Media Releases & News

Mite: Rook van Waterpyp Gesond

Mite: Rook van Waterpyp Gesond

Hubbly Bubbly is Dodelik

Hubbly Bubbly is Dodelik

English Press Release

“Ons sien met toenemende kommer hoe die gebruik van waterpype, ook bekend as ‘hookahs’ of ‘hubbly bubblies’, al hoe meer gewild word by rokers sowel as nie-rokers en veral onder jongmense,” sê Prof Michael Herbst, Hoof van Gesondheid KANSA as deel van KANSA se bewusmaking-veldtog van ‘Wêreld Geen Tabak Dag” op 31 Mei.

Herbst sê verder: “Daar bestaan ‘n wanopvatting dat die gebruik van ‘n waterpyp, is ‘n modieuse bykomstigheid by baie sosiale byeenkomste, ‘n onskadelike manier bied om ‘n ontspannings-dwelm met geen newe-effekte, met ander te deel. Die waarheid is egter dat waterpyprokers en tweedehandse rokers die risiko loop om siektes op te doen wat deur die rook van sigarette veroorsaak word. Dit sluit kanker, hartsiektes en respiratoriese siektes in, asook die nadelige gevolge tydens swangerskap.” Kyk na “Die Waarheid oor Hookahs” Infografiek en PPT.

Dit is Tyd vir die Waarheid

In teenstelling met die algemene opvatting dat die rook van ’n waterpyp min of geen newe-effekte inhou nie en dat dit minder skadelik as rook van sigarette is, waarsku die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) dat die rook van ‘n waterpyp verskeie gifstowwe bevat wat ongetwyfeld longkanker, hartsiektes en ander siektes veroorsaak. Dit bevat die verslawende dwelm nikotien en soos met die gebruik van ander tabakprodukte, lei die gereelde gebruik tot verslawing. Kyk na die “Hookahs is Dodelik” Feiteblad.

Daarbenewens produseer die houtskool wat verbrand word in die pype gifstowwe met hoë vlakke van koolstofmonoksied en chemikalieë wat kanker veroorsaak.

Herbst vervolg: “Dit beteken dat alle mense wat blootgestel word aan die rook van ‘n waterpyp – ongeag of hulle self die pyp rook of net blootgestel is aan die rook van ander – asem ‘n dubbele dosis gifstowwe in.”

Meer Potensiële Skade

Die WGO het bevind dat ‘n waterpyp-rooksessie, wat gewoonlik tussen 20 en 80 minute duur, kan die roker blootstel aan meer rook (en die skadelike gevolge daarvan) oor ‘n langer tydperk as wanneer ‘n sigaret gerook word.  ‘n Sigaretroker neem gewoonlik 8-12 trekke (40 tot 750ml) aan ‘n sigaret oor ‘n tydperk van ongeveer 5-7 minute en asem 0.5 tot 0.6 liters rook in.  In teenstelling hiermee kan die roker van ‘n waterpyp 50-200 trekke tydens ‘n sessie neem en wat kan wissel van 0.15 tot 1 liter rook per trek. Die roker van ‘n waterpyp kan dus gedurende een rooksessie dieselfde hoeveelheid rook inasem as ‘n sigaretroker wat 100 of meer sigarette rook.

Dit is ‘n Tabakproduk

Die rook van waterpype in openbare plekke is totaal verbode in verskeie gebiede wêreldwyd. Dit sluit die Midde-Ooste en Asiatiese lande in waar die rook van die waterpyp ‘n antieke tradisie en ‘n gewilde, moderne en sosiale tydverdryf en ‘n toeriste-aantreklikheid is.

Verskeie lande in Noord-Amerika en Europa beplan wetgewing teen die rook van waterpype aangesien dit ernstige gesondheidrisiko’s inhou vir gebruikers sowel as vir passiewe gebruikers wat blootgestel word aan tweedehandse rook.

In Suid-Afrika val waterpype en verwante tabakprodukte onder die definisie van ‘n ’tabakproduk’ soos aangedui in die Beheer van Tabakprodukte Wysigingswet (2007). Dit beteken dat die gebruik en verkoop van waterpype moet voldoen aan die regulasies wat van toepassing is op alle tabakproduk in die land. Dit sluit in ‘n verbod op die verkoop van waterpype en verwante produkte aan enigeen onder die ouderdom van agttien jaar. Maak seker jy ken die wet en hou die wat die wet oortree vertantwoordelik daarvoor. Lees meer inligting rondom Tabak en hoe om jou kanker-risiko te verlaag…

Staak Jou Rookgewoonte met e-Kick Butt

KANSA help tabakverslaafdes deur ons ‘eKick Butt’-program – ‘n unieke en gratis aanlyn program wat die roker help om die rookgewoonte te staak. Deur middel van ‘n reeks e-posbriewe, navrae en internet-programme word die roker gelei en gementor, om te verseker dat die stakingsproses ‘n permanente gewoonte word en nie net die periode tussen twee sigarette bly nie. Die program verskaf ook ‘n reeks handige en beproefde hulpmiddels om seker te maak die staking van die rookgewoonte is blywend.

