Media Releases & News

KANSA Navorsing in Aksie

KANSA Navorsing in Aksie

English Press Release

Julie 2015 – KANSA en die Universiteit van Stellenbosch (wat die Kankerinstituut van Afrika insluit) gaan op 14-16 Julie 2015 ‘n ‘Navorsing in Aksie’ Konferensie in Stellenbosch in die Wes-Kaap aanbied. KANSA se doel is om die Suid-Afrikaanse navorsingsgemeenskap bymekaar te bring om met mekaar te beraadslaag oor wat deur navorsing oor kanker bereik is en om maniere te vind om die impak van kanker te verminder.

Elize Joubert, KANSA se Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte, sê: “Ons is gemotiveerd om ons mense wat toekennings vir kankernavorsing gekry het, mense wat navorsing oor kanker doen, professionele verenigings, verteenwoordigers van die Nasionale Departement van Gesondheid en mediese gesondheidsgroepe wat begaan is oor kankernavorsing bymekaar te kry. Ons sal aandag skenk aan die huidige mees algemene kankers in Suid-Afrika – borskanker, servikale kanker en prostaatkanker en daar sal ook aanbiedings gelewer word aangaande die studie van die verspreiding en beheer van kanker, vroeë diagnose van kanker, vermindering van kankerrisiko, basiese molekulêre studies, die behandeling van kanker sowel as rooibostee en natuurlike chemikalieë wat die risiko van kanker verminder.”

Research Leaflet PRINT.cdr

Al KANSA se tipe A gesubsidieerde navorsers (projekte wat hoofsaaklik fokus op epidemiologie, vroeë opsporing en die vermindering van kankerrisiko) sal hul navorsing en bevindinge in sewe sessies aanbied. Dit sal ‘n omvattende siening bied oor KANSA se geborgde navorsing by universiteite. Die konferensie sal afgesluit word met ‘n paneelbespreking met betrekking tot “Die Toekoms van Kankernavorsing in Suid-Afrika” deur paneellede van die Kanker Instituut van Afrika, Nasionale Departement van Gesondheid, SA Mediese Navorsingsraad sowel as KANSA se voormalige en nuwe Hoofde van Navorsing.

Die konferensie sal ook ‘n aanbieding bevat oor KANSA se Tipe B navorsing wat meestal handel oor projekte rakende karsinogene (kankervormende middels) in die omgewing. Hierdie navorsing word deur KANSA self behartig en dit word gedoen in samewerking met gevestigde navorsingsinstellings om resultate te lewer wat as geheel uitsluitlik aan KANSA behoort. Die resultate word gebruik om KANSA se rol as “waghond” te onderskryf en die doel daarvan is om die publiek en die verbruiker te beskerm en raad te gee oor maniere oor hoe om die risiko van kanker te verminder. KANSA toets en evalueer ook produkte en gee erkenning aan produkte wat aan die vereistes voldoen met die toekenning van die KANSA Seël van Erkenning.

As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing is KANSA een van die baie min openbare organisasies in Suid-Afrika wat volhoubare befondsing aan navorsing bestee. Hierdie fondse, wat hoofsaaklik aan KANSA geskenk word deur erflatings, word deur kundiges bestee vir die gebruik van navorsing binne KANSA.

Joubert voeg by: “Omdat kanker ‘n groot gesondheidsgevaar bly, is opvoeding en vroeë opsporing twee van die mees koste-effektiewe en langtermyn strategieë vir die beheer van kanker en vir die verlaging van die risiko van kanker. KANSA maak seker dat die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur navorsing ingewin word, gerig word om ons in staat te stel om op voorspraak te fokus (ons rol as waghond) en om ons gesondheidsorg en sorg- en ondersteuningsprogramme te versterk tot groter voordeel van die publiek. Ons tipe A navorsing dek ‘n wye veld van kankernavorsing en word gewoonlik behartig deur produktiewe en energieke jong wetenskaplikes.”

KANSA se beleid is om nie die ontwikkeling van anti-kanker middels te befonds nie omdat dit geweldig duur is, omdat dit meestal net moontlik is in ontwikkelde lande en aanvaar ook geen befondsing van farmaseutiese instansies nie sodat sy navorsingsuitsette onafhanklik sal bly.

Klik hier vir meer inligting en om die hele program te sien – registrasies gesluit…

« BACK


Do you have a question?