CANSA Upington Care Centre

KANSA Mobiele Kliniek in Kuruman

KANSA Mobiele Kliniek in Kuruman

Vanaf 16 Mei 2011, sal KANSA se Mobiele Eenheid in die Kuruman gemeenskap, sowel as omliggende gemeenskappe, diens lewer aan die publiek.

Die Mobiele Eenheid, wat beman word deur Suster Hannelie van Noordwyk, sal gratis papsmere, borsondersoeke en raad aan die publiek lewer. Bors en servikale kanker is die twee mees algemene kanker onder vrouens in Suid-Afrika. As dit vroegtydig opgespoor word, kan die tipes kanker makliker en meer effektief behandel word. KANSA beveel aan dat vrouens hul borste elke maand moet ondersoek vir tekens van borskanker. Vrouens oor die ouderdom van 40 moet elke 2-3 jaar vir ‘n mammogram gaan.

Ongelukkig is dit waar dat een in elke 35 vroue in Suid-Afrika met servikale kanker gediagnoseer sal word. Die goeie nuus is dat gereelde papsmere goeie opsporing is. KANSA wil graag alle vrouens motiveer om gereeld vir papsmere te gaan, sodat enige abnormale selle vroegtydig opgespoor kan word. Red jou eie lewe, en gaan vir gereelde ondersoeke.

Navrae KANSA

Vir meer inligting aangaande die Mobiele Eenheid of bors | servikale kanker, skakel asseblief die KANSA kantoor op Kathu – 081 356 9947 of 082 520 8988.

« BACK


Do you have a question?