Media Releases & News

Maak Jou Merk vir Kankeroorwinnaars

Maak Jou Merk vir Kankeroorwinnaars

Engelse Persvrystelling

Kedibone Bonoko (Internasionale Heldin van Hoop) en Lucinda Carter (KANSA), kanker oorwinnaars.

5 Mei 2012 – Internasionale Kankeroorwinnaarsdag word op 3de Junie oor die wêreldwyd gedenk. Ter ere van kankeroorwinnaars – elke persoon wat hierdie woorde, “Jy het kanker”, gehoor het – moedig die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) alle Suid-Afrikaners aan om standpunt in te neem teen kanker deur aan te sluit by ons ‘Maak Jou Merk’ projek.  Op hierdie spesiale dag beoog KANSA om boodskappe van hoop, ondersteuning en koestering aan kankeroorwinnaars en hulle families te bring. 

Hoe kan jy jou merk maak?

Maatskappye en individue word aangemoedig om enige KANSA Sorgsentrum te besoek en met ‘n permanente inkmerker (wat voorsien word) boodskappe aan kankeroorwinnaars op ‘n stuk materiaal aan te bring. Hierdie stukke materiaal sal aanmekaar geheg word om tafeldoeke, voorskote, gordyne, dekens en kussingslope te vervaardig vir gebruik in KANSA Sorgtuistes en KANSA sentra dwarsoor die land. Dit sal verseker dat jou spesiale boodskap gelees sal word deur diegene wat behandeling en versorging ontvang en dit so nodig het om bemoedig te word om die stryd teen hierdie siekte vol te hou.  Elke persoon wat aan hierdie projek deelneem sal ‘n sertifikaat van erkenning van KANSA ontvang.

KANSA nooi ook die publiek om boodskappe van hoop aanlyn te plaas op KANSA se ‘Champions of Hope’ Facebook groep wat gewy word aan kankeroorwinnaars.

“KANSA strewe daarna om oorwinnaars te bemagtig om die goeie stryd te stry terwyl hulle ‘op reis’ is met kanker,” sê Sue Janse van Rensburg, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte (HUB) en self ‘n kankeroorwinnaar van meer as 28 jaar.  “Alhoewel meer mense deesdae kanker oorwin weens vroeë opsporing en beter behandeling wat nou beskikbaar is, impliseer die toename in die getalle kankeroorwinnaars, hulle gesinne en gemeenskappe dat die behoefte aan ons ondersteuning ook baie groter word.”

KANSA gebruik die Internasionale Relay For Life (RFL) ‘Heroes of Hope’ program as ‘n middel om hierdie ondersteuning te bied.  Dit is ‘n inisiatief waar kankeroorwinaars as ‘Helde van Hoop’ aangewys word uit alle lande wat aan die Internasionale Relay For Life beweging deelneem. Vanjaar het Suid-Afrika drie verteenwoordigers:  Kobus Smit (Mosselbaai), Obie Woolward (Worcester) en Kedibone Bonoko (Gauteng).   “As kragdagige getuies van oorlewing en sterkte, het hierdie helde nou ook die geleentheid om die boodskap van deursettingsvermoë en moed  aan kankeroorwinnaars oor die hele wêreld uit te dra.  As KANSA-ambassadeurs sal hulle hopelik deelname aan die RFL beweging bevorder en bewustheid van KANSA se lewensveranderende fokus en werk”, sê Janse van Rensburg. Lees meer omtrent Relay For Life by www.relayforlife.co.za

KANSA se ver-reikende gesondheidsprogramme sluit voorkomings- en opleidingsveldtogte in, sowel as pasiëntesorg en –ondersteuning.  Hulle ondersteun kankeroorwinnaars en hulle families en vriende verder deur dienste soos ons stoma- en limfedeemklinieke, mediese toerustinghuur, dagsorg, ondersteuningsgroepe en Sorgtuistes. Lees meer…

Janse van Rensburg sluit af met hierdie boodskap:  “Ons doelwit is om te verseker dat kankeroorwinnaars en hulle geliefdes nie die stryd teen kanker alleen in die gesig hoef te staar nie.  Ons is hier om hulle met elke tree van hulle kanker rys te ondersteun.” Laai boodskappe van HOOP af: 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8.

Omtrent KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en aan almal wat deur kanker geraak word. As ‘n   leidende rolspeler in kankernavorsing (met meer as R6 miljoen jaarliks gespandeer op navorsing)  word die wetenskaplike bevindings en kennis opgedoen deur ons navorsing aangewend om ons gesondheidsprogramme te rig en ons waghondfunksie tot groter voordeel van die publiek te versterk.

Ons ver-reikende gesondheidsprogramme sluit ook in voorkomings- en opleidingsveldtogte in, KANSA Sorgsentra  met stoma- en limfedeemklinieke, mediese toerustinghuur, tolvry lyne en die ondersteuning aan kinders en hulle gesinne wat deur kanker geraak is.  Pasiëntesorg en –ondersteuning vind plaas by die 11 KANSA Versorgingstuistes in die groot metropolitaanse gebiede en by een hospitium (in Polokwane) vir plattelandse kankerpasiënte, asook by KANSA se TLC-verblyfsentra vir ouers van pediatriese onkologie pasiënte.

Omtrent Relay For Life

Relay For Life (RFL) is ‘n genotvolle deurnag-ondervinding (gerëel deur ‘n vrywilliger-komitee) waartydens spanlede beurte neem om reg deur die nag om die baan te loop in ‘n poging om die stryd teen kanker te ondersteun. Relay het in 1985 in die VSA afgeskop toe Dr Gordy Klatt, ‘n kolo-rektale  sjirug van Tacoma, Washington in die VSA, vir 24 uur om die baan geloop en gedraf het om geld in te samel vir die Amerikaanse Kankervereniging (ACS). Sedertdien het Relay gegroei van ‘n enkele man se passie om kanker te beveg na die wêreld se grootste beweging teen hierdie siekte.

Elke jaar kom gemeenskappe uit 23 lande oor die wêreld heen (insluitende Suid-Afrika) byeen om deel te neem aan hierdie wêreldwye beweging om fondse in te samel en bewustheid te bevorder vir die stryd teen kanker.  By meer as 70 Relay geleenthede in Suid-Afrika vier gemeentskappe die lewens van diegene wat teen kanker stry, gedenk geliefdes wat die stryd verloor het en verbind hulleself daartoe om hierdie siekte te help beveg.

Relay For Life skop af met ‘n aangrypende Oorwinnaars-rondte wat die moedigheid van almal wat deur kanker geraak word, vereer.  Kankeroorwinnaars (enigeen wat al ooit met kanker gediagnoseer is) neem deel aan hierdie openingsrondte – verenig in oorwinning en hoop.  Die atmosfeer van Relay is een van kameraderie en feesviering. Dit verskaf aan kankeroorwinnaars en hulle versorgers die geleentheid om die fakkel van hoop oor te dra aan almal om hulle wat deur kanker geraak word, asook hulle wat in die toekoms dalk deur kanker geraak mag word.

Navrae KANSA

Vir verdere inligting, kontak gerus vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA of epos: lbalona@cansa.org.za, skakel 011-616 7662 of sel: 082 459 5230.  Of besoek www.cansa.org.za or skakel KANSA tollvry 0800 22 66 22, of epos: info@cansa.org.za


« BACK


Leave a Comment

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment from showing. There is no need to resubmit your comment.
Comments will be made public, should they be approved.


Do you have a question?