CANSA's Tough Living with Cancer (TLC) Programme

Sorg vir ons Toekoms

Sorg vir ons Toekoms

English Media Release

1 September 2017 – Op Vrydag, 1 September 2017 sal die woorde van Nelson Mandela: – “Een van die belangrikste boustene van ons nasie is ons besorgdheid oor ons kinders…” opnuut van krag wees.

Hierdie woorde is ‘n aanhaling uit ‘n toespraak wat Nelson Mandela in 1997 gelewer het. Sy woorde sal gedurende die maand van September weer resoneer omdat dit deur KANSA erken word as die maand waartydens Bewusmaking van Kinderkanker in die kollig geplaas word.

Kinderkanker in SA

Volgens die Suid-Afrikaanse Mediese Joernaal¹ bly die syfers van kinders wat kanker in Suid-Afrika oorleef laag in vergelyking met internasionale data. Groter bewusmaking van die waarskuwingstekens van kanker tydens die kinderjare kan vroeë diagnose van die siekte aanmoedig en dit kan lei tot die verbetering van die uitkoms vir alle etniese groepe.

Baie verskillende soorte kankers wat tydens die kinderjare gediagnoseer word, word met groot sukses en met ‘n hoë suksessyfer van tussen 70% en 80% in goed ontwikkelde lande behandel. Dit is egter hartseer dat ongeveer 80% van kinders met kanker in dele van Afrika sterf omdat hulle nie toegang tot voldoende sorg en behandeling het nie. Alhoewel Suid-Afrika oor ‘n gevestigde onkologie gesondheidsdiens beskik, word die infrastruktuur oorbelas, die kankerbewustheid in die primêre gesondheidsorgdiens is swak en wydverspreide uitdagings aangaande dienslewering word ondervind. In ‘n 2014 navorsingsverslag wat vervat is in Stones, David K., et al, getiteld “Die koers van kinderkanker se syfers van oorlewing in twee van Suid-Afrikaanse eenhede” word bepaal as 52,1%.¹

KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte, Elize Joubert, sê: “Na raming word minder as die helfte van kinders met kanker tans in Suid-Afrika gediagnoseer en baie van kinders wat wel met kanker gediagnoseer word, is reeds in gevorderde fases van die siekte. Vroeë opsporing sal ‘n groot rol speel in die vermindering van die sterftesyfer, maar dit kan net moontlik gemaak word deur die skepping van groter bewustheid en om kennis en begrip aangaande kinderkanker in sektore van die gesondheidsorgsisteem en die publiek in te skerp.”

Kinderkanker is geneig om te verskil van kanker wat by volwassenes gediagnoseer word. Die meeste kanker by kinders kom gewoonlik voor in die ontwikkelende selle soos beenmurg, bloed, niere en in die weefsels van die senuweestelsel. Volgens die onlangse Suid-Afrikaanse Kinderkanker-Studiegroep – South African Children’s Cancer Study Group (SACCSG) – se registrasiestatistiek vir  2009 tot 2013, is die vyf kankers wat die mees algemeen by kinders in Suid-Afrika voorkom, die volgende:  leukemie, limfoom (gewasse wat in die limfkliere begin), breingewasse, nefroblastoom, of Wilms-gewasse (nierkanker) en sagte weefsel sarkoom (gewasse wat in die bindweefsel begin). Lees meer oor kinderkankers…

Vroeë Opsporing Uiters Belangrik

‘n Deel van KANSA se Kinderkanker Bewusmakingsprogram is daarop gerig om  die publiek in te lig oor die vroeë waarskuwingstekens en in Suid-Afrika word die Saint Siluan se lys van waarskuwingstekens (soos hieronder uiteengesit), gebruik…

St Siluan Waarskuwingstekens:

  • S – Soek en verkry mediese hulp vroegtydig vir voortdurende simptome
  • I – Wit vlek in die oog (leukokoria), nuwe skeelheid, nuwe blindheid, bultende oogbal.
  • L – Knop op die buik, pelvis (bekken), kop, nek , ledemaat, testikels, en kliere
  • U – Onverklaarbare en langdurige koors vir meer as twee weke, gewigsverlies, bleekheid, moegheid,  maklike kneusing of bloeding.
  • A – Seer bene, gewrigte, rygpyn en maklike frakture
  • N – Neurologiese tekens, verandering of agteruitgang van beweging (veral om te loop), probleme met balans of spraak, regressie van mylpale, hoofpyne vir langer as ‘n week met of sonder braking en vergroting van kop.

