The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Media Releases & News

Bevordering van Vroeë Opsporing van Kinderkanker en KANSA Ondersteuning

Bevordering van Vroeë Opsporing van Kinderkanker en KANSA Ondersteuning

English Media Release

11 Januarie 2019 – KANSA vat hande met die stigterslede van Kinderkanker Internasionaal se inisiatief wat as Internasionale Kinderkanker Dag bekend staan wat op 15 Februarie wêreldwyd gevier word. Die doel van die inisiatief is om bewustheid te verskerp om die sterftesyfer van kinders wat met kanker gediagnoseer word, te verlaag. Daar word ook aandag geskenk aan die pyn en lyding van kinderpasiënte met kanker en die ondersteuning van die Wêreld Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) se Wêreldwye Kinderkanker Doelwitte.

Gerda Strauss, KANSA se Hoof van Dienslewering, sê: “Ons ‘Tough Living with Cancer’ (TLC) programme verskaf inligting aan almal oor die simptome van kinderkanker. As kanker vroeg genoeg by kinders opgespoor word, kan die meeste kinders suksesvol behandel word. Hoe vinniger ‘n kind korrek met kanker gediagnoseer word, hoe beter is sy of haar kans om behandeling te ontvang en die siekte te oorleef. Gemiddeld word 800 tot 1000 kinders jaarliks in SA met kanker gediagnoseer. Na raming bereik ten minste twee derdes van hierdie kinders nooit ‘n sentrum waar hulle gespesialiseerde behandeling teen kanker kan ontvang nie. Die meerderheid van die kinders wat wel toegang tot behandeling verkry, se kanker is ongelukkig dan al in ‘n gevorderde fase van hul siekte. Die vroeê simptome van kinderkanker is soortgelyk aan ander siektetoestande waaraan kinders ly en as gevolg daarvan word kanker onder kinders dikwels verkeerd gediagnoseer. Ouers en voogde moet daarop let as een of meer simptome voortduur. As dit die geval is, moet hulle onmiddellik mediese advies en hulp inwin.”

In September 2018 het die WGO tydens die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies ‘n splinternuwe en wêreldwye inisiatief aangekondig om die ongelykheid te ondersoek van kinders wat kanker in lae- tot middelinkomste lande oorleef teenoor kinders in hoër inkomste lande. Ongeveer 8 uit 10 van die 300 000 kinders (van geboorte tot 19 jaar) wat jaarliks met kanker gediagnoseer word, woon in lae- en middelinkomste lande. Die oorlewingsyfer van hierdie kinders is dikwels naby 20%. Daar word egter beraam dat die helfte van kinders met kanker in Suid-Afrika nooit gediagnoseer word nie. Volgens die Suid-Afrikaanse Mediese Joernaal¹ is die algehele oorlewingsyfer van kinderkanker in Suid-Afrika laag as dit vergelyk word met internasionale data. Beter bewusmaking van die waarskuwingstekens van kinderkanker kan vroeër diagnose van die siekte tot gevolg hê en dit kan lei tot ‘n groot verbetering van die uitkoms van die siekte.

“Dit is uiters noodsaaklik dat kinders wat kankerpasiënte is, verwys word na ‘n Pediatriese Onkoloog vir behandeling van die siekte. ‘n Foutiewe diagnose of behandeling kan veroorsaak dat die kankerpasiënt weerstand opbou teen moontlike behandeling. Verder benodig kankerpasiënte en hul geliefdes emosionele en sielkundige hulp en ondersteuning asook praktiese hulp. KANSA TLC verskaf inligting oor kanker; bied berading aan, help om ondersteuningsgroepe te stig en verskaf hulp en ondersteuning met prostesis, poorte, broviacs, mediese toerusting, hospitaal ondersteuningprogramme, kos en basiese noodsaaklike pakkies aan gesinne in nood asook verblyf aan ouers (voogde) naby sentrums vir behandeling by TLC Tuistes (Polokwane, Pretoria en Durban). KANSA TLC ondersteun ook kinders wie se ouer, broer of suster met kanker gediagnoseer is. Soms word hierdie kinders die primêre versorger van die huisgesin nadat ‘n ouer met kanker gediagnoseer is. Ouers of voogde wat ondersteuning nodig het, word aangemoedig om hul naaste KANSA SorgSentrum te kontak. Hulle kan ook aansluit by die ‘CANSA TLC Childhood Cancer Support Group’ op Facebook waar hulle in verbinding kan tree met ander wat in dieselfde posisie verkeer. Besoek ons webwerf vir meer inligting,” voeg Strauss by.

Vir meer inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en Kommunikasie by KANSA, stuur ‘n epos aan lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of selnommer 082 459 5230.)

Meer oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12miljoen jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte.

Navrae KANSA

Besoek www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel KANSA tolvry of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. KANSA bied meertalige ondersteuning aan op Whatsapp: 0721979305 vir Engels en Afrikaans en 0718673530 vir  Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati.  Volg KANSA op Twitter: @CANSA , sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica


« BACK


Do you have a question?