SunSmart

Wys Velkanker jou Skadukant hierdie Somer

Wys Velkanker jou Skadukant hierdie Somer

English Media Release

6 Desember 2017: Dit is weer daardie tyd van die jaar en dis warm – baie warm. KANSA moedig die publiek aan om vanjaar Slimmer in die Son te wees en om hierdie somer jou skadukant aan velkanker te wys.

Suid-Afrika word beskou as een van die wêreld se mees gesogste buitelug avontuur bestemmings met wonderlike weersomstandighede, pragtige strande, die Bosveld en meer. Ironies genoeg het ons land egter ook een van die hoogste gemoniteerde ultraviolet vlakke ter wêreld. As gevolg daarvan het die land se bevolking een van die hoogste voorvalle van velkanker in die wêreld. Volgens die 2013 Nasionale Kankerregister is 23 704 mense met velkanker gediagnoseer (13 923 mans en 9 781 vroue).

Klik hier vir pdf…

Lees eNuusbrief

Gereelde blootstelling aan die son is die hoof oorsaak van velkanker en dit is belangrik om te onthou om verantwoordelik te wees terwyl ons onsself in die son geniet.

Mev SA Nicole Capper, melanoom velkanker Oorwinnaar

Die nuut gekroonde Mev Suid-Afrika, Nicole Capper, is ‘n velkanker oorwinnaar en sê: “As ‘n kankeroorwinnaar is beskerming teen die son vir my van die allergrootste belang. Toe ek 25 jaar oud was, is ek met kwaadaardige melanoom gediagnoseer en my wêreld het in duie gestort. Ek was egter gelukkig dat my velkanker vroeg genoeg gediagnoseer was. Ons is so bewus van ander potensiële gesondheidgevare en ons maak seker dat ons jaarliks ‘n spesialis besoek om ons van kop tot tone te ondersoek, maar in die meeste gevalle laat ons dit na dat ‘n dokter ook ons vel ondersoek. In sommige gevalle is so ‘n ondersoek te laat. Sonskerms is noodsaaklik vir ‘n gesonde leefwyse in die son. En ‘n gereelde ondersoek deur ‘n dermatoloog behoort verplig te word. Ons is dit verskuldig aan ons gesinne en geliefdes om gesond te lewe en om ons vel op te pas, behoort nie ‘n uitsondering op die reël te wees nie.”

Daar is drie hooftipes velkanker wat enige mens kan raak, ongeag van ouderdom, ras of etniese groep. Die twee mees algemene soorte velkanker is basale selkarsinoom en plaveisel-selkarsinoom. Hierdie twee kankers hou verband met langtermyn blootstelling aan die son byvoorbeeld mense wat aan professionele sport deelneem of buitenshuis hul beroepe beoefen. As velkanker nie behandel word nie kan dit lei tot skending of die verlies van ‘n oog, neus of oor, so vroeë opsporing is van die allergrootste belang.

Kwaadaardige melanoom is een van die gevaarlikste vorms van velkanker en word verbind met korter en meer intense en oormatige blootstelling aan die son. Selfs net een voorval van ‘n kwaai sonbrand in iemand se vroeë kinderjare kan die sneller wees wat later in die persoon se lewe in kwaadaardige melanoom kan ontaard. As dit vroeg genoeg opgespoor word kan dit suksesvol behandel word. Vind meer inligting aangaande verskillende soorte velkanker op KANSA se webwerf…

Mense met Donker Gelaatskleur word ook Gediagnoseer

Hoewel mense met donkerder gelaatskleure ‘n laer risiko het om met melanoom gediagnoseer te word as mense met ligter velle, het die meerderheid van mense met basale sel karsinoom donker velle en die oorsaak daarvan is dat die vel oormatig aan die son blootgestel word. Dit bewys dat dit baie belangrik is om jou vel teen die son te beskerm – ongeag van pigment. In donkerder velle kom 70% van melanoom voor onder die enkel, op die handpalms of op sole van voete.

Jy Kan in die Skaduwee Sonbrand Opdoen

Hoewel die skaduwee ‘n goeie manier is om jouself teen gevaarlike sonstrale te beskerm, moet jy onthou dat UV strale weerkaats word van water, sand en glas en daarom kan jy selfs in die koelte sonbrand opdoen.

KANSA doen ‘n beroep op mense om hul risiko vir velkanker te verminder – kyk na die volgende riglyne op ons infografiek: 

  • Vermy direkte sonlig tussen 10:00 en 15:00. Dit is wanneer die son se strale die gevaarlikste is. Babas jonger as ses maande behoort glad nie aan direkte sonlig blootgestel te word nie.
  • Bedek jou liggaam en vel. Dit is moontlik om sonbrand op te doen as jy klere dra wat van ligte en dun materiaal gemaak is. Dra ‘n hoed gemaak van sterk en dik materiaal met ‘n breë rand. Wees op die uitkyk en koop klere, hoede en sonbrille wat die goedkeuring dra dat dit UV bestand is.
  • Kies UV swemklere en stranddrag wat jou vel teen sonlig kan beskerm. Onthou – UV strale kan jou deur materiaal brand. Swemklere en sambrele wat die KANSA Seël van Erkenning dra, is die beste keuse en behoort deel te wees van jou beskerming teen die son.
  • Smeer gereeld genoeg sonskerm aan jou vel. Gebruik ‘n sonskerm met ‘n sonbeskermingsfaktor (SPF) van tussen 20 en 50 en vir ‘n ligter vel gebruik SPF van 30 tot 50.
  • Let op na die vervaldatum van jou sonskerm. Sonskerm verval gewoonlik twee jaar nadat dit vervaardig is. Sodra die houer sonskerm oopgemaak is, behoort dit binne een jaar gebruik te word.
    Gebruik Sonskerm wat die KANSA Seël van Erkenning dra.
  • Beskerm jou oë deur sonbrille te dra met ‘n UV beskerming faktor van UV400

Siftingstoetse

Dit is van die grootste belang dat jou vel gereeld ondersoek moet word om te sien of daar enige verandering of ongewone merke, moesies of groeisels aan die vel is. ‘n Jaarlikse mediese ondersoek behoort die ondersoek van jou vel in te sluit. Laat iemand jou help om te kyk vir enige tekens op jou kop, rug, agterkant van jou nek of agterop jou bene.

KANSA beskik oor dermoskopiese toestelle genaamd FotoFinders wat gebruik word om moesies te ondersoek om sodoende te help om die risiko van velkanker te verminder. Elke kliënt wat verdagte velskade het, word verwys na iemand wat ‘n intensiewe veltoets sal doen. Ondersoeke is beskikbaar by meeste KANSA SorgSentrums.

¹Gloster HM Jr, Neal K. Skin cancer in skin of color. J Am Acad Dermatol 2006;55:741-60

²Hudson DA, Krige JE. Melanoma in black South Africans. J Am Coll Surg 1995;180:65-71

Meer Oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12miljoen jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk.

Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom.

Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte plus een hospitium in Polokwane, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

Vir meer inligting besoek www.cansa.org.za of kontak KANSA tolvry by 0800 22 66 22 of of stuur ‘n epos na info@cansa.org.za – volg KANSA op Twitter, Facebook, en Instagram. KANSA bied veeltalige ondersteuning aan op  Whatsapp: 0721979305 vir Engels en Afrikaans en 0718673530 vir Xhosa, Zulu, Sotho and Siswati.


« BACK


Do you have a question?