Counselling & Support Groups

’n Gemeenskap wat Ondersteuning Bied aan Almal wat deur Kanker Geraak Word

English Media Release

25 Mei 2018 – KANSA vier saam met die res van die wêreld Internasionale Kankeroorwinnaarsdag op Sondag 3 Junie 2018. Hoewel KANSA Kankeroorwinnaars regdeur die jaar ondersteun, is 3 Junie ‘n spesiale dag en geleentheid om kankerpasiënte te erken, hetsy die pasiënte nuut gediagnoseer is, behandeling ondergaan of hulle in remissie is. Op die dag word erkenning gegee aan die moed en vasberadenheid wat dit verg om teen kanker te baklei.

Gerda Strauss, KANSA se Hoof van Dienslewering, sê: “Kankeroorwinnaars moet tree vir tree op hul reis met kanker ondersteun word. Hulle moet ook bemoedig word om nie die stryd teen kanker gewonne te gee nie. Aanvanklik moet hulle die skok van die diagnose verwerk en hulle moet dit met hul geliefdes deel. Hulle moet ook die kort- en langtermyn newe-effekte van hulle behandeling leer baasraak. Dit is ook ‘n geleentheid om mense met hoop te inspireer dat kanker wel oorwin kan word en om Kankeroorwinnaars te herinner dat hulle nooit alleen is nie.”

Kanker het ‘n effek op alle fasette van die Kankeroorwinnaar se lewe. Dit sluit sosiale en interaktiewe verhoudings en persepsies in asook die persoon se rol in die werksplek. Boonop is daar ook finansiële implikasies waarmee die Kankeroorwinnaar moet deel. Die kollektiewe ondervinding kan by tye so moeilik wees.

Plaaslike KANSA Ondersteuningsgroepe

Strauss sê verder: “As gevolg van hierdie redes erken KANSA die belangrikheid van Ondersteuningsgroepe vir Oorwinnaars en bied aan hulle die geleentheid om aan te sluit by ‘n gemeenskap wat omgee en na mekaar omsien wanneer hulle by hul plaaslike KANSA Ondersteuningsgroep of by KANSA se aanlyn ondersteuningsgroepe aansluit. Hier sal pasiënte in aanraking kom met ander kankerpasiënte en kenners wat ‘n werklike begrip het van die ondervinding waarin hul hulself bevind. Die wedersydse deel van lewens- en hanteringstrategieë en waardevolle inligting wat so ingewin word, is van onskatbare waarde.” #CANSASupportGroups #CANSACares

Portia Ntuli, ‘n Kankeroorwinnaar sê: “Wat ek sover in die ondersteuningsgroep gesien en beleef het, is dat ons almal mekaar se pyn deel. Die meeste mense – vriende en familie ingesluit – verstaan nie dat kanker ‘n siekte soos enige ander siekte is nie. As jy vir iemand vertel jy het kanker, verdwyn jou vriende amper oornag. Kollegas vermy jou asof jy ‘n doodsvonnis ontvang het. Daarom is die kanker Kampioene ons gesinslede en beste vriende wanneer ons iemand nodig het om ons gemoed te lig en ons vrese te besweer.”

Oorwinnaars word uitgenooi om ‘n KANSA Ondersteuninggroep te begin

KANSA nooi alle Oorwinnaars om in hul eie omgewings en gemeenskappe hul plaaslike KANSA SorgSentrum te nader en om met die KANSA personeel se bystand ‘n plaaslike KANSA Ondersteuningprogram te begin. Ons sal graag wil hê dat alle Oorwinnaars in Suid-Afrika die geleentheid moet kry om aan te sluit by ‘n ondersteunende gemeenskap wat omgee en dat daar in hul behoeftes voorsien sal word, sodat die kwaliteit van hul lewe kan verbeter.Laai PDF af

Facebook Aanlyn KANSA Ondersteuningsgroepe

Pasiënte is nie altyd in ‘n posisie is om deel te neem aan ‘n aangesig tot aangesig ondersteuningsgroep as gevolg van vervoer-, gesondheidsprobleme en ander verwante redes nie. Ons verskaf die volgende aanlyn ondersteuningsgroepe en beskik oor fasiliteerders wat groepe lei en inligting aan lede van die groep verskaf.

