CANSA Malmesbury Care Centre

Wêreld Kanker Dag in Vredendal

Wêreld Kanker Dag in Vredendal

WCD Weskus 2015Persone geaffekteer deur kanker is uitgenooi om ‘n kerkdiens in die NG Moedergemeente op
04 Februarie 2015 by te woon.

Heerlike ystee is na die deernisvolle erediens, gelei deur Ds Jan Fourie,  bedien en  ‘n volledige CANSA uitstalling is opgestel om CANSA dienste aan die publiek ten toon te stel.  Elma Visagie het  ons verryk met haar pragtige sang en ‘n getuienis deur ‘n kanker oorwinnaar is met die gehoor gedeel.

Persone teenwoordig kon na die tyd ‘n kersie aansteek vir ‘n person wat deur kanker geraak is.

Radio Namakwaland het die middag ‘n onderhoud toegestaan aan Hanli van Zyl om ‘n praatjie te lewer en meer inligting te deel oor Wêreld Kanker dag, wat verseker het dat meer as 55 000 luisteraars die inligting kon hoor.

Die slagspreuk “Nie Bo Ons Vermoë” verwys daarna dat in terme van die globale kanker beheer, die vermindering van die impak van kanker wêreldwyd “Nie bo ons Vermoë” is nie..  Die tema is aan alle persone wat die diens bygewoon het verduidelik.  Lees meer oor Wêreld Kanker dag 2015.

 

« BACK


Do you have a question?