CANSA Nelspruit Care Centre

Zoey van Nelspruit vertel van Mel Botes en Toktokkie

Zoey van Nelspruit vertel van Mel Botes en Toktokkie

Zoey was betrokke by twee funksies as deel van haar bydrae as Debutant vir KANSA in Nelspruit en is opgewonde om te rapporteer:

“Hier is ek saam met Mel Botes, hy het die 12de Sep opgetree by Stoep – ‘n eetplek in Nelspruit – en het ‘n persentasie van sy cd verkope die aand aan KANSA gegee.”  Baie dankie aan Mel!

———

TokTokkie het op 19 September by Dinkyland Kasteel Kleuterskool in Nelspruit gekuier.  TokTokkie het die kleuters bewus gemaak van Sonbeskerming.

Hulle het geleer hoe belangrik dit is om ‘n sonhoed en Sonblokroom te dra en ook hoe gevaarlik dit is om tussen 11h00 en 15h00 in die son te wees veral sonder beskerming.  Ons het ook ‘sun awareness bracelets’ verkoop wat hulle kan help om bewus te wees in die son.

Dit was ‘n heerlike oggend, ons het saam gesing en gedans en die kinders was baie opgewonde om Toktokkie te sien en Toktokkie ‘badges’ te koop. Die kleuters het ook sommer baie geldjies gebring vir die muntlegging. Dankie julle!

CANSA Nelspruit Kontak Details:

  • 6 Annecke Street, Sonpark, Nelspruit, 1200
  • Tel: 013-741 5441

« BACK


Do you have a question?