SunSmart

SonSlim Radio Snitte met UV Strale Sunny en Brand

SonSlim Radio Snitte met UV Strale Sunny en Brand

English version…

Ontmoet UV Strale en boewe, Sunny & Brand en hul vyand, SonSlim TokTokkie:

Dis al weer sulke tyd…

Leerders, studente en families sal binnekort na hul gunstelinge strande en binnelandse-oorde stroom om die einde van die eksamens te vier, terwyl hulle die sonskynweer geniet.

Karavane word gepak; kamp-toerusting word nagegaan; vlieg-nou-betaal-later vliegkaartjies word afgehaal; die nuutste strand modes word aangetrek en son uitrustings word aangekoop. Alles ter voorbereiding van die jaarlikse son-aanbidders se uittog.

KANSA wil nie die vrolike atmosfeer bederf nie, maar verseker asseblief dat jy en jou geliefdes veilig in die sonskyn baljaar en verminder jul risiko vir velkanker as jul ouer word.

Luister hoe Sunny & Brand, die twee UV straal boewe, hoop om jul vel skade aan te rig:

Wees asseblief bewus en wees SonSlim! Sunny & Brand wil graag hê dat julle onbewus bly van die volgende feite – het jul geweet…

Jy KAN sonbrand as dit bewolk is…

 

Jy KAN in die skadu sonbrand…

 

Water KAN NIE vir jou teen die son beskerm nie….

 

 

Die strand is nie die enigste plek waar jy kan brand nie – wees versigtig buite!

 

Niemand se vel is veilig nie – die Afrika son is gevaarlik, veral vir mense met ligte velkleur…

 

Sonbruining is NIE veilig nie…

 

Sonlampe & beddens KAN velkanker veroorsaak….

 

Nie alle moesies is vriendelik nie – leer ken hulle…

 

Ses maandelikse ondersoeke by die dermat0loog is net so belangrik as gereelde besoeke by die tandaarts…

Navrae KANSA

Vind meer inligting rondom ‘n SonSlim lewenstyl, leer ken die waarskuwingstekens van velkanker & verminder jou velkanker risiko…

« BACK


Leave a Comment

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment from showing. There is no need to resubmit your comment.
Comments will be made public, should they be approved.


Do you have a question?