Media Releases & News

KANSA se SonSlim Veldtog – Wees dié Somer Slim in die Son

KANSA se SonSlim Veldtog – Wees dié Somer Slim in die Son

Untitled-2 AFR.cdrEnglish Press Release

27 October 2016 – Warm weer moedig mense van nature aan om meer tyd in die buitelug deur te bring. Geniet jou somer, sê KANSA, maar wees verstandig en onthou ten alle tye om jou vel te beskerm teen die vuurwarm son van Afrika.

Elke jaar gedurende die warm somermaande maak KANSA mense opnuut weer bewus van velkanker. KANSA se SonSlim-veldtog waarsku Suid-Afrikaners elke jaar teen die gevare van oormatige blootstelling aan die son. Sien Infografiek… en Skyfievertoning

Die SonSlim- veldtog vind plaas vanaf middel November tot Januarie. Dit sluit die einde van die jaar se vakansietydperk in. Die veldtog fokus op strande, vakansieoorde, die werksplek en skoolaktiwiteite en verskaf aanlyn inligting op KANSA se sosiale aanlyn platforms.

“Die meeste Suid-Afrikaanse mense is lief vir die buitelewe, veral hierdie tyd van die jaar, ” sê KANSA se HUB, Elize Joubert. “Ons SonSlim titel sê alles in ‘n neutedop – ons sê geniet jou somervakansie, maar wees slim sodat jy nie skade aan jouself en veral jou vel doen nie. Ons almal moet bewus wees van die skade wat die son kan aanrig, maar ons hoef nie die son te vrees nie. Jy kan nog steeds die buitelug geniet, maar jy moet slim wees om nie jouself te verbrand nie. Sonbrand is baie seer en gevaarlik. Wees SonSlim en geniet die son omdat jy jou vel teen die son beskerm het. ”

Untitled-2 AFR.cdrVoorkoms van Nie-Melanoom en Melanoom Velkankers Styg

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) bly die voorkoms van beide nie-melanoom en melanoom velkankers gedurende die laaste paar dekades styg. Elke jaar word ongeveer 20 000 Suid-Afrikaners met nie-melanoom velkankers gediagnoseer en ‘n bykomende 1 500 word gediagnoseer met melanoom. Die (WGO) skat dat ‘n 10% afname van osoonvlakke sal lei tot ‘n bykomende 300 000 nie-melanoom en 4 500 melanoom velkankers wat gediagnoseer kan word.

Daar is twee hoof kategorieë van velkanker – melanoom en nie-melanoom. Melanoom, kom minder voor as nie-melanoom kanker, maar melanoom kanker is die mees gevaarlike velkanker. Nie-melanoom velkanker bestaan hoofsaaklik uit ‘Basaalselkarsinoom’ (BCC) en Plaveisel Karsinoom’ (SCC). BCC is die mees algemene kanker en minder gevaarlik. (Lees ons velkanker feiteblaaie hier…)

Wie is in Gevaar?

Mense met ‘n hoë risiko vir velkanker, is die volgende:

  • Mense met ‘n ligte velkleur wat maklik brand in die son
  • Mense met ‘n persoonlike of familiegeskiedenis van velkanker
  • Mense met baie moesies – meer as 50
  • Mense wat behandel word met middels wat die immuunstelsel onderdruk

As jou risiko vir velkanker hoog is, behoort die beskerming van jou vel ‘n hoë prioriteit te wees. Daarbenewens is dit goed vir jou om soveel as moontlik vitamien D in te kry van ander bronne behalwe die son – soos jou dieet en aanvullings.

Hoe Weet jy of jy Velkanker het of nie?

Jy het nie X-strale of bloedtoetse nodig om uit te vind of jy reeds vroeë tekens van velkanker het nie – jy het net jou oë en ‘n spieël nodig.

As jy velkanker het, is die vroeë opsporing daarvan van kardinale belang om seker te maak dat jy so gou as moontlik suksesvolle behandeling kan kry.

Kyk ten minste een keer elke maand na die moesies op jou lyf en ondersoek hulle deeglik. Vra ‘n familielid om na die moesies op jou rug en bo-op jou kop te kyk. As jy enige van die volgende A,B,C,D of E Gevaartekens sien, moet jy onmiddellik ‘n dokter of ‘n dermatoloog gaan sien:

ASimmetrie: ‘n moesie of ‘n merk wat nie simmetries dieselfde is nie – dit is as die helfte van die moesie nie lyk soos die ander helfte nie. Gewone en onskadelike moesies is rond en simmetries.
BOrde en ongerymdheid: geskulpte of swak gedefinieerde rande. Gewone en onskadelike moesies het gladde en gelyke rande.
CKleurvariasies en teenstrydige voorkoms: ligte bruin, bruin,, swart, rooi en blou. Gewone en onskadelike moesies is gewoonlik een kleur – bruin of swart.
DDiameter: groter as 6 mm.
vErandering: in die vorm, kleur of rand van die moesie.

“Die kernboodskap is dat elke mens ‘n risiko het om met velkanker gediagnoseer te word. Dit maak nie saak hoe oud jy is nie, wat die kleur van jou vel is nie of waar jy woon nie,” sê Joubert. “Jy is self verantwoordelik om jou risiko van velkanker te verminder. Maak doodseker dat jy jou vel beskerm teen die son, gaan jou familiegeskiedenis en jou familie se tipe vel na en ondersoek jou moesies elke maand.”

Untitled-2 AFR.cdr

Voorkomende maatreëls sluit die volgende in: volg ‘n dieet wat ryk is aan antioksidante, omega-3 vetsure, vrugte en groente. Dit dra alles by tot die stryd teen vrye radikale, wat die risiko van die groei van kankerselle verlaag. Smeer gereeld sonskerm aan jou vel (SPF van 20 – 50) – afhangende van jou tipe vel. Mense met ‘n ligte velkleur het ‘n groter kans om met velkanker gediagnoseer te word, maar mense met ‘n donkerder velkleur moenie dink dat dit vir hulle onmoontlik is om velkanker op te doen nie. ‘n Donkerder velkleur bevat wel meer beskermde melanien pigment en die voorkoms van velkanker by mense met ‘n donkerder velkleur is minder. Dit is egter belangrik om te onthou dat velkanker op ‘n latere stadium van jou lewe opgespoor kan word en dan dit is die kanker gewoonlik al in ‘n gevorderde en gevaarlike fase.

Untitled-2 AFR.cdr

Onthou ook dat daar geen wetenskaplike bewyse bestaan dat middels wat jou sonder die son sal verbruin, die vervaardiging van melanien in die vel stimuleer nie en die middels verskaf geen beskerming teen die gevaarlike ultraviolet strale van die son nie”, sê Joubert.

Sifting

KANSA beskik oor vyf FotoFinders, ‘n apparaat wat gebruik word om moesies te bestudeer om die risiko van melanoom te verlaag. Elke kliënt met verdagte velskade word verwys om ‘n intensiewe evaluering van sy of haar vel te ondergaan. Ondersoeke en siftingstoetse vir velkanker is beskikbaar by sommige KANSA SorgSentrums.

« BACK


Do you have a question?