The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Media Releases & News

KANSA Staan vir die Bevordering van Vroueregte aangaande Siftingstoetse vir Kanker

English Media Release

6 August 2019 –  Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) ondersteun die pogings van die Nasionale Departement van Gesondheid om bewustheid van borskanker en servikale kanker te verskerp en om vroue op te voed en in te lig met kennis oor die simptome, geleenthede vir siftingstoetse en die vermindering van die risiko vir kanker.

Laai Infografieke af…

In ooreenstemming met KANSA se 365 Dae Gesondheid Uitdaging, word vroue gedurende Augustus aangemoedig om siftingstoetse te ondergaan en om die nodigheid daarvan op elke denkbare sosiale platform, insluitend sosiale media, met ander te deel. KANSA wil nie net vroue bemoedig om getoets te word nie, maar vroue ook vra om ander vroue uit te daag om dit te doen.

Borskanker is die hoofoorsaak van sterftes onder Suid-Afrikaanse vroue met ‘n lewenslange risiko van 1 uit 27. Die statistiek is verkry deur die 2014 Nasionale Kanker Register (National Cancer Registry NCR). Servikale kanker is die mees algemene oorsaak van kankersterftes en die tweede mees algemene kanker wat by vroue gediagnoseer word. Dit sluit basale selkarsinoom uit. Die beraamde lewenslange risiko vir servikale kanker onder vroue is 1:42.

Navorsing dui aan dat gebrekkige kennis van die simptome sowel as wanopvattings, stigma en skaamte oor die siekte van die redes is waarom soveel vroue aan die kankers sterf, veral in die geval van servikale kanker. ‘n Ander rede is dat vroue nie gereeld siftingstoetse vir servikale kanker ondergaan nie wat op sy beurt vir ‘n vertraging van gepaste behandeling en versorging verantwoordelik is.

Gerda Strauss, KANSA se Hoof van Dienslewering, beklemtoon die belangrikheid van siftingstoetse en vroeë opsporing. “Ons doen ‘n beroep op vroue om kennis te neem en te weet wat is normaal vir hul liggame. Dit beteken dat vroue gereeld elke maand hul borste self moet ondersoek (‘BSE: Breast Self Examination’). Met so ‘n self-borsondersoek kan vroue enige verandering in hul borste voel of simptome van borskanker self opspoor. Neem kennis van die waarskuwingstekens. Ons is opgewonde oor ‘n nuwe opvoedkundige video wat vir vroue wys hoe om self hul borste te ondersoek. Dit is beskikbaar by hierdie skakel en alle sosiale media platforms.”

“Vroue wat enige verandering of simptome in hul borste opspoor, word aanbeveel om sonder versuim KANSA te kontak of om ‘n gesondheidpraktisyn van hul keuse of ‘n kliniek te besoek vir ‘n Kliniese Borsondersoek. Vroue met geen simptome van borskanker is geregtig om jaarliks aan te dring op ‘n Kliniese Borsondersoek wanneer hulle hul primêre gesondheidsentrums besoek. Dit is hulle reg soos bepaal word in die Nasionale Departement van Gesondheid se Borskanker Beheerbeleid. Vroue met ‘n familiegeskiedenis van borskanker moet veral bedag wees op die simptome van borskanker en hulle moenie nalaat om hul gereeld te laat toets nie,” voeg Strauss by.

Laai PDF af…

KANSA se ondersteuning aan kankerpasiënte sluit ook in: huur van mediese toerusting, pruike, berading, ondersteuningsgroepe, aanlyn ondersteuningsgroepe en -hulpbronne sowel as KANSA Sorgtuistes waar pasiënte wie ver van hul huis is, kan oorbly tydens hul behandeling.  Verder bied KANSA professionele passingsdienste en ‘n volle verskeidenheid borsprostese, bra’s, swemdrag en limfedeem kleding by KANSA Sorgsentrums landswyd deur ons vennootskap met M Store.

KANSA se aanbeveling is dat alle vroue tussen die ouderdomme van 40 en 54 elke jaar ‘n mammogram ondergaan vir die doel van nie-simptomatiese sifting vir borskanker (vroue 55 jaar en ouer behoort ‘n mammogram elke twee jaar te ondergaan of indien hul so verkies, elke jaar). Publieke Hospitaal Borsklinieke of die Radiologiese Vereniging van SA (RSSA) kan gekontak word by 011-794 4395 https://rssa.co.za/ om reëlings te tref vir ‘n mammogram.

Die meeste servikale kankers word veroorsaak deur die Menslike Papilloomvirus (MPV) wat dit een van die mees voorkombare kankers maak as die MPV inenting toepaslik toegedien word. Die inenting is veilig en effektief as dit op ‘n vroeë ouderdom toegedien word (9 jaar en ouer). In SA is die MPV inenting in Februarie 2008 goedgekeur deur die South African Health Products Regulatory Authority vir effektiwiteit.

Strauss volstaan met: “Daarbenewens behoort alle vroue ten minste elke drie jaar te gaan vir ‘n Papsmeer. Dit is uiters belangrik dat alle vroue vanaf die ouderdom van 25 gereeld vir ‘n Papsmeer moet gaan omdat die toets abnormale selle vroegtydig kan uitwys. Vroue is egter geregtig op Papsmere van selfs ‘n vroeër ouderdom. Vroue wat van die siftingstoetse in die openbare sektor gebruik maak, is geregtig op drie gratis Papsmeer toetse in ‘n leeftyd. Hierdie drie toetse word aanbeveel vir vroue van 30 of ouer en behoort elke 10 jaar herhaal te word. Indien vroue abnormale simptome ondervind kan hulle versoek om ‘n Papsmeer by een van die plaaslike Department van Gesondheid klinieke te ondergaan.  Ons (KANSA) verskaf ook Papsmeer toetsing vir vroue by ons KANSA SorgSentrums landwyd.”

Vroue met MIV het reeds vanaf ‘n vroeë ouderdom (13-18 jaar) ‘n verhoogde risiko om met MPV geïnfekteer te word.  Vroue wat MIV positief is moet, en is geregtig daarop om, gereelde sifting vir servikale kanker te ondergaan ten tyde van diagnose en daarna elke drie jaar indien die siftingstoets negatief was en jaarliks indien dit positief was.  Dit is belangrik dat vroue met ‘n abnormale siftingsuitslag effektief behandel word.

Meer oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 12 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte.

Navrae KANSA

Besoek www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. Benewens aanlynhulpbronne en Facebook-ondersteuningsgroepe bied KANSA ook veeltalige ondersteuning aan op WhatsApp: 072 197 9305 vir Engels en Afrikaans en 071 867 3530 vir  Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati.  Volg KANSA op Twitter: @CANSA , sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica en LinkedIn.


« BACK


Do you have a question?