CANSA Upington Care Centre

KANSA Kalahari Streek sê dankie!

KANSA Kalahari Streek sê dankie!

Tydens die Algemene Jaarvergadering van die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) het die Kalahari Streek alle donateurs, vennote, vrywilligers, vriende van KANSA en Survivors bedank vir die bydrae wat gelewer is tydens die 2011.12 boekjaar. Elke bydrae (hetsy geld, tyd, moeite, belangstelling ens) maak van KANSA die unieke organisasie met ‘n groot hart van hoop!

Die KANSA Kalahari Streek se personeel het die Nasionale trofee vir die Beste Spanwerk in 2011.12 ontvang. Joeye van der Merwe, ASO vir Upington Streekkantoor het ook ‘n toekenning gekry vir Beste Ondersteuningsdiens.

Die Canon to Cape Fietsrygroep  het die eerste week van Augustus die lang tog tot in die Kaap aangepak per fiets in uiterste weersomstandighede ten bate van KANSA. Hulle het die fondse ingesamel (R265 000) geoormerk vir die gebruik van die KANSA Suidelike Besigheidseenheid, Noord-, Wes- en Ooskaap se kinders. Die tussentuiste in Kaapstad sal ingerig word met 2 woonstelle vir kinders met kanker en hul ouers vir gratis verblyf  tydens behandeling (wat soms 6 weke of meer kan duur. Ander donateurs wat vereer en bedank is, is DeLux Loghomes (vir die skenking en oprigting van die Kathu kantoor) Llewellyn en Hanlie Jenner, OWK, Ou Mutual, Sanlam, Die Gemsbok, Kalahari Bullitin, Radio Riverside, Pick ‘n Pay ens.

Van die vrywilligers het ook sertifikate ontvang vir diens gelewer en natuurlik vir die ekstra myl wat gestap is.

Indien u belangstel om deel van die vrywilligergroep te word (pasientsorg, bewusmaking en fondsinsameling), skakel die kantore by Upington 054 3324937 of Kathu by 053 7231326

 


« BACK


Do you have a question?