Media Releases & News

Wêreld Kankerdag 4 Februarie 2017 – Inspireer Aksie, Neem Aksie!

Wêreld Kankerdag 4 Februarie 2017 – Inspireer Aksie, Neem Aksie!

English Press Release

16 Januarie 2017: Vanjaar se Wêreld Kankerdag wat op Saterdag 4 Februarie plaasvind, sit die tema van 2016 se Wêreld Kankerdag ‘Ons kan, Ek kan’,- veldtog voort. Die tema van die veldtog aksentueer hoe elkeen – gesamentlik of indiwidueel – kan saamspan om te help om die globale las van kanker te verlig en om die risiko’s van kanker te verminder. “Inspireer aksie. Neem aksie” is die boodskap wat KANSA , in 2017 gaan beklemtoon.

“Dikwels glo ons verkeerdelik dat kanker ‘n gevreesde siekte is wat net by ander mense gediagnoseer word,” sê Elize Joubert, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte. “Die realiteit is egter dat ons almal die een of ander tyd deur kanker geraak word. Jy hoef nie lank te dink voordat jy iemand wie geraak is deur kanker onder jou kennisse kan identifiseer nie. Die goeie nuus is dat almal van ons oor die mag beskik om aksie te neem om die impak van die siekte op individue, familielede en gemeenskappe te verminder. ”

Globale Epidemie

Die globale epidemie strek ver en wyd en na verwagting gaan die voorkoms van kanker wêreldwyd nog verder toeneem. Ongeveer 8.2 miljoen mense wêreldwyd sterf jaarliks aan kanker. In Suid-Afrika word een uit elke vier mense deur kanker geraak – dit is deur die diagnose van ‘n persoon, familielede en /of vriende.

“Wêreld Kankerdag bied aan mense die geleentheid om te besin oor wat hulle individueel kan doen om gesamentlik die stryd teen kanker aan te sê. As ons hande vat, kan ons soos een man baklei teen die siekte wat mense van oud tot jonk, manlik of vroulik, ryk of arm en mense van enige ras, raak. Solank kanker lewens kan eis en verwoesting kan saai, diskrimineer die siekte nie tussen mense nie, “ sê Joubert. KANSA se tema vir vanjaar is: ‘Inspireer Aksie. Neem Aksie’.

Sien hoe KANSA die leiding neem om ‘n aktiewe en gesonde lewenstyl te handhaaf…

Stappe Om Te Neem

Die eerste stap wat KANSA gaan neem om vooruitgang in die beheer van kanker te bewerkstellig, is om ‘n beroep te doen op die regering, die sakewêreld, organisasies en gemeenskappe om druk uit te oefen vir die goedkeuring en bevordering van aksies wat ons weet die oorlewingsyfer en die kwaliteit van ‘n kankeroorwinnaar se lewe sal verbeter en die las van die kanker sal verminder, ” sê sy.

Hierdie aksies sluit veldtogte in om mense bewus te maak van, en toe te rus met, die nodige kennis oor die verband tussen lewenstylkeuses en kanker. Mense word so bemoedig en aangemoedig om gesonder opsies te oorweeg en te implementeer.

Die sakewêreld word ook aangemoedig om maatstawwe te implementeer wat werknemers sal motiveer om ‘n gesonde lewenstyl te kies en te handhaaf.

Dit is ook baie belangrik vir werknemers – en veral kankeroorwinnaars – om in ‘n veilige en ondersteunende omgewing te werk. ‘n Veilige werksplek is van die allergrootste belang vir kankeroorwinnaars wat nog behandeling vir kanker ontvang of terugkeer na die werksplek nadat behandeling voltooi is.

Neem Aksie – Word Aktief

‘n Aktiewe leefstyl beveg onderligende risikos van kanker soos oorgewig. KANSA erken die feit dat sport ‘n samebindende faktor is wat lewens en gemeenskappe transformeer. Daarom moedig KANSA die sportgemeenskap aan om kanker te beveg deur die verhoging van bewustheid onder atlete, ondersteuners, afrigters en die gemeenskap. Die keuse om ‘n aktiewe en gesonde leefwyse te handhaaf is die belangrikste boodskap wat op vanjaar se Wêreld Kankerdag gepromoveer sal word.

Joubert voeg by: “Handhaaf jou eie tempo wanneer jy met jou oefensessies begin en verhoog die aktiwiteit en tempo van jou oefensessie geleidelik soos jy sterker en fikser word sodat jy seker kan maak dat jy ‘n gesonde en aktiewe lewenstyl in die toekoms kan volhou. Ondersteun asseblief ons sportbyeenkomste wat op 4 Februarie 2017 plaasvind. In Durban word die Gijima vir KANSA aangebied en in Kaapstad die ‘Lace up – vir Kanker‘, asook Carletonville tot Kaapstad fietstoer.

