The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Women's Health

Beklemtoning van die Behoeftes van Pasiënte met Gevorderde Borskanker

Beklemtoning van die Behoeftes van Pasiënte met Gevorderde Borskanker

English Media Release

26 September 2019 – Gedurende Oktober laat KANSA die kollig val op borskanker, die mees algemene kanker wat vroue in Suid-Afrika raak. Volgens die Nasionale Kankerregister loop 1 uit 27 die risiko om in hul leeftyd gediagnoseer te word met borskanker. KANSA fokus op die behoeftes van pasiënte wat gediagnoseer is met gevorderde of metastatiese borskanker (MBK). Sien Infografieke…

Vroue en mans kan met metastatiese borskanker (MBK) gediagnoseer word met ongeveer 99% van die gevalle wat by vroue voorkom. MBK kan ook gevorderde borskanker of fase IV (fase 4) borskanker genoem word. Dit is wanneer die kanker versprei het na ander dele van die liggaam soos die lewer, longe, been, brein en of ander organe en weefsel. Alhoewel MBK of gevorderde borskanker behandel kan word, kan die siekte nie genees word nie. Die doel van behandeling is om progressie te beperk, om simptome te kontroleer en om pyn te beheer of te beperk. Toegang tot versorging van geestesgesondheid is geïdentifiseer as ‘n behoefte van MBK pasiënte, sowel as die opgradering van lewenslange waarneming, die opsporing van pasiënte en toegang tot roetine assessering wat mammografie, skandering van beendigtheid en ginekologiese assessering insluit.

PDF

Patty Duiker, ‘n kankerpasiënt met gevorderde borskanker deel haar ervaring. “Die kanker het versprei na my ruggraat, ribbes, borsbeen, die regterkant van my skedel, skouers en bene. Die siekte het my lewe dramaties geaffekteer. My ruggraat is beskadig en ek is ‘n semi-invalide. Ek verduur konstante pyn. Dit is vir my ‘n stryd om aan die lewe te bly. As ek gelukkig genoeg is om ‘n pynlose dag te beleef, verbaas ek myself want dan prys ek myself omdat ek dit gemaak het. Ek is trots daarop dat ek nie opgegee het nie. Al wat ek nodig het, is vir mense om op te hou om vir my te sê dat ek net sterk moet wees want om sterk te probeer wees, is al tweede natuur by my.”

Gerda Strauss KANSA se Hoof van Dienslewering sê, “Pasiënte met MBK het ‘n moelike pad voor hulle. Daar is ‘n wanbegrip dat dié wie die siekte oorleef het, harder geveg het as dié wie nie het nie, dit is nie waar nie. Vergelykende uitsprake maak seer, veral vir hulle wie agterbly. Hierdie vroue sukkel elke dag om die trauma en die fisiese beperkinge wat daarmee saamgaan te hanteer. Maak nie saak wat jou kankerdiagnose, fase of uitkoms na behandeling is nie, almal wat op die reis van ‘n kankerdiagnose is, doen hul bes om nog ‘n dag te oorleef en hul moet gesalueer word.”

Pasiënte met gevorderde borskanker kan geïsoleer voel en ook voel of ander hulle misverstaan as gevolg van die omvang van hul siekte. Uitdagings wat hierdie pasiënte in die gesig staar, is die hantering van ‘n ongeneeslike siekte en die newe-effekte van die behandeling daarvan. Ander uitdagings is pyn en seksuele disfunksie, ondervinding van sosiale isolasie, verminderde selfwaarde, angs en depressie. Dan moet hulle ook die stigma hanteer wat dikwels gepaard gaan met die siekte. Die stigma hou verband met die wanbegrip van ander wat dink dat MBK pasiënte op die een of ander manier self verantwoordelik gehou moet word vir die diagnose van die siekte of dat hulle nie genoegsaam vir hulself gesorg het nie.

“Ek lewe nou al amper ‘n jaar lank met gevorderde borskanker of MBK. Ek het onlangs vir my roetine ondersoek gegaan en alles het daarop gedui dat ek vry van kanker was. Maar toe het geweldige lae rugpyn my gekniehalter en ek was weer met kanker gediagnoseer net twee maande na my ondersoek. Luister na jou liggaam. Gaan besoek ‘n dokter as enigiets uit plek is of voel,” sê Simoné Klopper Fourie, ‘n ander kankeroorwinnaar.

KANSA bied berading en emosionele ondersteuning aan kankerpasiënte sowel as mediese toerusting om te help met mobiliteitsprobleme, soos rystoele, looprame of eierdopmatrasse wat help om bedlêende pasiënte meer gemaklik te maak. KANSA se Sorgkamers (slegs by sekere Sorgsentrums) bied verblyf en sorg vir terminale- en bedlêende pasiënte met pynbeheer en verligting van simptome. Versorgers en familielede word die geleentheid gegun om tyd af te kry van die harde werk om vir ‘n bedlêende pasiënt te sorg, dit word respytsorg genoem. Respytverblyf is beskikbaar vir ‘n periode van 14 dae vir terminale en/of bedlêende pasiënte. Einde-van-lewe verblyf is beskikbaar vir ‘n periode van tot 6 weke. KANSA geregistreerde pasiënte kry voorkeur tot dienste en word ondersteun deur die diens van KANSA vrywilligers.

Die behandeling van gevorderde borskanker of MBK is meer doeltreffend as dit aangepas word by die individuele en persoonlike behoeftes van die pasiënt. Die behoeftes van die pasiënt kan byvoorbeeld beïnvloed word deur ouderdom en etniese- of kulturele norme en/of agtergrond van die pasiënt, asook die opvoeding en die pasiënt se geletterdheid oor gesondheid.

Gesinslede, versorgers en professionele gesondheidsorg kan ook geaffekteer word tydens die versorging van ‘n pasiënt met MBK en hulle kan ook bemagtig word deur opleiding en ondersteuning. Die pasiënt, gesinslede en versorgers moet gewaarsku word oor die pasiënt se moontlike simptome aangesien dit dringende aandag vereis om verdere komplikasies te voorkom. Simptome van die pasiënt met gevorderde boskanker kan tekens van die volgende insluit: kompressie van die rugmurg – voortslepende nek- of rugpyn of verminderde krag in die bene; sepsis – koors; moontlike long metastases – kort van asem, hoes, borspyn, droë hoes, pyn, stuipe, hoofpyn, verandering van persoonlikheid of verwarring; lewer metastases – naarheid, geelsug, hiperkalsemie – vermeerdering van urinering, uitermatige dors, dehidrasie, braking en hardlywigheid. (Hiperkalsemie is ‘n toestand waarin die kaliumvlak in die bloed abnormaal hoog is te wyte aan been metastases.)

Opvoeding vir pasiënte, gesinslede en versorgers en palliatiewe sorg kan ook nodig wees. Verwysing na ‘n hospice of palliatiewe versorging op die regte tyd kan ook ‘n positiewe invloed hê op die kwaliteit van lewe van die pasiënt met beter psigososiale ondersteuning om iemand wat terminaal siek is, se lewensversorging te vergemaklik.

Vir meer inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en Kommunikasie by KANSA, stuur ‘n epos aan lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of selnommer 082 459 5230.)

Meer oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 12 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte.

Navrae KANSA

Besoek www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. Benewens aanlynhulpbronne en Facebook-ondersteuningsgroepe bied KANSA ook veeltalige ondersteuning aan op WhatsApp: 072 197 9305 vir Engels en Afrikaans en 071 867 3530 vir  Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati.  Volg KANSA op Twitter: @CANSA , sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica en LinkedIn.


« BACK


Do you have a question?