The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Haal Diep Asem, vir Gesondheidsonthalwe!

Haal Diep Asem, vir Gesondheidsonthalwe!

English Media Release

Sien infografieke

26 April 2019 – Die rook van tabakprodukte is die hoofoorsaak vir ongesonde longe, longkanker en meer as 20 verskillende soorte kankers. KANSA doen ‘n beroep op die publiek om dit te oorweeg om die gebruik van tabakprodukte in enige vorm te staak. Dit sal help om die risiko van kanker te verlaag en sal deel wees van die 365 Dae Gesondheidveldtog in die aanloop tot Wêreld Geen Tabakdag op 31 Mei. #WorldNoTobaccoDay

“Die SA Jeugrisiko Gedragsopname van 2011 berig dat 28% van leerders van Gr. 8 tot 11 (meer as 80% van hulle is 14 tot 18 jaar), het erken dat hulle gerook het of nog steeds rook. Die jeug word om die bos gelei deur hulle te laat glo dat die rook van ‘n hookah of die gebruik van ‘n ‘hubbly bubbly’ nie skadelik is nie en dat e-sigarette ‘n veilige alternatief is vir die rook van tabakprodukte. Navorsing bewys egter dat die gebruik van ‘n hookah dieselfde gesondheidrisiko’s inhou as die rook van sigarette en die veiligheid van e-sigarette is nog nie wetenskaplik bewys nie. Toetse wat gedoen is op e-sigarette dui aan dat die hoeveelheid nikotien daarin en ander chemikalieë wat veroorsaak word deur verskillende soorte e-sigarette aansienlik van mekaar verskil. Hierdie inligting word nie bekendgemaak aan mense wat dit koop en gebruik nie. Blootstelling aan nikotien affekteer ook die breinontwikkeling van tieners en kinders op ‘n negatiewe wyse,” sê Elize Joubert, Hoof Uitvoerende Beampte van KANSA, vir wie dit ‘n groot bron van kommer is.

KANSA befonds tans die navorsingsprojek van ‘n Meestersgraad student. Die studie behels navorsing oor die gebruik van e-sigarette deur jong volwassenes wat aan die Universiteit van Kaapstad studeer. Die navorsing sluit kennis, persepsies, houdings en gedragspatrone van mense wat e-sigarette rook, in. Resultate van die studie ondersteun die behoefte om groter bewustheid te skep rondom die gebruik van e-sigarette sowel as die behoefte aan voldoende regulering van hierdie produkte. #CANSAResearch

PDF

Die wêreldwye gesondheidlas as gevolg van die rook van tabakprodukte is verantwoordelik vir meer as twee derdes van sterftes aan longkanker en is die rede waarom een in vyf gevalle van mense wat rook met Tuberkulose (TB) gediagnoseer word. Selfs al is iemand ‘n nie-roker kan tweedehandse rook van mense wat rondom hulle rook die nie-roker se risiko vir longkanker verhoog. Rook en tweedehandse rook kan ook onaktiewe TB infeksies aktiveer. Mense met aktiewe TB se risiko vir gestremdheid word verhoog deur rook en hulle kan selfs sterf as hulle nie hul rookgewoontes staak nie. Rokers met MIV se kanse om met TB gediagnoseer te word is drie keer groter as mense met MIV wat nie rook nie. e-Sigarette kan nie uitgesluit word nie want die gebruik van hierdie produkte lei tot die verspreiding van baie fyn onsigbare vloeistowwe, nikotien en stowwe wat kanker kan veroorsaak in die lug, wat ingeasem word.

Joubert voeg by: “Tien jaar nadat iemand opgehou rook het, is die persoonlike risiko vir kanker die helfte as wat dit was toe die persoon nog gerook het. Iemand wat ophou rook kan amper onmiddellik gesondheidvoordele ondervind. Alhoewel e-sigarette bemark word as middels wat ‘n roker sal help om die rookgewoonte te staak, kan hierdie veronderstelling nie deur navorsing gestaaf word nie. Dit mag rokers selfs aanmoedig om meer gereeld nikotienprodukte te gebruik. Dit is ook nie goedkoop om e-sigarette te rook nie en rokers kan as gevolg daarvan besluit om eerder sigarette te rook om geld te spaar. ”

KANSA moedig rokers aan om te begin waar hulle is (#StartWhereYouAre) deur te erken dat rook skadelik vir hul gesondheid is, te besluit om liewers die rookgewoonte te staak en om ondersteuning te verkry om dit reg te kry. Kry nuttige wenke van Allen Carr’s Easyway to Stop Smoking Programme – ‘n KANSA Smart Choice. Rokers wat wil ophou rook, kan ook aansluit by KANSA se eKick Butt program wat handige wenke verskaf om jou te help om die rookgewoonte te staak deur ‘n reeks eposse. Of skakel die National Council Against Smoking (NCAS) QUIT Line: 011 720 3145 of stuur ‘n epos aan: quit@iafrica.com

Nie-rokers kan hul reg eien om in ‘n rookvrye omgewing te kan lewe en om sodoende goeie gesondheidgewoontes te volg en om dit aan te moedig. Hulle behoort ook rokers aan te moedig om hul rookgewoontes te staak.

Hulle kan ook die nuwe Konsepwet op Tabakbeheer ondersteun wat in Mei 2018 deur die Minister van Gesondheid (Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels, 2018) vir kommentaar gepubliseer is. Die wysigings sluit in: 100% rookvrye openbare plekke; gestandaardiseerde gewone sigaretverpakking met grafiese gesondheidwaarskuwings; regulering van elektroniese sigarette as tabakprodukte; verwydering van sigarette uit die oog en om nie sigarette in masjiene te verkoop want ook ander produkte soos eetgoed aan gebruikers beskikbaar stel. #CANSAadvocacy

“Rapporteer rook in nie-rook omgewings deur ‘n klag te stuur aan die eienaar van die perseel of rapporteer dit aan die Omgewingsgesondheid se hoofkantoor in jou plaaslike munisipaliteit. As jy probleme ondervind om ‘n klagte aanhangig te maak, rapporteer dit aan KANSA se Informasie en Dienslewering Afdeling by advocacy@cansa.org.za of skakel 0800 226622 tolvry,” voeg Joubert by.

Werkgewers moet ook die wet ken en wetsgehoorsaam wees in die toepassing van die wet om werknemers se gesondheid te beskerm deur seker te maak dat skoon lug en ‘n rookvrye omgewing by die werkplek ‘n gegewe is. Pogings moet ook aangewend word om werknemers op te voed oor die gesondheidrisiko’s van rook.

#IAmAndIWill #LowerCancerRisk #NoTobacco

Vir meer inligting kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en Kommunikasie by KANSA of stuur ‘n epos aan lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of selnommer 082 459 5230.

Meer oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 12 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte.

Navrae KANSA

Besoek www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. Benewens aanlynhulpbronne en Facebook-ondersteuningsgroepe bied KANSA ook veeltalige ondersteuning aan op WhatsApp: 072 197 9305 vir Engels en Afrikaans en 071 867 3530 vir  Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati.  Volg KANSA op Twitter: @CANSA , sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica en LinkedIn.


« BACK


Do you have a question?