The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Balanced Lifestyle

‘Colin die Kolon’ – Tonnel leer ons meer oor Kolorektale Kanker

‘Colin die Kolon’ – Tonnel leer ons meer oor Kolorektale Kanker

English Media Release

11 Maart 2020 – KANSA stel sy veldtog oor ‘Bewusmaking van Kolorektale Kanker’ in vennootskap met Medtronic, ‘n wêreldleier in mediese tegnologie, bekend. Beide organisasies is passievol en oortuig daarvan dat vroeë diagnose en beter behandeling ‘n beter uitkoms aan ‘n pasiënt bied. Wat uniek aan die veldtog is, is die gebruik van ‘n groot ‘Colin die Kolon Tonnel’, ‘n opblaastonnel van 2x3m lank waardeur die publiek kan loop om meer te kan leer oor kolorektale kanker. ‘Colin’ word gebruik by spesifieke KANSA aanbiedinge en geleenthede en dit kan deur skole of werksplekke bespreek word. Die Colin Tonnel kan ook opgestel en gebruik word by spesiale lewenstyl aanbiedinge. Vir die veldtog word ‘n handleiding en ‘n animasie video gebruik wat inligting en raad verskaf oor die vermindering van die risiko van kolorektale kanker en die bewusmaking en aansporing dat siftingstoetse en vroeë opsporing van kanker van die allergrootste belang is.

Kolorektale kanker is die tweede mees algemene kanker onder mans (die mees algemene kanker is prostaatkanker) en die derde mees algemene kanker onder vroue (die twee mees algemene kankers is bors- en servikale kanker). Na raming is 6 927 nuwe gevalle van kolorektale kanker in 2018 in Suid-Afrika gediagnoseer. Dit is nagenoeg 6.5% van alle kankers (1). Meer mans (7.3% van alle kankers) as vroue (5.7% van alle kankers) is in dieselfde jaar met kolorektale kanker gediagnoseer.

“Die doel van die Medtronic en KANSA vennootskap is om bewustheid en opvoeding te verskerp en om mense met meer inligting en kennis oor kolorektale kanker toe te rus. Dit is belangrik dat mense moet weet dat hulle siftingstoetse moet ondergaan sodat hulle in die vroeë fases van die siekte gediagnoseer kan word en behandelingsuitkomste kan verbeter. Pasiënte kan ook deur KANSA se pasiëntsorg en -ondersteuningsprogramme bygestaan word.

“Samewerking met KANSA vermenigvuldig ons pogings om pasiënte se lewens te verbeter. Medtronic is daarop ingestel om omvattende bewusmakingsprogramme oor kolorektale kanker beskikbaar te stel om sodoende vroeë diagnose teweeg te bring, om kostes van versorging en behandeling te optimaliseer, en hul missie om die kwaliteit van pasiënte wat met kolorektale kanker gediagnoseer is, se lewe te verbeter, pyn te verlig, gesondheid te bevorder en lewe te verleng,” sê Lungile Mvuyane, Mark Ontwikkelingsbestuurder van Kolorektale Kanker by Medtronic.

Die boekie wat gepaardgaan met die veldtog bevat inligting rakende lewenstylfaktore wat die risiko van kolorektale kanker verhoog. Sulke faktore sluit onder andere die volgende in: gebrek aan oefening, ‘n swak dieet, rook en die gereelde inname van alkohol. Die boek bevat ook inligting oor hoe mans en vroue hul risiko vir kolorektale kanker kan verlaag.

Navorsing het aangetoon dat ‘n swak dieet en fisiese onaktiwiteit twee van die belangrike faktore is wat ‘n persoon se risiko vir kanker kan verhoog. Dit is belangrik om ‘n gesonde liggaamsgewig te handhaaf om die risiko van kanker en ander kroniese siektes soos hartsiektes en diabetes te verlaag.

‘n Kolorektale spesialis-sjirurg, Dr Zaheer Moolla (Netcare Umhlanga en Busamed Gateway) wat die tonnel in aksie gesien het, sê: “Ek dink ‘Colin die kolontonnel’ is regtig waardevol. Ek was gaande oor die patologie wat aan die wand van die derm of tonnel aangebring is. Ek het ook die inligtingstuk deurgelees en ek dink dit is bondig, eenvoudig, samevattend en ideaal vir opvoeding. Die video is uitstekend.”

Cara Noble, KANSA se Nasionale Verhoudingsbestuurder, Dienslewering, verduidelik: “Die doel van hierdie veldtog is om op ‘n interaktiewe en visuele manier mense bloot te stel aan ‘n waardevolle gesondheidservaring. Die idee is dat mense deur die tonnel moet loop en sien hoe ‘n gesonde kolon behoort te lyk. Dit leer mense ook om tekens en simptome van kolorektale kanker te leer ken. Ons wys hoe ‘n poliep lyk en gesondheidsboodskappe is ook in die tonnel aangebring.

KANSA personeel en vrywilligers is teenwoordig en naby die tonnel om mense se liggaamsmassa indeks (‘BMI’ – lengte en gewig) asook die mate van die middellyf te meet en te bepaal.  Ons bied ook ‘n KANSA Lewenstyl Risiko Assessering aan mense wat kan help met die identifisering van gesondheidrisiko’s wat aangespreek moet word.”

Verder bevorder KANSA ook bewustheid en die vroeë opsporing van kolorektale kanker. Mense kan ook ‘n ‘fekale okkulte’ toetspakket by KANSA SorgSentrums koop om hulself tuis vir kolorektale kanker te toets. Die toetsing van die stoelgang help om te bepaal of okkultiese bloeding, wat nie sigbaar is met die blote oog nie, teenwoordig is in die stoelgang. As daar wel bloeding in die stoelgang is, kan dit ‘n teken wees van ‘n gewas, inflammasie of bloeding in die spysverteringstelsel. Indien daar bloeding aangedui word, kan jy ‘n foto van die toetsuitslag neem en dit saamneem na jou naaste KANSA SorgSentrum om verder verwys te word.

Colin die Kolon is beskikbaar vir besigtiging en gebruik deur die publiek by die volgende opkomende geleenthede:

CANSA Relay For Life Oos Londen (14 Maart 2020) Jan Smuts Stadium 2 Graham Weg, Arcadia, Oos Londen, 5213 (Gavin Kester 083 321 3446)
CANSA Relay For Life Vredenburg (21 Maart 2020) Munisipale Sportgrond, Esperia St, Vredenburg, 7380 (Sr. Natalie Hendricks 082 660 2025).

#LowerCancerRisk #ColorectalCancer #ActiveBalancedLifestyle #CANSAscreening #CANSAcares

Bron:

1. International Agency for Research on Cancer. South Africa Fact Sheet. 2018; Available from: gco.iarc.fr/today/data/factsheets/populations/710-south-africa-fact-sheets.pdf

Meer oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 12 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte.

Navrae KANSA

Besoek www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. Benewens aanlynhulpbronne en Facebook-ondersteuningsgroepe bied KANSA ook veeltalige ondersteuning aan op WhatsApp: 072 197 9305 vir Engels en Afrikaans en 071 867 3530 vir  Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati.  Volg KANSA op Twitter: @CANSA , sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica en LinkedIn.


« BACK


Do you have a question?