Men's Health

KANSA Moedig Mans aan om nie Siftingstoetse uit te stel nie

KANSA Moedig Mans aan om nie Siftingstoetse uit te stel nie

English Media Release

Sien infografieke

23 Oktober 2018 – Kennis is mag en kan die lewens van mans drasties verander indien hul bewus is van die tekens en simptome van kanker. KANSA fokus gedurende November op hierdie simptome in die hoop dat mans voortaan nie die ondergaan van gereelde siftingstoetse sal vertraag of onbepaald sal uitstel nie.

Elize Joubert, KANSA se Hoof Uitvoerende beampte, sê: “Dit is kommerwekkend dat mans wat met ‘n gevorderde fase van kanker gediagnoseer word, voortdurend toeneem. Mans behoort proaktief oor hul gesondheid te wees en hulle moet bedag wees op waarskuwingstekens en simptome van kanker. Ons moedig maandelikse testikulêre selfondersoeke vir mans aan asook jaarlikse mediese ondersoeke en siftingstoetse vir kanker om sodoende kanker vroegtydig op te spoor. Dit is belangrik om te weet dat kankersimptome nie altyd teenwoordig of opgemerk word voordat die kanker versprei het nie. Mans behoort ook ‘n gesonde en gebalanseerde leefstyl te handhaaf en moet faktore in hul leefwyse uitskakel wat ‘n risiko vir kanker kan verhoog.”

Vroeë opsporing verbeter die kanse om kanker suksesvol te behandel. Dit is waarom KANSA kennis deel en mense inlig oor die vermindering van risiko’s aangaande gesondheid en kankers soos Prostaatkanker, Kolorektale kanker, Longkanker, Kaposi sarkoom (‘n tipe velkanker), Blaaskanker en Testikulêre kanker.

INFOGRAFIEKE

PDF

Prostaatkanker

Prostaatkanker raak 1 uit 19 mans in SA. Die tipe kanker ontwikkel in die vroeë fases sonder enige aanvanklike simptome. Wanneer die siekte egter in ‘n gevorderde fase is sal simptome soos die volgende waarskynlik voorkom: ooreising en probleme om te urineer, urine wat lek, bloederige urine en pyn in die bene. As prostaatkanker vroeg genoeg gediagnoseer en behandel word is die prognose dikwels goed. KANSA se aanbeveling is dat mans gereelde siftingstoetse vanaf die ouderdom van 40 jaar (veral as daar ‘n familiegeskiedenis van kanker is) moet ondergaan. Dit word gedoen met ‘n bloedtoets wat Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) genoem word. Die PSA toets spoor enige afwykings of abnormaliteite van die prostaat op en is beskikbaar by alle KANSA SorgSentrums landwyd.

“KANSA finansier ook ‘n studie wat gedoen word deur Prof Riana Bornman (Universiteit Pretoria) wat sal bydra tot insig rakende die risiko van prostaatkanker, die progressie van die siekte en die uitkoms van die siekte onder spesifiek Suid-Afrikaanse mans. Ons koördineer ook die IRONMAN: International Registry for Men with Advanced Prostate Cancer wat befonds word deur Movember en geborg word deur die Prostate Cancer Clinical Trials Consortium. Dit is ‘n groot wêreldwye studie van 5 000 mans wat die behandeling en uitkomste van pasiënte wat gerapporteer is, evalueer om te bepaal wat is die beste manier om gevorderde prostaatkanker te hanteer en te behandel. Die studie word in 5 hospitale geïmplementeer – Groote Schuur, Tygerberg, Steve Biko, Charlotte Maxeke en Rosebank Onkologie,” voeg Joubert by.

Kolorektale Kanker

Na raming het 1 uit 79 mans ‘n lewenslange risiko om met kolorektale kanker gediagnoseer te word. KANSA se aanbeveling is ‘n kolonoskopie vanaf die ouderdom van 50 jaar en elke 10 jaar daarna. Wees op die uitkyk vir simptome of ‘n verandering in ontlasting, rektale bloeding, maagpyn swakheid en gewigsverlies.

‘n Newe-effek van kolorektale kanker mag ‘n kolostomie insluit. KANSA bied voor- en na- operatiewe berading en ondersteuning aan en hou stomaprodukte in voorraad teen die laagste pryse asook ‘n afleweringsdiens.

