CANSA Cape Metro Care Centre

Ondersteun KANSA Cape Metro – Projek “Want-Ons-Gee-Om”

Ondersteun KANSA Cape Metro – Projek “Want-Ons-Gee-Om”

By die Gereformeerde Laerskool Bellville leer ons dat ons lig moet laat uistraal na ons naaste toe. Ons naaste is nie net ons familie, vriende of mense wat naby ons bly nie, maar ook die mense wat ons nie ken nie en wat swaar kry.

Daarom loods ons ‘n projek vir KANSA: “Want-ons-gee-om”

Met die projek wil ons, ons liefde en ons lig laat uitstraal na ons naaste en almal rondom ons wat swaar kry a.g.v. kanker.

Wat Behels Ons Projek?

  • Begin: Dit het op 22 September 2014 afgeskop by Die Gereformeerde Laerskool, Bellville.
  • Eindig: Die projek eindig op 29 November 2014.
  • Doel: Om altesaam R7 000 of meer in te samel vir die KANSA Cape Metro Sorgsentrum.

Angela en haar span (KANSA Cape Metro) gaan op 7 November die skool besoek saam met Toktokkie. Daar sal dan ook ‘n spraython / shavathon gehou word. Almal is welkom om hieraan deel te neem. Die deelnemers word versoek om ‘n donasie van R5 of meer te gee.

Sodra die ingesamelde geld by R500 kom, sal Anita haar hare pienk laat kleur (nie dieselfde as die pienk spuit wat binne enkele wasse weer uit is nie).

Sodra die bedrag die R1 000 merk raak, sal sy pers strepe laat insit saam met die pienk hare.

Sodra die bedrag by R2 000 kom sal sy elke dag met ‘n bandana op haar kop skool toe kom (todat die skool in Desember sluit).

Sou die meter kom by die R5 000 merk, sal sy haar hare kort laat sny (soos ‘n seun) .

Sou die totale ingesamelde bedrag R7 000 of meer wees, sal sy haar hare laat afskeer op ‘n nr.4!

Kom ons laat ons lig uitsraal, nie net na ons naaste naaste nie, maar na almal wat dit mag nodig kry.

Maak ‘n Donasie:

Donasies kan in die volgende rekening geplaas word. Donasies mag anoniem bly.

  • Naam: Gereformeerde Laerskool Bellville
  • Nedbank: The Bridge, Cape Town
  • Tjekrekening: 1036 024 326
  • Verwysing: GLB KANSA PROJEK

Navrae:

Vir Enige navrae kontak Anita Zielman by 071 441 8628

Navrae KANSA

Vind meer inligting oor die KANSA Cape Metro Sorgsentrum…

« BACK


Leave a Comment

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment from showing. There is no need to resubmit your comment.
Comments will be made public, should they be approved.


Do you have a question?