CANSA Care Homes

KANSA Sorgtuistes – “Dit Voel Soos Huis”

KANSA Sorgtuistes – “Dit Voel Soos Huis”

English Press Release

June 2017 – KANSA bied ‘n wye verskeidenheid van ondersteunings- en sorgdienste aan kankerpasiënte en hul gesinne. Een sodanige ondersteuningsdiens is die KANSA Sorgtuistes, waarvan daar 11 in hoofstedelike gebiede in Suid-Afrika is. Hulle bied huis-weg-van-die-huis akkommodasie aan pasiënte wat kankerbehandeling ondergaan op ‘n buitepasiënt basis naby onkologie-klinieke wat ver van pasiënte se tuistes geleë is.

“Ons pasiënte vind soveel troos om op ‘n plek te bly waar ander mense in dieselfde situasie is. Die ondersteuning wat hierdie pasiënte mekaar bied is ongelooflik. Ons personeel by die Sorgtuistes bied ook individuele berading en ondersteuningsgroepe aan vir die pasiënte wat by die Tuistes bly en verstaan hul spesiale fisiese- en emosionele behoeftes tydens kankerbehandeling. Ons vind dat die belangrikste aspek van kankerbehandeling ‘n goeie ondersteuningstelsel is – en dit is presies wat ons bied,” sê Gerda Strauss, Hoof van Dienslewering van KANSA.

Gaste by ons KANSA Sorgtuistes regoor die land bly vir gemiddeld ses weke, terwyl hulle behandeling ondergaan. Dit maak behandeling baie meer toeganklik vir pasiënte wat nie naby onkologie klinieke woon nie. Terwyl pasiënte by die Tuistes bly, ontvang hulle ook voedsame etes. Vervoer tussen die Sorgtuistes en die behandelingsentrums word ook aan die kankerpasiënte gebied, wat die behandeling selfs nog toegankliker maak. Dit maak die herstel makliker vir pasiënte, aangesien hulle nie meer spanning het om vervoer te soek terwyl hulle siek is nie. “Met die hoë besetting en oorvol hospitale, beklemtoon dit die waarde van ons Sorgtuistes en die feit dat ons akkommodasie aan buite-pasiënte kan bied,” sê Strauss.

Mzonke Magqazolo, ‘n voormalige Marikana myner het teen alle kanse geveg toe hy met keelkanker gediagnoseer was en daar gesê was hy het net ‘n paar maande oor om te leef. “Om ‘n mens voor te berei vir die dood is uiters emosioneel, maar ek het troos by die KANSA Sorgtuiste gevind en dit was werklik ‘n huis-weg-van-die-huis. Hulle het my met kwaliteit sorg ‘n warm en vriendelike omgewing voorsien. Hulle het nooit opgegee op my nie,” sê Mnr Magqazolo.

KANSA bied aanlyn ondersteuning deur verskeie platforms – Facebook ondersteuningsgroepe, en aanlyn ondersteuningsprogramme soos die iSurvivor Program. KANSA bied ook inligting en ondersteuning met die KankerSorg Hanteringsgids (audio CD of boekie). Hierdie Hanteringsgids bied praktiese advies aan individue, hul geliefdes, versorgers en vriende om die kankerreis te verlig en beheer te neem deur ingeligte keuses te maak.

“Nog ‘n dienslewering by sommige van die Sorgtuistes is ons mediese uitleen toerusting. Ons het verskeie mediese toerusting wat pasiënte kan huur, dit sluit in rolstoele, looprame, pruike, hospitaalbeddens, kommodes, eierdop matrasse, skaapvelle, ens.” sê Strauss.

Arnold Bezuidenhout deel sy ervaring by een van die Sorgtuistes: “Dit voel soos ‘n huis, sonder om die skottelgoed te doen of tuin te maak. Al die personeel is so positief en vreeslik behulpsaam.”

Gerrit Pretorius deel sy dankbaarheid om sy ma by een van KANSA se Sorgtuistes te huisves; “Al die personeel was so professioneel, liefdevol en respekvol. Dankie aan die kombuispersoneel vir die heerlike etes – my ma kon nie ophou praat oor hul vriendelikheid en behulpsame natuur nie. My ma het ook die vervoer waardeer, wat deur sulke bevoegde personeel gelewer is – daarsonder sou my ma nie haar behandeling kon ontvang nie.”

Besoek www.cansa.org.za vir meer inligting oor al die KANSA Sorgtuistes en beskikbare dienste.

Meer Oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12 miljoen jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk.

Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom.

Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte plus een hospitium in Polokwane, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae

Vir meer inligting besoek www.cansa.org.za, kontak KANSA tolvry by 0800226622 of stuur ‘n epos aan info@cansa.org.za – volg KANSA op Twitter | Instagram en sluit aan by KANSA op Facebook


« BACK


Do you have a question?