Fundraising Events & Projects

Liedjieskrywers vir KANSA in die Stryd Teen Kanker

Liedjieskrywers vir KANSA in die Stryd Teen Kanker

23 Julie 2013: KANSA in samewerking met SON Recordings en die ATKV stel met trots bekend die ‘Liedjieskrywers vir KANSA in die Stryd Teen Kanker’ CD. Wanneer jy op die webtuiste www.cansa.org.za kliek en na die magdom inligting kyk wat daar beskikbaar is, sien jy die eerste druppel in die emmer van ‘n organisasie wat nie alleen opvoed, inlig en navors nie, maar ook ondersteun, opbou, herbou en bystaan.

Daar is verskeie faktore wat so ‘n organisasie dryf, onder andere: ‘n toegewyde span, onbaatsugtige passie en noodgedwonge rande en sente. Dis hier waar elkeen die hoed moet afhaal vir instansies soos SON RECORDINGS en die ATKV. Hulle het hul steun, talent en vaardigheid saamgevoeg om bankvas stelling in te neem en ‘n bydrae te lewer. Met ‘n toegewyde span kunstenaars wat elkeen onbaatsugtige passie aan die dag lê het hulle ‘n spesiale CD opgeneem – en elke sent van die R100 per CD wat uit verkope gemaak word gaan aan KANSA.

Hoe het die CD ontstaan?

Die gedagte aan ‘n spesiale CD het by Salome Smith-Taljaard ontstaan pas nadat sy as een van Crescendo se liedjieskryf finaliste behoefte gehad om iets ‘meer’ te doen. Haar betrokkenheid by fondsinsameling vir die Kankervereniging het haar uiters bewus gemaak dat kanker ‘n realiteit is wat ons almal raak, hetsy direk of met ‘n ompad. Sy het begin woeker en sommer gou ‘n hele spul kunstenaars betrek wat almal behoefte gehad het om op hierdie tasbare wyse dank te betuig vir die talent wat hulle ontvang het en dadelik die wonderlike projek aangegryp het as ‘n spesiale geleentheid om iets vir ander te doen.

Die CD bevat 13 snitte wat elk met liefde en sorg uitgesoek is om ‘n lekker-luister album daar te stel. Musiek is die enigste ware universele taal en die boodskap wat met hierdie CD uitgaan is hartsgoed.

  • Douw Steyn het die opnames behartig en bied met sy kundigheid ‘n professionele platform vanwaar hierdie kunstenaars hulself kan bekendstel.
  • Luister ook met lus en uiterste genot na snit 7, Glo asook Man wees (snit 11) … Pieter West en Douw Steyn is uitmuntend.
  • Lize Beekman het ingestem om beskermvrou van hierdie CD  te wees en het ook letterlik haar stem bygevoeg op Snit 13, I Pray for you. Daar is baie woorde om haar vertolking te beskryf, maar ek gaan net een gebruik: HOENDERVLEIS.
  • ‘n Baie spesiale verrassing wag vir die luisteraar op snit 4, Liefde. Die kunstenaar is Monica Maree, dogter van die geliefde en ontslape Lucas.

Uiteindelik moet ‘n mens halt roep wanneer jy oor ‘n CD skryf, want die persoon wat die CD in die speler plaas moet verras word en ‘n eie opinie en konnotasies vorm. Ter afsluiting dus: Deur hierdie CD aan te koop ondersteun jy nie net ‘n wonderlike saak nie, jy sorg sommer vir jou eie sielskos, geestelike gesondheid en suiwer plesier. En dis ‘n winskoop!

Die amptelike CD Vrystelling het plaasgevind op 25 September 2013 by St Andrews Signature Hotel & Spa te Bedfordview. Die geleentheid word aangevul deur ‘n deurnag konsert op Saterdag, 5 Oktober 2013 by die CANSA Relay For Life Corporate op die Denel gronde in Irene.

Waar kry ek die CD in die hande?

Vir meer inligting skakel asseblief vir Salome Smith: Nasionale Projekbestuurder, by KANSA 011-616 7662 of stuur ‘n epos aan: ssmith@cansa.org.za.

Meer oor KANSA

Lees meer…

Navrae KANSA

Klik hier…

« BACK


Leave a Comment

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment from showing. There is no need to resubmit your comment.
Comments will be made public, should they be approved.


Do you have a question?