Fundraising Events & Projects

Kunstenaars van Greenside Ateljee samel Fondse in vir Kanker Ondersteuningsprogramme

English Media Release

2 Mei 2018 – KANSA nooi kunsliefhebbers om die werk van talentvolle kunstenaars te kom besigtig, en te koop vir ‘n goeie doel.

‘n Versameling kunswerke deur ‘n groep kunstenaars wat verbonde is aan die Johannesburg Greenside Ateljee van Renee Blom, word in Mei deur KANSA uitgestal.

Die uitstalling met die tema ‘Afrika Tonele, Landskappe, Sonsondergange, Blomme en ander Eksotiese Plekke’, kan besigtig word by die Brooklyn Teater, Greenlyn Village, Menlo Park, Pretoria, vanaf 17 Mei tot 18 Junie 2018.

Kunstenaars wie se werke uitgestal sal word: Renee Blom, Marion Scher, Aspasia Callinicos, Theo van Stryp, Babs Putar en Barbara Breed.

Munnik Marais, KANSA se Korporatiewe Verhoudings Bestuurder vertel: “Dis ‘n wonderlike geleentheid wat ons kan benut om kanker bewustheid en opvoedkundige boodskappe met die publiek te deel. ‘n Persentasie van die inkoms van kunswerke wat verkoop word, sal geskenk word aan KANSA se ondersteuningsprogramme vir mense wat deur kanker geraak is. Baie dankie vir jul besorgdheid oor die mans, vrouens, seuns en dogters wat moeilike omstandighede verduur as gevolg van kanker.

Die uitstalling kan vanaf 09h00 tot 17h00 (17 Mei tot 18 Junie 2018) besigtig word.

 (Vir meer inligting skakel asseblief vir Munnik Marais by KANSA of stuur ‘n epos aan: mmarais@cansa.org.za of skakel 011 616 7662 of sel: 083268 8701)

Vir meer inligting besoek www.cansa.org.za, of kontak KANSA tolvry by 0800 22 66 22 of of stuur ‘n epos na info@cansa.org.za – volg KANSA op Twitter, Facebook, en Instagram. KANSA bied veeltalige ondersteuning aan op Whatsapp: 0721979305 vir Engels en Afrikaans en 0718673530 vir Xhosa, Zulu, Sotho and Siswati.

Meer Oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12miljoen jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk.

Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom.

Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte plus een hospitium in Polokwane, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.


« BACK


Do you have a question?