CANSA's Holistic Cancer Care & Support

Sorg vir Versorgers Omrede Jy Omgee

Sorg vir Versorgers Omrede Jy Omgee

CANSA Care Week Online AFR postEnglish Press Release…

28 Julie 2014: KANSA plaas die kollig hierdie KANSA Sorgweek 1 – 7 Augustus 2014 op Versorgers. Sien aktiwiteite by ons Sorgsentra…

Wie Is ‘n Versorger?

‘n Versorger is enige iemand wie, sonder vergoeding, versorging bied aan ‘n vriend of familielid wie veg teen kanker en nie sonder versorging oor die weg kan kom nie.

“Ons voel dat Versorgers se liefdevolle sorg en ondersteuning wat hulle aan diegene wie deur kanker geraak is verleen, soms ongesiens kan verbygaan. Ons hoop regtig om dit te verander, want die welsyn van ‘n Versorger is net so belangrik soos dié van die Kanker-Oorwinnaar vir wie hulle omgee. Dié KANSA Sorgweek, wil ons graag erkenning gee aan alle versorgers en ons salueer hulle,” alvolgens KANSA se Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte Elize Joubert.

Nie Alle Versorgers Kies Die Rol Nie

Versorgers kom uit alle vlakke van die lewe, van alle kulture en ouderdomme. Baie voel hulle doen wat enige iemand anders in dieselfde situasie sou doen – omsien na hul geliefdes, ‘n beste vriend of selfs kollega.

Sommige Versorgers kies nie om versorgers te word nie. Dit gebeur dikwels ongevraagd wanneer iemand na aan hulle met kanker diagnoseer word.

Joubert sê voorts: “Meer as 60% van ons Vrywilligers is toegewy aan hulpverlening saam met KANSA personeel met sorg en ondersteuning aan persone geaffekteer deur kanker, asook die bevordering van gesondheid, terwyl baie ook met ander projekte help.”

Versorgers Ervaar Dikwels Sielsmoegheid

Baie Versorgers ervaar dikwels sielsmoegheid wanneer hulle hul eie self-sorg nalaat, terwyl hulle fokus op die versorging van iemand anders – dit staan bekend as versorger uitbranding. Uitbranding beskryf die eindresultaat van die stres in die lewe van ‘n Versorger en word gekenmerk deur emosionele uitputting, depersonalisering en lae persoonlike vervulling.

KANSA se Top Wenke vir Versorgers:

Sien Infografiek…

  • Vind Ondersteuning: Praat met ander mense wat in ‘n soortgelyke situasie is. Dit kan jou help om algemene gevoelens van woede, skuld, isolasie, vrees, hartseer of antisiperende verdriet te hanteer.
  • Weet wanneer jy gespanne is: Ken die tekens van stres (wat die volgende kan insluit: moegheid; om meer dikwels siek te word; slapeloosheid; ongeduld, irritasie, vergeetagtigheid).
  • Neem tyd af: Maak tyd vir jouself en ander mense. Alhoewel ‘n persoon wat kanker het, baie behoeftes het wat jou aandag verg, is dit belangrik om tyd vir jouself te maak. Spandeer tyd om iets te doen wat jy geniet, met die mense wie jy liefhet.
  • Moenie te hard op jouself wees nie: Wees goedgesind en geduldig met jouself. Dit is normaal om aanvalle van woede of frustrasie te beleef, saam met die skuldgevoel vir die feit dat jy daardie gevoelens het. Probeer om ‘n positiewe manier te vind om met hierdie gevoelens saam te leef.
  • Sorg vir jouself: Maak tyd om te oefen, eet gesonde kos, bly gehidreer, en kry genoeg slaap.
  • Bly positief: ‘n Positiewe houding kan help om die toon te skep vir alles wat jy doen en aanvat.

Vind meer wenke om ‘Versorger Uitbranding’ te vermei (PPT)… 

Kanker-Oorwinnaars Kan Versorgers Erkenning Gee By KANSA se Relay For Life

“’n Prettige manier vir kanker-Oorwinnaars en hul Versorgers om betrokke te raak by KANSA en om die erkenning te ontvang wat hulle verdien, is deur middel van KANSA se Relay For Life nasionale projek. Dit is ‘n unieke geleentheid wat prettig is, dit vind oornag plaas waar spanne inskryf vir kankerbewustheid en om fondse in te samel om kanker te beveg. Die geleentheid beklemtoon kankeroorwinning, is vrywilliger gedrewe en gemeenskapsbesit, ” bemoedig Joubert.

KANSA nooi alle Oorwinnaars en hul Versorgers uit na ‘n Relay in hul gemeenskap – ‘n KANSA Relay For Life-geleentheid open met ‘n ‘Oorwinnaarsrondte’, wat kankeroorwinnaars vier. Dit word gevolg deur ‘n ‘Versorgersrondte’, om alle Versorgers wat sorg en ondersteuning verleen aan diegene wat deur kanker geraak te eer.

Omtrent KANSA:

Lees meer…

Navrae KANSA:

Klik hier vir kontakbesonderhede…

« BACK


Do you have a question?