The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Media Releases & News

Neem deel aan KANSA se 365 Dae Uitdaging oor Gesondheid op Wêreld Kankerdag

English Media Release

23 Januarie 2019 – Op vanjaar se Wêreld Kankerdag (4 Februarie) voeg KANSA hul stem by die volgende boodskap wat die wêreldwye gemeenskap uitdra: wie jy ook al is – familie, vriend, kollega, kankeroorwinnaar, leier, gesondheidswerker, student, werknemer of werkgewer – jy beskik oor die vermoë om aktief saam te werk om ‘n kankervrye wêreld te skep.

Die doel van die uitdaging aan almal is: ‘begin waar jy is, gebruik wat jy het en doen wat jy kan’ om ‘n verskil te maak in die stryd teen kanker. Vra jouself af: ‘Wie is ek?’ en “Wat kan ek doen?” Streef daarna om bewustheid van kanker te verhoog en om die risiko van kanker vir jou persoonlik en vir jou gemeenskap te verlaag.

Kyk na die video oor Wêreld Kankerdag…

“Dis nou die tyd om iets te doen en op te tree. Kanker is nie net ‘n gesondheidprobleem nie, dit is ‘n probleem van die mensdom. Ons almal ken iemand wie se lewe deur kanker geraak is. Die organisasie Global Burden of Disease beraam dat nagenoeg 115 000 Suid-Afrikaners elke jaar met kanker gediagnoseer word. Navorsing wys dit is moontlik om die risiko’s van ‘n derde van alle kankers te verminder. Ons daag gemeenskappe, individue, opvoedkundige instansies, werkplekke en regeringsleiers uit om ‘n verbintenis te maak om die risiko vir kanker regdeur die jaar te help verlaag. Dit kan gedoen word deur die vermyding en onthouding van alles waarvan ons bewus is wat kanker veroorsaak. Ons moet ook doelbewus seker maak dat ons gesonde en slim keuses oor ons lewenstyl maak. Jy kan jou verbintenis bekend maak en met ander deel op sosiale media #IamAndIWill en so kan jy die publiek aanmoedig om diegene wat hulself tot die uitdaging verbind het, te ondersteun en aan te moedig, ” sê Elize Joubert, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte.

Meer oor Wêreld Kankerdag

Sien Infografiek…

Wêreld Kankerdag is ‘n inisiatief van die Unie vir Internasionale Kankerbeheer (International Cancer Control (UICC). Die doel van die Unie is om teen 2025 die voortydige sterftesyfer te wyte aan kanker met 25% te verlaag. Dit sluit ook in sterftesyfers te wyte aan nieoordraagbare siektes. Hierdie doelwit kan behaal word deur middel van inisiatiewe soos Wêreld Kankerdag. Sien info-grafiek…

Daar is hoop vir kankerpasiënte aangesien daar tans meer as 43 miljoen mense is wat nog lewe nadat hulle vyf jaar gelede of minder met kanker gediagnoseer is. Die veldtog staan op vyf pilare: die beskikbaarstelling van hoë kwaliteit data en resultate oor ondersoeke wat gedoen word; vroeë opsporing en diagnose, tydige en akkurate behandeling en die opgradering van ondersteuning en palliatiewe sorg van kankerpasiënte.

KANSA moedig alle Suid-Afrikaners aan om meer kennis oor kanker in te win en om ontslae te raak van mites en stigmas wat onbehulpsaam en foutief is. KANSA se navorsingspan ondersteun tans ‘n Kanker Stigma Studie. Individue kan hul risiko vir kanker verlaag deur meer oefening te doen, gesonde eetgewoontes aan te leer en te volhou, om SonSlim te wees en om sonbeddens te vermy. Verder moedig KANSA mense aan om hulself te laat inent teen HPV en Hepatitis B, om die rookgewoonte te staak, om alkoholgebruik te staak en om besoedeling en chemikalieë soos onder andere asbes, plaagdoders en BPA te vermy. Kennis van die tekens en simptome van kanker maak vroeë diagnose moontlik. Dit op sy beurt help dat kanker suksesvol behandel kan word. Volledige inligting oor hoe hierdie doelwitte bereik kan word, kan gevind word op www.cansa.org.za

PDF

Begin die uitdaging saam met KANSA

Joubert voeg by: “Sluit ‘n persoonlike verbintenis met jouself om jou risiko vir kanker in een area van jou lewe te verlaag en deel dit met al jou kontakte. Volg elke maand die verloop van jou vordering. Hoewel dit aanvanklik moeilik sal lyk om die uitdaging te aanvaar en deur te voer, is KANSA altyd byderhand om jou te ondersteun. Jy kan begin deur deel te neem aan die volgende om jou persoonlike verbintenis met jouself ‘n hupstootjie te gee en om seker te maak dat jy reg begin.”

Besoek www.worldcancerday.org en laai die World Cancer Day Inligtingsgidse af. Dit sal jou verder inspireer.

#WorldCancerDay #IAmAndIWill #StartWhereYouAre #LowerCancerRisk

Vir meer inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en Kommunikasie by KANSA, stuur ‘n epos aan lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of selnommer 082 459 5230.

Meer oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12miljoen jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte.

Navrae KANSA

Besoek www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel KANSA tolvry of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. KANSA bied meertalige ondersteuning aan op Whatsapp: 0721979305 vir Engels en Afrikaans en 0718673530 vir  Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati.  Volg KANSA op Twitter: @CANSA , sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica


« BACK


Do you have a question?