CANSA Upington Care Centre

Toktokkie en kleuters stap vir kinderkanker bewusmaking

Toktokkie en kleuters stap vir kinderkanker bewusmaking

Liewe Heksies, Fruit Bear Buddies en die Sonneblommetjies stap saam met die geliefde Toktokkie. Selfs Liewe Heksie se hond, Brakkies, het saam gestap.

Die kleingoed van Liewe Heksie dagsorg, Fruit Bear Buddies en Sonneblommetjies het saam met Toktokkie deelgeneem aan ‘n mini-optog in  Upington se hoofstraat  ter bewusmaking van kinderkanker.   Jy is nooit te jonk om te weet die belangrikheid van gesond eet, oefening doen, nie rook nie,  te veel sonblootstelling vermy en oplet na jou liggaam se simptome nie.  Junie en Juliemaand word gewy aan kinders en hul families wat geaffekteer is deur kanker, en daarom het die oulike kleuters hulle slag gewys en gestap om ander bewus te maak asook vir  daardie mense wat elke dag worstel met hierdie groot ‘K’.Ons wil graag alle kleuterskole in Upington en omgewing uitnooi om deel te wees van die KANSA Relay For Life Upington 2013.  Die tema vir volgende jaar se Relay is “Aan die beweeg vir die jeug”, en sluit juis aan by hierdie optog.

Indien jy hierdie keer uitgemis het, skakel asseblief die KANSA kantoor as jy meer inligting verlang rakende die Relay For Life.  054-3324937

 

Toktokkie en Fruit Bear Buddies rus bietjie na die staptog.


« BACK


Do you have a question?