Wys jou ondersteuning op sosiale media

  • Neem jou rakket, bal, frisbee, valhelm, of jou hand en skryf die Wêreld Kankerdag hutsmerk daarop:  #WeCanICan
  • Neem ‘n foto van jouself, jou span of sportklub en gebruik die hutsmerk #WeCanICan
  • Deel jou foto ver en wyd op Facebook, Instagram en Twitter, sluit in die hutsmerke #WeCanICan en #WorldCancerDay in jou teks.

“Skole regdeur Suid-Afrika moet gesonde gedragspatrone vir leerders, opvoeders en ouers voorstaan. Dit sal nie net help om die stryd teen kanker te wen nie, maar sal ook bydrae tot die voorkoming en bestuur van ander gevreesde siektes,” sê Joubert.

Plaaslike regering en gemeenskappe word aangemoedig deur KANSA se aktiewe skakeling met Regerings en gemeenskappe om hoë prioriteit te verleen aan die vermindering van kankerrisiko, sowel as die behandeling en sorg op ‘n plaaslike vlak. Gemeenskappe kan ‘n gesonde omgewing ondersteun wat goeie voeding en fisiese oefening aanmoedig.

“Ons staan ook die verbetering van toegang tot kankerbehandeling en dienste voor – dit is vandat die pasiënt met kanker gediagnoseer word, tydens die proses van rehabilitasie tot na afloop van die behandeling, ” sê Joubert.

Wat Kankeroorwinnaars kan Doen

“Dit is belangrik om kennis te neem dat mense wat met kanker leef en hulle versorgers kan vra vir ondersteuning. Oorwinnaars kan in beheer wees van hul eie en unieke kankerreis deur aktief betrokke te wees met hul eie versorging. Dit is belangrik dat elke mens wat met kanker gediagnoseer word vir ander moet laat verstaan dat hul keuses gerespekteer moet word en dat daar in hul behoeftes voorsien moet word. Die sleutel tot alles is dat mense bewus moet wees dat vroeë opsporing lewens red en dat jy so vinnig as moontlik mediese sorg moet bekom nadat jy met kanker gediagnoseer word.

“Noudat jy weet wat om te doen, gaan uit in die wêreld en inspireer ander tot aksie terwyl jy aksie neem,” sê Joubert.

Waar om meer inligting te bekom

Wat Individue Kan Doen

Kies ‘n gesonder leefstyl. Dit sluit byvoorbeeld in: om geen alkohol te drink nie, om op te hou rook,om gesonde kos te eet en om genoeg oefening te kry.
• Hou ‘n ogie oor jou gesondheid – vroeë opsporing beteken vinniger toegang tot en die verkryging van behandeling, wat jou kanse om die stryd teen kanker te wen, sal verhoog. Gaan gereeld vir mediese ondersoeke en siftingstoetse.
• KANSA bied verskeie siftingstoetse en opsies aan om te bepaal hoe gesond jy is en hoe goed jou algemene welsyn is. Een so ‘n toets is die Gesonde Leefwyse Risiko Assessering wat kan help om te bepaal watter gesondheidrisiko’s dadelik aandag nodig het. Dit is ook beskikbaar by alle KANSA Sorgsentrums regoor die land.
• As jy ‘n kankeroorwinnaar is, kan jy beheer neem oor jou siekte deur aktief betrokke te raak in jou versorging en om toesien dat jou keuses gerespekteer word en dat daar in jou behoeftes voorsien word.

Wat Skole Kan Doen

• Skole kan kampioene wees van gesonde gedragspatrone vir leerders, opvoeders en ouers – soos om seker te maak dat jonger leerders genoeg beskermde sonskerm aan hulle smeer voordat hulle tydens skoolpouses buite in die son gaan kuier. Ouer leerders kan ook toesien dat ander en veral jonger leerders nie vir te lank in die son hoef te sit sonder klere of ‘n hoed wat hulle beskerm teen die gevaarlike sonstrale nie. Ondersteuning en inligtingsmateriaal is beskikbaar van KANSA.
• Skole wat maaltye verskaf of kos in snoepwinkels verkoop, kan gesonde kos in plaas van gemorskos aanbied.

Wat Maatskappye Kan Doen

• Ondersteun opvoedkundige veldtogte en verskaf inligting oor gesondheid en ‘n gesonde leefstyl op werknemers se rekenaars. Die meeste van die inligting is beskikbaar op KANSA se webwerf.
• Maak seker die werksplek is ‘n welkome en veilige omgewing vir kankeroorwinnaars en werknemers wat deur kanker geraak is.
• Restaurante en mense wat kitskos naby of by die werksplek verkoop, kan help om gesonde kos op die spyskaart aan te bied.

Wat Plaaslike Regering en Gemeenskappe Kan Doen

• Ondersteun ‘n gesonde omgewing waarin goeie voeding en fisiese aktiwiteit aangemoedig word.
• Skep ‘n geleentheid om voorspraak te doen dat jou regering kanker ‘n prominente rol sal gee op die agenda van die jaar se gesondheid- en ontwikkelingprogramme.
• Ondersteun gemeenskapklinieke met inligting, opvoedkundige materiaal en ander items wat hulle moontlik kan gebruik om pasiënte met kanker te ondersteun


« BACK


Do you have a question?