CANSA's Holistic Cancer Care & Support

Verhoog die Kwaliteit van Lewe op Wêreld Kankerdag – 4 Feb 2015

Afri WCD poster postEnglish Press Release

19 Januarie 2015 – Woensdag 4 Februarie is Wêreld Kankerdag en die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) benadruk die feit dat kanker nie buite beheer is nie en dat die impak van die siekte verminder kan word. Laai plakkaat af…

Proaktiewe Benadering tot die Stryd Teen Kanker

Elize Joubert, KANSA se waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte, sê: “Wêreld Kankerdag is belangrik omdat die wêreldwye kankerepidemie groot is en nog steeds besig is om te groei. Tans sterf 8.2 miljoen mense jaarliks aan kanker – in Suid Afrika word meer as 100 000 mense jaarliks met kanker gediagnoseer. Wêreld Kankerdag help ons om die woord te versprei en om die profiel van kanker te verhoog.” Sien waarskuwingstekens kanker vir volwassenes en jeug…

Volgens die Center for Disease Control and Prevention (CDC), sterf meer as twee keer soveel mense aan kanker as aan Vigs, malaria en tuberkulose gekombineerd. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) voorspel dat die wêreldwye aantal kankersterftes teen 2030 met 80% sal toeneem as daar nie onmiddellik ingegryp word nie en sê ook dat die meeste aantal sterftes in lae en middelvlak lande sal voorkom.

Onder die vaandel van: “Nie buite ons bereik nie”, fokus Wêreld Kankerdag op ‘n positiewe en proaktiewe benadering tot die stryd teen kanker en beklemtoon dat oplossings aangaande kankersorg en vroeë opsporing wel bestaan en dat dit binne ons bereik is.

KANSA Sorgsentrums Maak Deure Landswyd Oop as deel van Wêreld Kankerdag

As deel van Wêreld Kankerdag maak KANSA die deure van hul 30 KANSA Sorgtuistes landswyd oop en nooi gemeenskappe, werksplekke en die media uit om tydens die Ope Dag die Sorgtuistes te besoek en meer uit te vind oor KANSA se sorg- en ondersteuningsprogramme.

“Ons wil seker maak dat minder mense kanker ontwikkel en dat kankeroorwinnaars suksesvol behandel word. KANSA bied sorg, ondersteuning, leiding en raad aan almal wie se lewe deur kanker geraak word om sodoende hulle lewenskwaliteit te verbeter. Ons weet dat kanker ‘n ernstige impak op mense se emosionele, fisiese en geestelike lewens het. Omdat ons begrip het vir die impak en dit wil verlig, poog ons om die lewenskwaliteit van pasiënte, hul geliefdes en die mense wat hulle versorg, maksimaal te verbeter,” sê Joubert.

KANSA bied omvattende sorg- en ondersteuningsprogramme aan vir kankerpasiënte en hul gesinne en bied ook sorg en raad aan oor die hantering van die newe-effekte van kankerbehandeling op fisiese, emosionele en geestelike vlak.

Joubert sê: “ Neem deel en sluit by ons aan tydens ons Ope Dag en vind meer uit oor hoe ons werk om ‘n kankervrye wêreld te help skep. Talle van ons spanne by KANSA se Sorgsentrums verskaf ook programme oor vroeë siftingstoetse om te help om die risiko van kanker te verlaag. Ons 9 Mobiele Gesondheidsklinieke reis na verafgeleë dele van ons land om siftingstoetse te doen en om programme oor vroeë opsporing aan te bied.”

Hulpbronne vir Kankeroorwinnaars

“Vir talle mense is die kankerdiagnose wat hulle in die gesig staar, die moeilikste tyd van hulle lewe. Die instandhouding van sosiale ondersteuningsnetwerke en om oor kanker te praat, is belangrik vir die persoon wat met kanker saamleef en die mense wat hulle versorg.

“Ons moedig kankeroorwinnaars aan om by ons ‘iSurvivor-program aan te sluit. Dit vorm deel van ons e-online ondersteuningprogramme – ‘n gratis kursus per epos wat deur ‘n kankeroorwinnaar geskryf is om ander oorwinnaars te help om die diagnose van kanker beter te aanvaar en te hanteer.

Dit is ‘n hanteerbare gids wat al die nuttige en beskikbare hulpbronne bevat … inligting soos gesondheid, waar die naaste KANSA Sorgsentrum geleë is, hoe om ‘n gebalanseerde lewenswyse te handhaaf, hoe om die risiko van terugkerende kanker te verminder en waar om ondersteuning en berading te ontvang.” Vind meer hulpbronne vir kankeroorwinnaars hier…

Wêreld Kankerdag eNuusbrief

Klik hier…

« BACK


Leave a Comment

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment from showing. There is no need to resubmit your comment.
Comments will be made public, should they be approved.


Do you have a question?