Media Releases & News

Wêreld Kankerdag – Ons Kan Almal Saam Baklei Teen Kanker

Wêreld Kankerdag – Ons Kan Almal Saam Baklei Teen Kanker

English Press Release…

12 Januarie 2016 – KANSA sal op 4 Februarie – Wêreld Kankerdag – weer die kollig plaas op die stryd teen kanker. KANSA ondersteun vanjaar se veldtog met die tema en slagspreuk: ‘Ons kan. Ek kan.” Soos elke jaar, belowe KANSA om weer vanjaar ondersteuning te bied en om te help om die stryd teen hierdie gevreesde siekte te oorwin. Hierdie veldtog moedig almal aan om aktief deel te neem om individueel en as ‘n gesamentlike poging te help dat elkeen sy risiko vir kanker verminder, om aan almal wat dit nodig het, kankersorg te bied en om die stryd teen kanker onder die aandag van die aangewese mense op die hoogs moontlike politieke vlak te bring.

WCD messages

“Wêreld Kankerdag is een enkele inisiatief wat die hele wêreld kan aanspoor om hande te vat en te verenig om saam te baklei teen ‘n wêreldwye kankerepidemie. Ons daag alle korporatiewe instansies, organisasies, families, vriende en individue uit om hulle te verbind om die inisiatief te ondersteun en om Suid-Afrika ‘n land te maak wat vry is van kanker,” sê Elize Joubert, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte.

Hoe Maatskappye Betrokke Kan Raak

Maatskappye kan betrokke raak deur seker te maak dat die werkplek ‘n gesonde omgewing vir mense is om in te werk. Hulle kan ook werknemers in die werkplek aanmoedig om gesonde lewenswyses te kies en om hulle te help om gesonde keuses te maak wat goeie gesondheid sal bevorder. Van hierdie keuses sluit die volgende in: om genoeg vars groente en vrugte in seisoen te eet, om vetinname te verminder en om alkohol te vermy of die inname daarvan te verminder, om ‘n gesonde liggaamsgewig te handhaaf deur gereeld oefening te doen en om ‘n aktiewe lewe te lei en om nie tabakprodukte te gebruik nie. Lees meer inligting m.b.t. ‘n gebalanseerde lewenswyse…

We can imagine a world without cancer

Hoe Individue Betrokke Kan Raak:

KANSA moedig mense aan om gereeld mediese ondersoeke en siftingstoetse vir kanker te ondergaan om hul kanse te vergroot om vroegtydig kanker op te spoor en te diagnoseer. Vroeë opsporing verhoog die kanse tot suksesvolle behandeling. KANSA Sorgsentra beskik oor mense wat vroeë opsporingstoetse doen en programme aan die publiek bied om die risiko van kanker te verminder. Nege Mobiele Gesondheidsklinieke bied ook siftingstoetse en vroeë opsporingsprogramme aan mense wat in verafgeleë plekke woon. Joubert voeg by: “Elke mens kan op baie verskillende maniere betrokke raak in die stryd teen kanker. Daar is ook projekte en veldtogte soos die #NoHairSelfie-veldtog  en / of die ‘Talking Hands’-projek.

1. Deel Jou Wereld Kanker Dag Onderneming:

Ons Kan Ek kan  
Inspireer: doen iets Gesonde leefstyl-keuses maak
Verminder die kankerrisiko Verstaan dat vroeë opsporing lewens red
Persepsies uitdaag Vra vir ondersteuning
Gesonde omgewings en leefruimtes skep Ander ondersteun
Ek kan toegang tot kankersorg verbeter Ander help en ondersteun
‘n Kanker-arbeidsmag van kwaliteit bou Beheer neem oor my reis met kanker
Ons netwerke mobiliseer om vordering te maak Vir myself en ander sorg en toelaat dat ander my versorg
‘n Beleidsverandering maak Myself wees
Motiveer ‘n belegging in die beheer van kanker Gaan terug werk toe
Saamwerk om ‘n groter impak te maak My storie met ander deel
Praat oor kanker en stories deel My storie vertel om ander te help

2. Laat Jou Hande die Praatwerk Doen (Talking Hands Project):

Sluit aan by ons Wêreld Kankerdag se ‘Talking Hands’-veldtog op sosiale media. Dit is baie eenvoudig – skryf inspirerende boodskappe wat ander kan ondersteun en gebruik die ‘Ons kan. Ek kan”–tema. Laai jou foto of ‘n video af op sosiale media en gebruik die hitsteken #WorldCancerDay en #WeCanICan.

3. Deel Jou #NoHairSelfie:

NHS portaits Israel

KANSA is opgewonde om deel te wees van hierdie globale inisiatief wat mense aanmoedig om fondse in te samel en om ondersteuning aan kankeroorwinnaars te verleen deur hul hare virtueel te skeer (met die gebruik van die #NoHairSelfie app) of om hul hare regtig te skeer by ‘n KANSA Sorgsentrum.

Lees meer inligting hier… of kontak jou naaste KANSA Sorgsentrum.

NHS banner

« BACK


Do you have a question?