Media Releases & News

Vier Mans in Jou Lewe – Moedig Hulle aan om Hul Gesondheid te Beskerm

Vier Mans in Jou Lewe – Moedig Hulle aan om Hul Gesondheid te Beskerm

English Press Release

30 Mei 2016 – Vir vanjaar se Mansgesondheid veldtog, stel KANSA dit ten doel dat almal moet onthou hoe belangrik dit is vir mans om in hul gesondheid te belê om kanker risikos ter verminder. Suid-Afrikaanse mans het ‘n een in agt (1: 8) risiko om kanker in hul leeftyd te kry.

Die top kankers wat mans (in SA) affekteer, is prostaatkanker, Kaposi-sarkoom (tipe velkanker), long en kolorektale kanker.

CANSA Mens Health Infographic AFR - 2016 Social Media.cdr

Dit is ook belangrik om te weet van ander vorme van kanker wat mans affekteer, soos testikulêre kanker (wat algemeen is onder jong mans tussen die ouderdomme van 15 en 39), en MPV-verwante kankers, insluitende penis en anale kanker. Meer as 30 tot 40 soorte MPV (Menslike Papilloomvirus) kan oorgedra word deur seksuele kontak en besmet die anogenitale gebied, wat in sommige gevalle, kan lei tot kanker.

“Meeste mans weet dat prostaatkanker een van die mees algemene kankers onder mans is, met ‘n leeftyd risiko van 1 in 27. Ons hoop om mans aan te moedig om nie net bewus te wees van die bekende kanker gevare nie, maar ook om hulself op te voed oor ander kanker risiko’s vir mans, soos dié van long-, kolorektale, vel, testikulêre, anale en penis kanker. KANSA wil ook hê jy moet weet dat daar siftingstoetse is wat jy kan ondergaan, wat sal help om jou risiko van kanker te identifiseer, “sê Elize Joubert, KANSA se HUB. Lees meer…

Marc Curlewis

Marc Curlewis

As ‘n testikulêre kanker oorwinnaar, wil Marc Curlewis (35) mense aanmoedig om te gaan vir gereelde ondersoeke en sifting. Marc sê; “Maak seker om gereelde selfondersoeke te doen en moenie skaam voel om ‘n dokter te gaan sien as jy enige probleme vind nie. Hoe vinniger dit ontdek word, hoe beter is jou prognose. En met testikulêre kanker of die verlies van ‘n testikel, dit hoef jou nie minder van ‘n man te maak nie.” Sien hoe jy ook ‘n testikulêre self-ondersoek kan doen

Die risiko van kanker kan verminder word deur slim keuses te maak, om karsinogene te vermy, ‘n gebalanseerde leefstyl te handhaaf en bewus te wees van die kanker waarskuwingstekens.

Dit is ook belangrik om vir gereelde sifting te gaan. “Ons meer as 30 KANSA Sorgsentra en 9 KANSA Mobielegesondheidsklinieke bied ‘n verskeidenheid van siftingsdienste om te help om jou risiko van kanker te identifiseer. Ons bied, onder andere, Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) toetse, wat ‘n vingerprik bloedtoets is om prostaat abnormaliteite op te spoor en onderrig oor testikulêre self-ondersoeke. Verder is daar ‘n kolorektale kanker – toets vir okkulte (verborge) bloed in stoelgang en die FotoFinder sifting wat ‘n mol kartering dermoskoop toestel is vir die opsporing van velkanker,”sluit Joubert.

Testi-monials logoTesti-monials is ‘n veldtog geskep deur FCB Kaapstad vir KANSA wat wat daarvoor mik om dit makliker te maak om oor testikulêre kanker te praat, en fokus om bewustheid oor hoe belangrik dit is dat mense nie net praat nie maar tot aksie oor te gaan. In hierdie Testi-monial gee testikels hul eie Testi-monials oor kanker en hoe hulle persoonlik geraak is. Hulle gee raad oor hoe om self-ondersoeke te doen en om tekens en simptome op te spoor.

Dit is belangrik om die tekens en simptome van hierdie kankers te ken en weet hoe om jou risiko van kanker te verminder. Vind meer inligting oor die verskillende kankers wat mans affekteer en lees KANSA se Feite Blaaie.

« BACK


Do you have a question?