Advocacy

Ons Kan. Ek Kan. ’n Verskil Maak

English Media Release

16 Januarie 2018Wêreld Kankerdag vind elke jaar plaas op 4 Februarie en verskaf die platform vir die wêreld om te verenig om die profiel van kanker in ‘n positiewe en inspirerende manier te verskerp. KANSA moedig mense in alle stede en dorpe regoor Suid-Afrika aan om deel te neem aan die derde agtereenvolgende jaar se veldtog op Wêreld Kankerdag en om die veldtog heelhartig te ondersteun. KANSA neem selfs een stap verder en moedig mense aan om die slagspreuk van die veldtog ‘Ons kan. Ek kan’ letterlik uit te leef.

Die mikpunt van die veldtog in 2018 is om gemeenskappe te inspireer om in gesonde stede en dorpe te leef en om saam te help om die stryd teen kanker te oorwin.

“Ons erken die belangrike rol wat skole, biblioteke, gesondheidklinieke, diensgroepe, sportklubs en professionele opvoeders speel in die bevordering en opvoeding van ‘n volgende generasie aangaande gesondheid en welsyn. Wêreld Kankerdag is ‘n geleentheid vir onderwysers, bibliotekarisse, studente, gesondheidpraktisyns en ouers om meer te leer, bewustheid te skep en te verhoog, aksie te neem en om betrokke te raak in hierdie krities belangrike gesondheidaspek. Ons nooi gemeenskappe regoor die wêreld uit om op 4 Februarie die vooruitgang van die stryd teen kanker te ondersteun, ” sê Elize Joubert, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte. #WorldCancerDay #WeCanICan

Skyfievertoning:

Laai PDF af

Lees eNuusbrief

Laai Wêreld Kankerdag (WKD) Media af vir idees rondom hoe jy betrokke kan raak:

Die wêreldwye kankerepidemie is tans geweldig groot en word aanhoudend groter. Ongeveer 8.2 miljoen mense regoor die wêreld sterf jaarliks aan kanker. Nagenoeg 4 miljoen van die sterftes is vroegtydig (30 tot 69 jaar oud).

Die projeksie is dat die sterftesyfer van kankerpasiënte oor die volgende tien jaar tot meer as 14 miljoen per jaar sal styg. In Suid-Afrika word nie alle kankersterftes aangemeld nie weens ‘n gebrek aan ‘n omvattende kanker toesigstelsel.

In 2008 is 55 286 nuwe gevalle van kanker by die Nasionale Kankerregister (NKR) aangemeld. 52% van hierdie gevalle was vrouens en kinders. In 2012 was 77 440 gevalle verwys na die NKR. Die mees onlangse syfers van Statistieke SA toon ‘n bestendige toename in sterftes wat aan kanker toegeskryf kan word – van 5.6% in 2006 tot 9.1% in 2015.

Span Saam met Plaaslike Sportklubs, Spanne of Aktiwiteite

KANSA doen ‘n dringende beroep op almal om meer aktief – in elke sin van die woord – te raak in die stryd teen kanker deur die inkorporasie van sportverwante en ander aktiwiteite rakende algemene welsyn in daaglikse roetines. Dit is bewys dat fisiese aktiweit téén kanker werk insluitend risikoverlaging sowel as by te dra om die newe-effekte van kanker pasiënte se behandeling te bestuur soos moegheid, depressie en skade aan die hart.

Span saam met plaaslike sportsterre, -klubs en –organisasies en skep geleenthede waar kankerbewusmaking versterk kan word (stap, fietsry, dansklasse of joga aktiwiteite). Plaaslike sportklubs kan Wêreld Kankerdag bevorder met stadiumboodskappe, skenk fooie van kaartjieverkope aan KANSA of gebruik eenvoudig die krag van hul netwerke deur die boodskap te versprei op sosiale media.

Skole kan byvoorbeeld ‘n pretloop of ‘n week van fietsry na en van die skool reël.

Ondersteun gerus KANSA se bewustheid- en sportgeleenthede as deel van Wêreld Kankerdag, 4 Februarie 2018:

Joubert sê verder: “Skole regdeur Suid-Afrika moet poog om gesonde gedragspatrone te kweek om nie net van skoliere nie, maar ook van onderwysers en ouers sportkampioene te maak. Dit sal nie net help in die stryd teen kanker nie, maar sal ook help om die risiko van kanker te verlaag en om ander nie-oordraagbare siektes te hanteer.”

Jy kan ook bewustheid in jou gemeenskap en onder jou kennisse verskerp deur hierdie WKD Selfie plakkate af te laai en te druk. Kies die boodskap wat vir jou belangrik is, en neem ‘n selfie met jou plakkaat. Deel dit en jou boodskap op sosiale media. Gebruik hierdie hutstekens: #WorldCancerDay #WeCanICan

Verlig die Stad

Ander maniere om Wêreld Kankerdag te ondersteun, is vir stede om ikoniese landmerke te verlig om bewustheid te verskerp. In die verlede het internasionale stede hul ondersteuning van en verbintenis tot die wêreldwye uitdaging van kanker getoon deur groot landmerke in blou te verlig soos byvoorbeeld die Empire State gebou in New York City, die Jet d’eau in Genève, Niagara Watervalle, die CN Toring in Toronto, Calgary Toring en die Olimpiese Ketel in Vancouver.

“Stede en dorpe kan ‘n waardevolle platform bied vir die bevordering en beskerming van openbare gesondheid. Dit sal wonderlik wees om ikoniese landmerke in Suid-Afrika by die lys toe te voeg en ons hoop dat stede en dorpe hierdie visuele en simboliese idee sal aangryp en om ook op 4 Februarie landmerke te verlig,” sê Joubert.

Verteenwoordigers van ‘n stad of ‘n provinsie kan die naaste KANSA SorgSentrum kontak om reëlings te tref.

Vordering in die beheer van kanker kan slegs bereik word deur die ondersteuning van alle belanghebbendes, wat die regering, die sakewêreld, skole, gemeenskappe en individue insluit.

Vandag benodig ons meer as ooit vantevore ‘n wêreldwye verbintenis om vooruitgang in die stryd teen kanker en nie-oordraagbare siektes te bevorder. Wêreld Kankerdag, wat gekoördineer word deur die Unie vir Internasionale Kankerbeheer (UICC), bied aan een en almal die gulde geleentheid om die woord te versprei en om wêreldwyd bewustheid van die siekte te skep in internasionale media en wêreldwye gesondheid- en ontwikkelingprogramme.

Meer Oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12miljoen jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk.

Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom.

Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte plus een hospitium in Polokwane, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

Vir meer inligting besoek www.cansa.org.za of kontak KANSA tolvry by 0800 22 66 22 of of stuur ‘n epos na info@cansa.org.za – volg KANSA op Twitter, Facebook, en Instagram. KANSA bied veeltalige ondersteuning aan op  Whatsapp: 0721979305 vir Engels en Afrikaans en 0718673530 vir Xhosa, Zulu, Sotho and Siswati.


« BACK


Do you have a question?