CANSA Malmesbury Care Centre

Relay for Life Cederberg Bekendstelling & Oorwinnaars Funksie

Relay for Life Cederberg Bekendstelling & Oorwinnaars Funksie

Op 15 Augustus 2014 het die KANSA Relay For Life Cederberg Komitee die bekendstelling van die komende Relay in Clanwilliam gedoen. Dit was ‘n Vrydag en die dorp ‘n miernes van bedrywighede.

 

Die bemarking was goed gedoen en vele Oorwinnaars, elkeen met ‘n Oorwinnaars-band getooi en ander lede van die Relay publiek, het by die Kliniek bymekaar gekom.

Toktokkie het ons vergesel en nadat alle Oorwinnaars hul handafdrukke op ‘n banier geplaas het, het die stap deur die dorp begin, gelei deur Toktokkie.

Daan Strydom, die Voorsitter van die komende Relay, het met die omstanders gepraat en vertel van die groot geleentheid wat op 11 Oktober 2014 sal realiseer.

Soos die stappers deur die dorp gevorder het, het lede van die publiek aangesluit. Blikke is geskud en fondse is ingesamel. Voor die SPAR winkel het die Tuisversorgerspan ‘n Shavathon aangebied en gekleurde koppe kon oral in die dorp waargeneem word.

Die Clanwilliam gemeenskap is deeglik bewus gemaak van die die komende Relay for Life en ‘n mooi bedrag van R1 800-00 is ingesamel met die blikskud. Clanwilliam se gemeenskap was almal baie entoesiasties oor die komended gebeurtenis.

Kanker Oorwinnaars Funksie

Op 21 Augustus 2014 is Kanker Oorwinnaars uit die Cederberg streek genooi vir ‘n Oorwinnaarsfunksie in Clanwilliam. Dit was ‘n koue dag en die Oorwinnaars Komitee het dit goed gedink om Sop en Broodjies aan die lede wat die funksie bygewoon het ,te bedien.

Plaaslike kinders wat aan die Eisteddfod deelgeneem het, het vir ons hul talente ten toon gestel en die Oorwinnaars en Vrywilligers teenwoordig het die program terdee geniet.

Die saal is prentjiemooi versier deur Boeta Genis en elke Oorwinnaar het spesiaal gevoel.

Na ‘n gepaste opening het Daan Strydom, die KANSA Relay for Life Voorsitter Cederberg, die lede teenwoordig toegespreek oor die doel en rede vir die Relay, en het almal heelhartig daarheen uitgenooi.

‘n Pragtige sangitem is gelewer en na die eet van heerlike sop en broodjies is almal huis toe, met ‘n wete dat hul reis deur die kanker diagnose nie ongesiens verby gaan nie, maar dat KANSA omgee.

Navrae KANSA

Raak betrokke by KANSA in die Weskus – skakel die KANSA Malmesbury Sorgsentrum of vind meer uit oor Relay For Life

« BACK


Leave a Comment

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment from showing. There is no need to resubmit your comment.
Comments will be made public, should they be approved.


Do you have a question?