CANSA Upington Care Centre

Kleuterskole in Kuruman leer: ‘n Appel ‘n dag…

Kleuterskole in Kuruman leer: ‘n Appel ‘n dag…

 

Ons ry daagliks verby verkeersligte sonder om so daaraan te dink… Die rooi, geel en groen is ‘n baie goeie voorbeeld van hoe ‘n gesonde bord kos se groente moet lyk! Baie belangrik om in ag te neem is dat die groente en vrugte in die binnekant ook, rooi, geel of groen moet wees, vir optimale vitamine opname. Hierdie belangrike gesondheidsboodskap was aan die leerders van Miekie & Mienie kleuterskool sowel as Bambi Pre-primary van Kuruman oorgedra deur KANSA (Die Kanker Vereeniging van Suid Afrika).

Elke leerder het ‘n inkleurprentjie van KANSA gekry, ‘n gebottelde water en ‘n appel. Baie dankie aan Enid van Perfect Water, asook Spar – Kuruman, vir die versnapperings. Die ou spreekwoord lui, ‘n appel ‘n dag, hou die dokter op wag…  So het die kleuterskool leerlinge ‘n gesonde boodskap huis toe geneem.

Indien jy betrokke wil raak by KANSA, kontak vir Lizanie by lwall@cansa.org.za.

Klik op foto’s om groter weergawes en beskrywings te sien:


« BACK


Do you have a question?