Fundraising Events & Projects

Tekkie Tax – Volg Jou Hart en laat ‘n Tikkie Glinster na

English Media Release

2 Mei 2018 – KANSA is opgewonde om deel te wees van die vierde jaarlikse ‘Tekkie Tax’ Dag wat op Vrydag 25 Mei 2018 plaasvind. Die veldtog bied aan almal in Suid-Afrika die geleentheid om ‘n tikkie glinster na te laat’ en om iets uit die hart te doen. Die plakkers (vir ‘n donasie van R10 elk) en die ‘belasting’ op die Tekkie-skoenveters (R35 ‘n paar) is beskikbaar by alle KANSA SorgSentra landwyd.

KANSA is een van 11 nasionale begunstigdes wat meer as 1 000 plaaslike niewinsgewende organisasies verteenwoordig. Tekkie Tax het in 2013 afgeskop en het tot dusver R30 miljoen ingevorder vir deelnemende niewinsgewende organisasies wat onder ander die volgende insluit: KANSA, Epilepsie SA, Kinderwelsyn, SOS Kinderdorpe (Children’s Villages), Spesiale Olimpiese Spele SA, Imisebeyelanga Dienste, VVA, NG Welsyn, SAVF en RoleModels Foundation. Hierdie organisasies word in vyf sektore verdeel: Diere, Bring Hoop, Kinders, Gestremdheid, en Onderwys.

Maria Scholtz, KANSA se Hoof van Volhoubaarheid, sê: “Ons is opgewonde en bevoorreg om deel van Tekkie Tax te wees. Die veldtog is prettig, lekker uitspattig en eenvoudig – ons moedig mense aan om hul ondersteuning van ons saak te bewys deur plakkers en skoenveters te koop en om dit op Vrydag 25 Mei 2018 te dra. Jy kan betrokke raak as ‘n individu, ‘n maatskappy of ‘n groep vriende.”

KANSA is deel van die onderwys- en onderrigsektor. “Die inkomste wat gegenereer word met behulp van Tekkie Tax help ons baie om gemeenskappe op te voed en om inisiatiewe te ondersteun wat sorg en ondersteuning aan mense bied.

Ons bied tans maandelikse ondersteuningdienste aan 64 300 begunstigdes.

Jou deelname deur die aankoop van plakkers en skoenveters help ons dus om bewustheid te skep, gesinne beter op te voed en in te lig en om ons te help met vroeë opsporing van kanker wat ‘n beter kans op suksesvolle behandeling kan beteken,” voeg Scholtz by.

Sedert die aanvang van die Tekkie-projek het dit jaarliks gegroei en Tekkie Tax het nog ‘n gesinslid aan boord geneem. ‘Happy’ is Tekkie Tax se gelukbringer en Happy is niemand anders as KANSA se eie, bekende en geliefde Toktokkie (Tap-Tap) nie. Happy gaan KANSA help om mense aangaande kanker in te lig en om Tekkie Tax Dag met hope pret te vier.

Meer Oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12miljoen jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk.

Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom.

Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte plus een hospitium in Polokwane, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

Vir meer inligting besoek www.cansa.org.za of www.cansa-active.org.za, of kontak KANSA tolvry by 0800 22 66 22 of of stuur ‘n epos na info@cansa.org.za – volg KANSA op Twitter, Facebook, en Instagram. KANSA bied veeltalige ondersteuning aan op  Whatsapp: 0721979305 vir Engels en Afrikaans en 0718673530 vir Xhosa, Zulu, Sotho and Siswati.


« BACK


Do you have a question?