Fundraising Events & Projects

Laat Jou Voete vir Jou Hart Praat – Tekkie Tax Dag 27 Mei 2016

Laat Jou Voete vir Jou Hart Praat – Tekkie Tax Dag 27 Mei 2016

English Press Release

26 April 2016 – Dit is die derde Nasionale Tekkie Tax Dag op Vrydag 27 Mei 2016 en die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) is trots om ‘n amptelike begunstigde in die onderrig (education) kategorie te wees.

Mense kan ondersteuning toon vir enige van die 200 nasionale nie-winsgewende organisasies wat aan die veldtog deelneem, wat die volgende sektors verteenwoordig: diere – bring hoop, kinders, onderrig en gestremdhede.

Ondersteun KANSA

Fondse word ingesamel uit die verkope van plakkers teen ‘n R10 donasie en ‘n paar skoenveters (bekend as Tekkie Tags) teen R35, om saam met jou tekkies te dra op Vrydag 27 Mei. Items is beskikbaar by alle Clicks of Toys R Us winkels, asook by KANSA Sorgsentra landswyd.

Education 05 postKANSA Verminder Kanker-risiko d.m.v. Onderrig

Maria Scholtz, KANSA Hoof van Volhoubaarheid sê: “Ons is opgewonde om weer betrokke te wees. Hierdie veldtog gee jou die geleentheid om met jou ‘voete’ te wys waar jou hart lê. Vir KANSA, is onderrig so belangrik. Deel van ons missie is om mense in te lig oor die belangrikheid van vroeë opsporing en hoe om ‘n gesonde lewenstyl te handhaaf, om die risiko van kanker te verminder. So, deur ondersteuning te toon en plakkers en Tekkie Tags te koop, help jy KANSA om ‘n gemeenskap te bou sonder kanker.”

Sy sluit af: “Ons hoop om baie mense te sien wat die ‘onderrig’ plakker en hul Tekkie Tags op Vrydag 27 Mei dra. En asseblief deel jou foto’s op KANSA se aanlyn-platforms, om jou ondersteuning te toon.”

Vir meer inligting oor Tekkie Tax, besoek gerus www.tekkietax.co.za

 

« BACK


Do you have a question?