PDF: Boekmerk – Waarskuwingstekens van Kinderkanker

Die raad wat KANSA aan ouers gee wat bekommerd is oor kinders wat enige van die simptome ondervind, is om dadelik mediese hulp vir die kind te bekom. Kinders met kanker het die regte behandeling sonder versuim nodig – verkieslik in ‘n pediatriese of onkologie-eenheid.

‘n Jong kankeroorwinnaar, Thandi* en haar ma, Jessica* was deur die gemeenskap waar hulle woon, verwerp. Jessica sê: “Die gebrek aan kennis, insig en begrip in ons dorp is uitermatig. Die meerderheid van die mense glo nog steeds dat my kind se siekte (kanker) aansteeklik is en dat dit hulle kan benadeel. ” KANSA se TLC ondersteuningpersoneel in Kimberley het ingegryp om ondersteuning, begrip en inligting aan die gemeenskap te bied en beskikbaar te stel. (*Name is verander om hulle identiteit en privaatheid te beskerm.)

PPT: Kinderkanker Bewustheid | Simptome | Mites | KANSA TLC Ondersteuning

PPT: Hoe om Jou Maatjie met Kanker te Ondersteun

KANSA TLC Bied Ondersteuning

KANSA bied ‘n program getiteld KANSA “Tough Living with cancer (TLC)” aan wat nie net ondersteuning bied vir die kind of die tiener wat met kanker gediagnoseer is nie, maar ook vir die familie en geliefdes wat deur kanker geraak word. Die program bied ook hulp en ondersteuning aan kinders wie se ouers met kanker gediagnoseer is.

KANSA maak gebruik van ‘n holistiese benadering wat alle aspekte insluit soos fisiese, geestelike, spirituele, sielkundige en sosiale welsyn.

KANSA se TLC program bied ook die volgende aan:

  • ondersteuningsgroepe
  • prostetiese bystand
  • vaardigheidsontwikkeling
  • opvoedkundige skoolprogramme
  • opleiding van vrywilligers

KANSA TLC Fasiliteite

Tans is daar vyf  KANSA TLC-fasiliteite in Suid-Afrika spesiaal vir kinders, tieners, ouers en geliefdes wie se lewens deur kanker geraak word:

Kyk video van KANSA TLC Nicus Lodge toe dit deur ‘SABC Real Talk with Anele’ op #MandelaDay 2017, besoek is:

Het jy of jou Kind / Tiener Ondersteuning Nodig?

Ouers wat ondersteuning nodig het word uitgenooi om aan te sluit by ‘n TLC Ondersteuningsgroep in hul area (kontak jou naaste KANSA Sorgsentrum), of om so ‘n Ondersteuningsgroep te stig as daar nie so ‘n groep is nie. Ouers, gesinne en ondersteuners kan ook aansluit by die ‘CANSA TLC’ Facebook-groep om ander mense in dieselfde omstandighede te ontmoet.

¹ Stones, David K., et al. “Childhood cancer survival rates in two South African units.” SAMJ: South African Medical Journal 104.7 (2014): 501 – 504.

Meer Oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12miljoen jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk.

Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom.

Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte plus een hospitium in Polokwane, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

Vir meer inligting besoek www.cansa.org.za of kontak KANSA tolvry by 0800 22 66 22 of of stuur ‘n epos na info@cansa.org.za – volg KANSA op Twitter, Facebook, en Instagram. KANSA bied veeltalige ondersteuning aan op  Whatsapp: 0721979305 vir Engels en Afrikaans en 0718673530 vir Xhosa, Zulu, Sotho and Siswati.


« BACK


Do you have a question?