Longkanker

Simptome verskyn dikwels wanneer die siekte alreeds in ‘n gevorderde fase is. Simptome kan van die volgende insluit: kortasem, hoes, ‘n verandering in speeksel, borspyn, luide asemhaling, heesheid en die braking van bloed. By mans wat ophou rook, verminder die risiko om met longkanker gediagnoseer te word dramaties. Mans wat wil ophou rook, kan aanlyn aanteken vir KANSA se Kick Butt program of wenke op die KANSA webblad besigtig.

Kaposi Sarkoom

Kaposi Sarkoom (KS) is die mees algemene VIGS-verwante kanker ter wêreld met 1 uit 320 mans wat ‘n lewenslange risiko vir kanker het. Dit veroorsaak kolle abnormale weefsel wat onder die vel groei. Dit kom ook voor in die voering van die mond, neus, keel of in ander organe. Ongeveer ‘n derde van mense wat gediagnoseer word met klassieke KS ontwikkel ‘n ander kanker wat fataal mag wees.

KANSA is verantwoordelik vir die befondsing van ‘n studie wat gedoen word by die Universiteit van Kaapstad deur Dr Georgia Schafer om die epidemiologie van KS in Suid-Afrika, met sy ‘n hoë voorkoms van MIV-vigs bevolking, te bepaal. Dit sal nuwe geleenthede skep vir die ontwikkeling van risiko evaluering van KS.

Blaaskanker

Blaaskanker is die vyfde mees algemene kanker wat mans in Suid-Afrika raak met ‘n lewenslange risiko van 1 uit 152 mans wat gediagnoseer word met blaaskanker. Die grootste faktor wat die risiko van blaaskanker kan verminder, is om nie te rook nie. Die rookgewoonte verdubbel die risiko van kanker van die blaas. Ten spyte van die feit dat geen siftingstoetse beskikbaar is nie, is enige teken van bloed in die urine, ‘n verskil van die kleur van urine, die behoefte om meer gereeld te urineer en/of ‘n brandpyn tydens urinering ‘n waarskuwing dat mans so gou as moontlik professionele mediese hulp moet bekom.

Testikulêre kanker

Testikulêre kanker is een van die mees algemene kankers wat mans tussen die ouderdomme van 15 en 49 raak. Vroeë opsporing kan help om syfers van oorlewing te verhoog. Maandelikse testikulêre selfondersoeke is ‘n maklike en goedkoop manier vir mans om op die uitkyk te wees vir enge ongewone of abnormale tekens. Dit sluit knoppe, swelling en pyn in die testikels en skrotum in.

Testi-monials is ‘n veldtog wat geskep is deur FCB Kaapstad vir KANSA. Die doel van die veldtog is om die ongemak om oor testikulêre kanker te praat, uit te wis. Dit help ook om bewustheid te skep oor die belangrikheid vir mans om oor testikels te praat en om deur middel van selfondersoeke seker te maak dat kanker van die testikels vroeg genoeg gediagnoseer word. Die veldtog help mans om testikels te gebruik om “testi-monials” oor kanker bekend te maak en hoe hulle persoonlik deur kanker van die testikels geraak is. Hulle gee raad en advies oor hoe om selfondersoeke te doen om vroeë tekens en simptome op te spoor. Besoek http://www.testi-monials.co.za/ vir meer inligting.

Hoe KANSA Help

KANSA skep bewustheid van kanker onder mans deur die ‘MANVan’ inisiatief wat fondse insamel deur middel van die Hollard Daredevil uitdaging. Hierdie mobiele gesondheidskliniek verskaf gratis gesondheidtoetse en ondersteuningprogramme. Dit help ook om bewustheid van kankers wat mans raak, in te skerp.

Joubert sluit af met: “Ons ondersteun kankerpasiënte deur ons KANSA SorgSentrums landwyd. Dit sluit onder ander die volgende in: die verhuring van mediese toerusting, pruike, berading, ondersteuningsgroepe, aanlyn ondersteuningsgroepe en hulpbronne. Dit sluit ook KANSA se SorgTuistes in waar pasiënte wat behandeling ver van die huis ontvang, verblyf kan bekom gedurende die tydperk wanneer hulle behandeling ondergaan.”

Vir meer inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en Kommunikasie by KANSA, stuur ‘n epos aan lbalona@cansa.org.za of skakel 011 616 7662 of selnommer 082 459 5230.

Meer oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12miljoen jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte.

Navrae KANSA

Besoek www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel KANSA tolvry of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. KANSA bied meertalige ondersteuning aan op Whatsapp: 0721979305 vir Engels en Afrikaans en 0718673530 vir  Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati.  Volg KANSA op Twitter: @CANSA (http://www.twitter.com/CANSA), sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica


« BACK


Do you have a question?