Vrae Wat Dikwels Gevra Word

V: Wat is ‘n ‘hubbly bubbly’?

A: ‘n Hubbly bubbly – ook genoem ‘n hub, hookah, waterpyp, narghile, shisha of goza – is ‘n instrument wat gebruik word vir die rook van tabak wat meestal gegeurd is. Dit bestaan uit ‘n houer wat as basis dien, gewoonlik van glas gemaak, en wat verbind is met een of meer rookuise. Die tabakrook word afgekoel wanneer dit deur die water in die houer beweeg voordat dit ingeasem word.

V: Is waterpyprook nie minder gevaarlik as sigaretrook omdat dit deur water gaan nie?

A: Nee, die water suiwer nie die rook nie. Beide waterpyp- en sigaretrook bevat gifstowwe wat onder andere nikotien, teer, koolstofmonoksied, arseen en lood insluit. Arseen word gebruik in rotgif en koolstofmonoksied is ‘n dodelike gas wat ook in uitlaatgasse van motorvoertuie voorkom. Lood is ‘n neurotoksien waarvan selfs klein hoeveelhede die senuweestelsel kan beskadig. Lood kan ook kinders hiperaktief en geïrriteerd maak en breinskade veroorsaak.

V: Kry ‘n mens nie minder nikotien as jy ‘n waterpyp in plaas van ‘n sigaret rook nie?

A: Die water absorbeer wel van die nikotien, maar rokers van waterpype word steeds aan genoeg nikotien blootgestel om verslawing te veroorsaak. Die roker van ‘n waterpyp neem tussen 50 en 200 trekke in ‘n enkele sessie (wat tussen 20 en 80 minute kan duur), terwyl ‘n sigaretroker ongeveer 10 trekke aan ‘n sigaret neem. Met ander woorde: as jy ‘n waterpyp tydens een sessie rook, is dit moontlik dat jy net soveel nikotien inneem as iemand wat 100 sigarette rook. Die ‘teer’ in tabakrook veroorsaak ook kanker. Die rook wat tydens ‘n gewone waterpyp-sessie vrygestel word, kan tot 36 keer meer teer bevat en omtrent 8 keer meer koolstofmonoksied vrystel as die rook van een enkele sigaret.

V: Is die rook van ‘n waterpyp verslawend?

A: Die rook van ‘n waterpyp kan net so verslawend as dei rook van sigarette wees – rokers van waterpype word ook blootgestel aan die verslawende kwantiteit van nikotien. Sommige  rokers van waterpype ondervind die simptome van verslawing; hulle het ‘n drang om te rook, terwyl hulle sukkel om die gewoonte op te gee en verder ondervind hulle onttrekkingsimptome wanneer hulle dit wel doen.

V: Hoekom is waterpype so gesog onder jongmense?

A: Die soet smaak en aangename geur maak dit makliker om die rook in te asem sonder om te hoes. Die rook van ‘n waterpyp is ook ‘n sosiale en ‘n bevredigende ritueel vir baie. Wat ook verder aangemoedig word deur die heersende mite dat ‘n waterpyp skadeloos is en dat dit nie ‘regte dwelms’ bevat nie.

V: Wat is die langtermyn gesondheidsgevolge van waterpyprook?

A: Wetenskaplikes begin nou eers om die skade te ondersoek wat met die rook van ‘n  waterpyp gepaard gaan. Gegewe die ooreenkoms met sigaretrook, is dit moontlik dat baie tabak-verwante siektes met die rook van ‘n waterpyp verbind kan word.  Dit sluit in skade aan die longe wat asemhaling moeilik en pynlik kan maak. Dit kan kanker van die mond, longe en blaas veroorsaak en kan selfs hartsiektes veroorsaak. Die deel van ‘n waterpyp met ander, kan selfs kieme van ander mense kry. Die bakterie wat tuberkulose veroorsaak sowel as die virus wat koorsblare veroorsaak, kan oorgedra word as ‘n waterpyp gedeel word.

V: Is dit sleg om in dieselfde vertrek te wees waar ander waterpyp rook al word dit nie self gerook nie?

A: Ja, om die lug in te asem in ‘n vertrek waar mense waterpyp rook, stel nie-rokers bloot aan dodelike chemikalieë. Kinders wie se ouers waterpyp rook het ‘n groter kans om longinfeksies op te doen as kinders wat in ‘n rookvrye omgewing grootword.

V: Kan ‘n swanger vrou wat ‘n waterpyp rook, skade doen aan haar baba?

A: Ja. Die koolstofmonoksied en ander gifstowwe word van die ma se bloed na die ongebore baba oorgedra. Om ‘n waterpyp tydens swangerskap te rook, kan dus die fetus se groei belemmer.

V: Bestaan daar ‘n veilige manier om ‘n waterpyp te rook?

A: Daar is geen veilige gebruik van tabak nie. Selfs een trek aan ‘n sigaret of ‘n waterpyp is skadelik vir jou. Hoe meer die gebruik, hoe groter die gesondheidsrisiko.

Omtrent KANSA

Lees verder…

Navrae KANSA

Klik hier…

« BACK


Do you have a question?