About CANSA

Kom Vier KANSA se 85ste Herdenking by Greenlyn Village Sentrum

Kom Vier KANSA se 85ste Herdenking by Greenlyn Village Sentrum

English Press Release

KANSA is opgewonde en trots om saam met Greenlyn Village Sentrum KANSA se 85ste herdenking in die stryd teen kanker te vier!

As deel van die veldtog om hierdie besonderse prestasie te vier, wy KANSA die maand van Augustus toe om KANSA se diens en mylpale mee te deel. Dit sluit in ‘n reeks van aktiwiteite en gebeurtenisse gedurende Augustus 2016, wat plaasvind by die Greenlyn Village Sentrum en Brooklyn-teater.

Hoop Kunsuitstalling 28 Julie tot 28 Augustus 2016

As deel van KANSA se 85ste herdenking in die stryd teen kanker, bied KANSA ‘n kunsuitstalling by die Brooklyn Teater aan. Dit word geopen op Donderdag 28 Julie teen 19:00 en sal oop wees vir besigtiging tot 28 Augustus. Die Hoop Kunsuitstalling gee plaaslike Suid-Afrikaanse kunstenaars die platform om hul werk ten toon te stel. KANSA ontvang 20% van alle kuns verkope, wat gaan aan die voorsiening van gesondheidsdienste bewusmakingsmateriaal en vroeë opsporing programme in die plaaslike gemeenskappe.

Die uitstalling sluit kunswerke van bekende kunstenaars, sowel as nuwe ‘up and coming’ kunstenaars in, soos Adriaan Diedericks, Marthinus Höll, Magriet van Loggerenberg, Munnik Marais, Michael Heyns, Minette van Rooyen, Floris van Zyl en Saskia Tom.

Vrouedag Viering 9 Augustus 2016 in Vennootskap met Brooklyn Teater

KANSA vier Vrouedag deur kankersifting aan te bied vir all dames tydens die bekendstelling van die Afrikaanse DVD – ‘Pieter en wat Wolf. Gratis Kliniese Borsondersoeke en Gesonde Lewenstyl Risikobepalings word aangebied 10:00-13:00. Bring jou kinders en kom ontmoet Toktokkie.

Johan Botha Internasionale Tenoor 18 Augustus 2016 Brooklyn Teater 19:00

KANSA is trots om deel te wees van die wonderlike tenoor, Johan Botha se Suid-Afrikaanse toer. Nadat hy met kanker gediagnoseer is net meer as ‘n jaar gelede, is Johan Botha as gesond deur sy dokters verklaar en vier hy die lewe deur terug te keer huis toe om ‘n reeks konserte op te voer. Hy is verheug om gesond te wees en kanker te oorleef het en gee hierdie spesiale tuiskoms konserte ten bate van KANSA se 11 Sorgtuistes. Kry jou kaartjies by Brooklyn Teater vir 18 Augustus in Pretoria.

KANSA Uitstalling by Greenlyn Village Sentrum elke Saterdag in Augustus 2016 (Begin 6 Augustus 2016)

Wys jou ondersteuning vir KANSA se 85ste herdenking en besoek die KANSA uitstalling elke Saterdag in Augustus. KANSA gaan beperkte uitgawe bekers, KANSA Wraps, Relate armbande, sleutelhouers en Lush pienk haarverlengings verkoop, sowel as opvoedkundige kanker inligting te verskaf, om jou te help om jou kankerrisiko te verminder. Jy kan ook deelneem aan die ‘Paint by Numbers ‘doek projek.

KANSA 85ste herdenking aandete by Zest Bistro op 30 Augustus 2016

‘n Spesiale aandete ter ere van KANSA se 85ste herdenking word aangebied deur Zest by die Greenlyn Village Sentrum. Besonderhede om te volg…

Hoe Besoekers KANSA kan Ondersteun gedurende Augustus 2016:

  • Koop ‘n KANSA beker teen R40 elk
  • KANSA sleutelhouers teen R20 elk
  • KANSA Relate armband teen R40 elk
  • Maak ‘n aanlyn donasie via Snapscan – veilig en maklik!

Navrae

Lucy Balona (KANSA se Hoof Bemarking en Kommunikasie) – epos: lbalona@cansa.org.za

« BACK


Do you have a question?