Balanced Lifestyle

‘n Gebalanseerde Leefstyl Gekoppel aan Jou Kankerrisiko

English Press Release

24 Februarie 2017 – KANSA bepleit ‘n gebalanseerde, gesonde leefstyl. Dit kan bereik word deur slim voedselkeuses te maak, gereeld oefening te doen, die handhawing van ‘n gesonde gewig en om tabak en alkohol te vermy. In onlangse studies (deur die World Cancer Research Fund International) is die verband tussen vetsug en 11 kankers bevestig. Hierdie bevindinge beklemtoon die groot rol wat vetsug speel in die verhoging van die risiko vir kanker. Voeding, fisiese aktiwiteit en liggaam samestelling speel ‘n sentrale rol in die vermindering van kankerrisiko.

Eet Slim

“Die handhawing van ‘n gesonde gewig en om te kyk wat jy eet (suiker, sout, alkohol, rooivleis, ens.), is só belangrik vir jou gesondheid. Dit is bewys dat vetsug siekte kan veroorsaak, soos kanker,” sê KANSA se Kliniese Gesondheidspesialis, Prof Michael Herbst.

Om voedseletikette te lees, kan help om ‘n gesonder leefstyl te verseker. Voedseletikette maak mens bewus van porsiegroottes en kilojoules. Dit is belangrik om bewus te wees dat “lae-vet” of “geen-vet” beteken nie noodwendig “lae-kilojoule” nie. Wees op die uitkyk vir voedselprodukte wat ‘n CANSA Smart Choice Seël van Erkenning dra, aangesien dit kan help om ‘n ingeligte keuse te maak.

“Die beperking van rooivleis en geprosesseerde vleis verbruik (bv spek, wors, middagete vleis en worsbroodjies) is ook belangrik vir ‘n gebalanseerde leefstyl. Kies eerder vis, pluimvee, bone, peulgewasse en polse in plaas van rooivleis. Eet ten minste vyf porsies seisoenale vrugte en groente elke dag en drink groot hoeveelhede skoon, veilige water,” sê Herbst. Lees verder…

Die gebruik van tabakprodukte (insluitend hubbly bubbly) is skadelik vir mens se gesondheid en kan lei tot die ontstaan van kanker en ander gesondheidsverwante siektes. KANSA moedig staking van tabakgebruik aan en gee leiding vir die staking van tabakgebruik. Onthouding van alkohol kan ook help met ‘n gesonder lewe.

Ken Suiker – KANSA en die Suiker-belasting

KANSA moedig die publiek aan om hul suikerinname te verlaag.

Hoë suiker-verbruik verhoog insulien vlakke, dit verhoog kilojoule inname sonder enige voedingswaarde en verhoog indirek die risiko van kanker deur die bevordering van vetsug.

Groot bronne van bygevoegde suiker (suiker en stroop wat by kos gevoeg word tydens verwerking en voorbereiding) sluit koeldrank, koek, koekies, pasteie, vrugte pons, suiwel, nageregte, lekkers en sjokolade en ook ‘n paar sport drankies in.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), moet suikerinname nie meer as 10% van mens se daaglikse energiebehoeftes wees nie.

Die probleem van vetsug het gegroei oor die afgelope 30 jaar in Suid-Afrika, met die gevolg dat SA die mees vetsugtige land in sub-Sahara Afrika is. KANSA, as deel van die Suid-Afrikaanse NCD Alliance, ondersteun die indirekte belasting op suiker versoete drank (sugar sweetened beverages – SSBs) met die doel om die vermindering van hul verbruik, soos uiteengesit in die aanbevelings van die Beleidsdokument. Dit is bewys in lande waar belasting op suiker ingestel is, dat dit gelei het tot verminderde versoete drank verbruik.

KANSA het onlangs ‘n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee oor Voorgestelde Suiker-belasting gebied, as deel van die burgerlike samelewing.

Wees Pro-aktief

Dit is nuttig om mens se familiegeskiedenis en die risiko van kanker te ken. “Om jou liggaam te ken, beteken dat jy in staat is om veranderinge en ongewone simptome te herken. Dit sal jou help om te weet wanneer iets vreemds in jou liggaam aangaan en wanneer om professionele mediese hulp te soek,” sê Herbst.

KANSA se Mobiele Gesondheidsklinieke en KANSA Sorgsentra bied ook kankersiftingstoetse aan. Kontak die plaaslike KANSA Sorgsentrum om te sien watter siftingstoetse beskikbaar is.

Daarbenewens word dit ook aanbeveel om vir gereelde ondersoeke en kanker siftingstoetse by ‘n geneesheer te gaan.

Dit is ook belangrik om gereeld selfondersoek vir bors / testikulêre kanker te doen.


« BACK


Do you have a question?