The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Media Releases & News

KANSA Moedig Mense aan wat met MIV Saamleef: Wees Bewus van Kankerrisiko

KANSA Moedig Mense aan wat met MIV Saamleef: Wees Bewus van Kankerrisiko

English Media Release

18 November 2019 – Op Wêreld Vigsdag (1 Desember) bevestig KANSA, die Nasionale Department van Gesondheid, Nasionale Kankerregister en Southern African HIV Clinicians Society dat die menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV) ‘n kanker-veroorsakende agents is wat persone wat met MIV saamleef, se kankerrisiko verhoog.

PDF

Dr Melissa Wallace, KANSA se Hoof van Navorsing sê “Met meer as 7 miljoen Suid-Afrikaners wat met MIV saamleef, is dit belangrik dat hul verhoogde kankerrisiko erken word as ‘n wesenlike probleem. Stiptelike en gereelde gebruik van antiretrovirale middels, ‘n gesonde leefwyse, gereelde oefening en vermyding van tabak en alkohol help mee dat mense wat met MIV saamleef ‘n gesonde en vol lewe kan lei. KANSA beveel aan dat mense wat met MIV saamleef, sowel as gesondheidsorgverskaffers die tekens en simptome van die mees algemene kankers wat hulle kan affekteer ken, omrede vroeë opsporing behandeling bevorder.

Dr Elvira Singh, Hoof van die Nasionale Kankerregister, brei uit “Onlangse studies het gekyk na neigings en verhoogde kankerrisiko’s vir mense wat met MIV saamleef teenoor andere wat MIV-negatief is. Die studie het aangedui dat mense wat met MIV saamleef, ‘n verhoogde risiko vir Vigs-verwante kankers, naamlik Kaposi-sarkoom, nie-Hodgkin se limfoom en servikale kanker het. Hulle is ook blootgestel aan verhoogde risiko vir bindvlieskanker van die oog en menslike papilloomvirus-verwante (MPV) kankers soos kanker van die penis, anus en vulva. Daar is ook bevind dat plaveiselkarsinoom van die vel verband hou met MIV besmetting. Die risiko vir Kaposi-sarkoom het afgeneem nadat antiretrovirale middels beskikbaar geraak het. Die risiko vir bindvlieskanker van die oog and MPV-verwante ano-genitale kankers (servikale-, anus-, vulva- en penis-kankers) het aanhou styg, ongeag die vrye beskikbaarheid van antiretrovirale middels.

Wallace voeg by, “Om persoonlike kankerrisiko te verlaag en vroeë opsporing te bevorder, moet persone wat met MIV saamleef antiretrovirale terapie so vroeg as moontlik begin en daarmee voortgaan om die risiko van Kaposi-sarkoom en nie-Hodgkin se limfoom te verlaag. Vroeë voorskryf van antiretrovirale middels is deur die Suid-Afrikaanse Universele Toets- en Behandelingsbeleid bespoedig, afgesien van die persoon se CD4 telling. Bykomstig hiertoe, moet sifting vir servikale kanker in MIV-positiewe vroue gedoen word met ‘n MIV diagnose, en elke drie jaar herhaal word (jaarliks indien die siftingstoets positief is) in lyn met die aanbevelings van die SA Servikale Kanker Beleid.”

Algemene simptome van MIV-verwante kankers sluit die volgende in: Kaposi-sarkoom: effens verhewe pers / pienk (op wit vel); bruin / swart (op donkerder vel); of rooi vlekke enige ander plek op die vel of in die mond en keel; swelsel van die bene wat deur blokkering van die limfvate veroorsaak is. Servikale kanker: dikwels sonder simptome in die vroeë stadium; verhoogde vaginale uitskeiding; moontlike onwelriekende uitskeiding; pyn of bloeding tydens geslagsomgang. Hodgkin en nie-Hodgkin se limfoom: pynlose, geswolle limfkliere in die nek, armholte of lieste; aanhoudende moegheid, koors, nagsweet; onverklaarde gewigsverlies. Bindvlieskanker van die oog: ‘n wit, pynlose, progressiewe vliesvorming op die oog; fotofobie en verkleuring van die oog, irritasie van die oog en ‘n gevoel van iets in die oog. Kanker van die Anus: dikwels sonder simptome in die vroeë stadium; bloederigheid of slym in die stoelgang; ongemak of pyn rondom die anus; ulkusvorming rondom die anus. Kanker van die Vulva: verdikking / growwe vel van die vulva; jeukerigheid, pyn of brandgevoel; knop of oop seer op die vulva; bloeding of afskeiding wat nie verband hou met menstruele siklus nie. Kanker van die Penis: ‘n groeisel of seerplek op die penis wat nie binne 4 weke gesond word nie; bloeding van die penis of onwelriekende af- of uitskeiding onder die voorhuid; verdikking of verkleuring van die vel van die penis. Plaveisel Karsinoom van die vel: ‘n vratagtige groeisel of voortdurende skilferagtige rooi letsel met onreëlmatige rande wat maklik bloei; ‘n oop seer wat vir weke nie genees nie; ‘n groeisel met growwe oppervlakte en sentrale induiking.

KANSA beveel sifting aan om vroeë diagnose en meer effektiewe behandeling te bevorder. KANSA se landswye Sorgsentra bied Papsmere, ‘n vloeistof-gebaseerde servikale kanker-siftingstoets, vir vroeë diagnose. Bykomstige siftingstoetse sluit in Kliniese Borsondersoeke, velondersoeke met gebruik van ‘n FotoFinder om moesies te ontleed asook Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) bloedtoets om prostaatabnormaliteite op te spoor. Alle sifting by KANSA Sorgsentra is beskikbaar teen verlaagde pryse.

* Dhokotera, T., Bohlius, J., Spoerri, A., Egger, M., Ncayiyana, J., Olago, V., Singh, E. and Sengayi, M., 2019. The burden of cancers associated with HIV in the South African public health sector, 2004–2014: a record linkage study. Infectious agents and cancer, 14(1), p.12.

Meer oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 12 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte.

Navrae KANSA

Besoek www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. Benewens aanlynhulpbronne en Facebook-ondersteuningsgroepe bied KANSA ook veeltalige ondersteuning aan op WhatsApp: 072 197 9305 vir Engels en Afrikaans en 071 867 3530 vir  Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati.  Volg KANSA op Twitter: @CANSA , sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica en LinkedIn.


« BACK


Do you have a question?