maandelikse selfondersoeke.

Vir meer inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en Kommunikasie by KANSA, stuur ‘n epos aan lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of selnommer 082 459 5230.

Meer oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12miljoen jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte.

Navrae KANSA

Besoek www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel KANSA tolvry of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. KANSA bied meertalige ondersteuning aan op Whatsapp: 0721979305 vir Engels en Afrikaans en 0718673530 vir  Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati.  Volg KANSA op Twitter: @CANSA , sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica


« BACK


Do you have a question?