Media Releases & News

Mandela-Day-Bookmark set

KANSA Mandela Dag – Aksie, Inspirasie, Dienslewering

Mandela-Day-Bookmark-2015-2English Press Release

Julie 2015 – As deel van Mandela Dag gaan KANSA 67 minute bestee aan dienslewering aan kankeroorwinnaars en –pasiënte.

Werknemers en vrywilligers van 30 KANSA Sorgsentra regoor die land gaan op Vrydag 7 Julie kankerpasiënte by plaaslike openbare hospitale, klinieke of behandeling-sentrums besoek om aan hulle aanmoediging en ondersteuning te bied.

“Madiba, wat ‘n kankeroorwinnaar van prostaatkanker was, inspireer ons om vir 67 minute uit te reik na mense in ons gemeenskappe om so hulde te bring aan die wyse waarop Madiba 67 jaar van sy lewe gewy het om ander te dien,” sê Elize Joubert, Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte van KANSA.

“Dit is so belangrik vir alle mense wat deur kanker geraak word om te weet dat KANSA se personeel en vriende omgee,” voeg sy by.

“Madiba het as voorbeeld vir ons nasie gedien en as ‘n organisasie wil ons graag voortgaan om aan sy versoek te voldoen om uit te reik na ander in ons daaglikse aktiwiteite en veral jaarliks wanneer sy verjaarsdag ons opnuut aan hom laat dink.”

Tydens KANSA se besoeke aan kankerpasiënte wil KANSA se personeel graag vir alle kankeroorwinnaars ‘n spesiale KANSA boekmerk met ‘n inspirerende aanhaling van Madiba gee. Die boekmerk sal ook inligting verskaf oor KANSA se sorg- en ondersteuningprogramme wat KANSA aan kankerpasiënte bied.

KANSA bied sorg en ondersteuning aan kankerpasiënte op verskeie maniere.  Van die dienste wat KANSA bied, is die KANSA Sorgtuistes, ‘n tolvrye nommer & aanlyn hulpbronne, ‘n KankerSorg Hanteringsgids, individuele en groep-berading, sowel as ondersteuningsgroepe. Dit bied alles ‘n veilige omgewing en manier vir oorwinnaars om in aanraking te kom met ander kankeroorwinnaars wat hulself in dieselfde situasie bevind.

Joubert voeg by: “Ons moedig alle mense aan om hul 67 Madiba minute van dienslewering aan ander aan te bied by KANSA se Sorgsentra en Sorgtuistes landwyd deur een van ons baie wense op ons wenslysie waar te maak.

Dit sluit onder andere die volgende in: om ‘n vertrek waar vrywilligers bymekaar kom en waar vergaderings ter ondersteuning van ons pasiënte plaasvind, te verf en op te knap; vra vir donasies wat gebruik kan word vir kanker siftingstoetse, verbruiksgoedere, kospakkies vir kinders en gesinne wat die stryd teen kanker voer of help om ‘n oprit te bou vir pasiënte in rystoele. Een van ons kombuise by ‘n KANSA Sorgtuiste het dringend verf nodig en mense wat kan help om die kombuis te verf. Vir ‘n volledige lys, besoek.

Sien KANSA se Wenslysie per KANSA Sorgsentrum / Sorgtuiste hier…

Vir meer inligting oor Mandela Dag of om te sien hoe jy betrokke kan raak, besoek die KANSA webtuiste en hou ‘n ogie op ons sosiale media platforms – Twitter, Facebook, Instagram, YouTube and Pinterest.

« BACK


Do you have a question?