Cheryl de Wit, ‘n Kankeroorwinnaar, vertel: “Kom ons sê sommer dadelik dat hierdie groep nie sommer net enige ondersteuningsgroep is nie – ons wat daaraan behoort is soos familie vir mekaar. Ons kom bymekaar en praat met mekaar oor ons vrese, behandeling of ondersoeke. Ons kom bymekaar as alles vir ons te moeilik word om alleen te dra en wanneer ons kwaad of stukkend voel. Ons vat saam hande as ons bly is wanneer ons goeie nuus na afloop van behandeling ontvang. Ons treur saam wanneer iemand wat saam met ons teen kanker stry, die stryd verloor en hul engelvlerkies ontvang. In ons ondersteuningsgroep het alkeen van ons ‘n stem en ‘n mening en daar word geluister as ons iets op die hart het. Geen kwessie is te klein of te groot vir die groep om te deel nie. Ons hanteer mekaar met liefde, ondersteuning en insig.”

Voordele van Deelname aan ’n Ondersteuningsgroep

Oorwinnaars mag vreesbevange wees om met ander te deel oor hoe hulle regtig voel, omdat hulle bang is hulle word misverstaan en dat hulle verwerp sal word. Dit is egter duidelik dat die aansluiting van ‘n kankerpasiënt by ‘n ondersteuningsgroep talle voordele inhou en dat dit die risiko werd is – of die ondersteuning nou van aangesig tot aangesig of aanlyn is. Hierdie sluit in ‘n sin van behoort, toegang tot inligting, verwysing na ondersteuningsdienste, kennis van ‘n pasiënt se regte asook ‘n positiewe vooruitsig.

Laai PDF af

Deelname aan ‘n ondersteuningsgroep help mense wat met depressie en isolasie sukkel en motiveer die Kankeroorwinnaar om met die behandeling van die siekte voort te gaan ten spyte van probleme wat mag ontstaan. Omdat hierdie mense weet hulle is nie alleen en geïsoleer nie en dat daar ander mense is wat net soos hulle met soortgelyke probleme teen kanker baklei, kweek kankerpasiënte ‘n meer positiewe uitkyk oor hulle lewe en hul siekte ten spyte van die onsekerheid waarin hulle bevind.

KANSA ondersteun ook Oorwinnaars deur sy navorsingsprojekte, waarvan sommige werk om aspekte van kwaliteit lewe vir kankeroorwinaars te verbeter.

KANSA verskaf ook die iSurvivor Aanlyn Ondersteuningsprogram vir alle Kankeroorwinnaars (enigeen wat al ooit die woorde ‘jy het kanker’ gehoor het). Die gids help kankerpasiënte op hul reis met kanker en help hulle om die siekte beter te kan hanteer (weeklikse eposse).

Strauss sluit af, “Ons bied ook die KankerSorg Hanteringsgids (audioprogramme op CD / in boekvorm) om pasiënte & geliefdes te help om ‘n kankerdiagnose beter te hanteer).

Meer Oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12miljoen jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk.

Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom.

Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte plus een hospitium in Polokwane, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

Vir meer inligting besoek www.cansa.org.za, of kontak KANSA tolvry by 0800 22 66 22 of of stuur ‘n epos na info@cansa.org.za – volg KANSA op Twitter, Facebook, en Instagram. KANSA bied veeltalige ondersteuning aan op  Whatsapp: 0721979305 vir Engels en Afrikaans en 0718673530 vir Xhosa, Zulu, Sotho and Siswati.


« BACK


Do you have a question?