Media Releases & News

Vrywilligers Help om KANSA te Verbeter

Vrywilligers Help om KANSA te Verbeter

English Media Release

29 November 2018 – Internasionale Vrywilligersdag word elke jaar op 5 Desember wêreldwyd gevier. Die spesiale dag is ‘n mandaat van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies wat in 1985 van krag geword het om die krag, harde werk en potensiaal van vrywilligers te vier. KANSA wil spesiaal dankie sê vir die onbaatsugtige toewyding wat vrywilligers betoon aan almal wat regdeur die jaar deur kanker geraak word.

Elize Joubert, Hoof Uitvoerende Beampte van KANSA sê: “As ‘n niewinsgewende organisasie maak KANSA baie staat op opgeleide vrywilligers in plaaslike gemeenskappe om ons te help in ons stryd teen kanker. Ons stel ons vrywilligers hoog op prys. Baie van hulle is self kankeroorwinnaars wie se lewens self deur kanker geraak is. Ons vrywilligers help KANSA personeel landwyd om mense in plaaslike gemeenskappe op te lei en in te lig oor sake rakende kanker. Hulle help ook om na tekens en simptome van kanker te let, maak mense bewus van die belangrikheid van gereelde kanker siftingstoetse en help mense om ‘n gebalanseerde leefstyl te handhaaf om sodoende hul risiko vir kanker te verminder. Ons vrywilligers verskaf ook sorg en ondersteuning aan kankerpasiënte en hul geliefdes, help met administratiewe take en fondsinsameling. Sonder ons vrywilligers sal ons eenvoudig net nie genoeg hande hê om ons dienste te kan lewer aan hulle wie se lewens deur kanker geraak word nie. KANSA se vrywilligers is inderdaad merkwaardige en toegewyde persone.”

As jy graag ‘n KANSA vrywilliger wil word. Kontak jou plaaslike KANSA SorgSentrum of jy kan aanlyn aanteken.

Filale Nkwanyana van Noord Wes gesê: ” Ek wil KANSA opreg bedank vir die geleentheid wat die organisasie vir my geskep het. Ek is trots om vir hierdie fenomenale organisasie as vrywilliger te kan werk. Ek beskik nie oor genoeg woorde om die wonderlike werk wat KANSA doen, te beskryf nie. Sedert ek as vrywilliger aangesluit het, het ek besef hoe dodelik gevaarlik kanker kan wees en dat daar talle mense is wat nie ingelig is oor die feite van kanker nie en ook geen kennis dra van die tekens en simptome van selfs die mees algemene kankers nie. Wanneer ek praatjies oor kanker by klinieke en skole oor kanker doen, voel ek dat ek my deel bydra en is ek dankbaar dat ek mense kan help om hulle siekte, vrese en vrae oor kanker met my te deel. Dit is so belangrik vir hierdie mense om vrae te vra en antwoorde te kry. Ek voel ek maak ‘n verskil in mense se lewens. Ek glo vas dat die werk wat ek doen mense se lewens red en dat ek wil voortgaan om mense op te hef en in te lig oor alles rakende kanker.”

Rosalind Prinsloo stem saam. Sy is van Port Elizabeth en sê: “Om in staat te wees om ander te help laat my vergeet van my eie probleme. Dit is wonderlik om deel te wees van ‘n ondersteuningsgroep. Ek is bevoorreg omdat ek ‘n vrywilliger vir KANSA kan wees en om my deel by te dra om ander te help om hulle stryd teen kanker te beveg. Dis inderdaad ’n voorreg om deel van so ‘n wonderlike organisasie te wees. ”
KANSA bemagtig vrywilligers omdat die organisasie mense geskikte en toepaslike opleiding verskaf. KANSA waardeer ook die insette van vrywilligers en het onlangs ‘n opname gedoen onder ons Leier Vrywilligers om terugvoer te kry van vrywilligers oor hul ervaringe en ondervindings met KANSA en mense met kanker. Op hierdie manier help vrywilligers KANSA om die dienste wat hulle aan mense bied, te verbeter en om sodoende die lewens van mense wat deur kanker geraak word, makliker te maak met sorg en ondersteuning. Een van die doelwitte van die terugvoer van die opname is om harder te probeer om die regte vrywilligers die werk te laat doen wat by hulle en hulle talente pas sodat hulle take kan doen waarin hulle uitblink. So word daar ook gekyk na vrywilligers se vorige opleiding, ondervinding en vaardighede.

#FightCancerTogether #CANSACares #InternationalVolunteersDay

Meer oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12miljoen jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte.

Navrae KANSA

Besoek www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel KANSA tolvry of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. KANSA bied meertalige ondersteuning aan op Whatsapp: 0721979305 vir Engels en Afrikaans en 0718673530 vir  Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati.  Volg KANSA op Twitter: @CANSA, sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica


« BACK


Do you have a question?