Media Releases & News

mobile health clinic set

KANSA Loop die Pad Enduit Gedurende Augustus Vanjaar

CANSA Mobile Health Clinic map

Klik op kaart…

English Press Release

25 Julie 2015 – As deel van ‘KANSA Week’ gaan KANSA gedurende Augustusmaand vanjaar Mobiele Gesondheidsklinieke gebruik om hiernude fokus te plaas op opleiding rakende kanker, deur die verskaffing van inligting wat sal help om die risiko van kanker te verminder, asook om siftingstoetse beskikbaar te stel en om programme oor die vroeë opsporing van kanker aan te moedig.

Mobiele Gesondheidsklinieke sal gedurende die eerste twee weke in Augustus gesien word in Polokwane, Witbank, Durban, Pietermaritzburg, Bloemfontein, Gauteng-Wes, Eldorado Park, Pretoria, Upington, Weskus, George en Rustenburg.

Sien kaart of laai Mobiele Gesondheidsklinieke Skedule en Kontakbesonderhede af…

KANSA is dankbaar vir die Old Mutual Two Oceans Marathon vir die donasie van fondse wat Mobiele Gesondheidsklinieke instaat sal stel om Papsmere aan te bied gedurende KANSA Week.

Mobile Health Clinic

“Ons moedig gemeenskappe aan om gebruik te maak van hierdie geleentheid en om een van ons Mobiele Gesondheidsklinieke of een van ons talle KANSA Sorgsentra landswyd te besoek – maak seker jy ondergaan ‘n siftingstoets, verkry inligting en vergewis jouself van die feite rakende kanker,” sê Elize Joubert, KANSA se Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte.

Nqobile Nkabinde, (32), ‘n versorger van die Soshanguve Gemeenskapskliniek was onlangs deel van KANSA se voorligtings en siftings-inisiatief by die kliniek, het gesê: “As ‘n veldwerker word ek op ‘n daaglikse basis blootgestel aan verskillende situasies en mense en ek gryp altyd die geleentheid aan om ‘n siftingstoets te ondergaan wanneer KANSA ‘n voorligtings en siftings-inisiatief by die kliniek aanbied. Ek word diep geraak deur vroue wat ek ontmoet tydens my daaglikse huisbesoeke omdat die meeste van hulle eers in ‘n gevorderde fase met kanker gediagnoseer is…kanker wat baie vroeër opgespoor kon word, as hulle net betyds siftingstoetse ondergaan het. As deel van my huisbesoeke, lei ek mense op oor die belangrikheid van die vroeë opsporing van kanker”.

Die Mobiele Gesondheidsklinieke besoek meestal afgeleë plekke regoor Suid-Afrika om mense te bereik wat andersins nie die geleentheid sou gehad het om siftingstoetse te ondergaan nie. Die Mobiele Gesondheidskliniek vervul so ‘n nood en bied die volgende aan:

  • Kliniese Borsondersoeke en demonstrasies oor hoe vroue self hul borste kan ondersoek
  • Demonstrasies oor hoe om self testikulêre ondersoeke te doen om die risiko van testikulêre kanker te verminder
  • Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA)-toetse – ‘n vingerprik bloedtoets om te help om abnormaliteite van die prostaat betyds op te spoor
  • Papsmeer – ‘n siftingstoets vir die vroeë diagnose van servikale kanker
  • Die assessering van mense se lewenstyl om die risiko van kanker te bepaal.
  • Bloeddruk en die toetsing van glukose
  • Die meting van hoogte en massa om ‘n ideale liggaamsgewig te bepaal – hulp en raad oor die handhawing van ‘n gesonde liggaamsgewig
  • Inligting oor die gevaartekens van kanker by kinders en volwassenes

Joubert voeg by: “Ons weet dat vroeë opsporing belangrik is om kanker meer effektief te behandel sodat die kankerpasiënt ‘n beter kans op herstel het. Onkunde oor kanker en laat diagnose kan tot swak reaksie op behandeling lei sowel as ‘n swak diagnose en prognose. Dit is altyd belangrik om te weet oor wat jou opsies aangaande sifting is en dit is belangrik om gereeld siftingstoetse te ondergaan, veral as jy ‘n familiegeskiedenis van kanker het.” (Sien inligting rondom ons sorg- en ondersteuningsprogramme vir Kanker Oorwinnaars).

Kontak jou naaste KANSA Sorgsentrum om te sien waar ons Mobiele Gesondsheidklinieke gaan wees of skakel ons tolvry op 0800 22 66 22. Hou ook ‘n ogie oor ons sosiale media vir meer inligting: Facebook, Twitter en Instagram.

« BACK


Do you have a question?