About CANSA

KANSA Hoof Uitvoerende Beampte Gesondheidskenner & Voorstaander van Sosiale en Maatskaplike Kwessies

KANSA Hoof Uitvoerende Beampte Gesondheidskenner & Voorstaander van Sosiale en Maatskaplike Kwessies

Elize

Elize Joubert (Hoof Uitvoerende Beampte KANSA)

English Press Release…

17 November 2015: Met indrukwekkende getuigskrifte en ‘n loopbaan wat tot dusver gerig was op gesondheid en maatskaplike en sosiale kwessies, bring Elize Joubert splinternuwe energie, ervaring en bestuursvernuf na die Kankervereniging van Suid-Afrika in haar nuwe rol as KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte.

Voordat Elize Joubert op 25 September 2015 amptelik aangestel is as KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte, het sy senior posisies sedert 1990 in KANSA beklee en haar aanstelling as Hoof Uitvoerende Beampte van KANSA was ‘n natuurlike progressie. Elize het eers die posisie van Hoof Operasionele Beampte van KANSA beklee voordat sy van Februarie 2014 tot September 2015 aangestel is as Waarnemende Uitvoerende Beampte van KANSA.

Waardevolle Werk

“Ek verbind myself tot die doel om seker te maak dat KANSA voortgaan met die waardevolle werk en navorsing oor die vermindering van die risiko vir kanker, om die publiek in te lig oor alle feite rakende kanker, om gesondheid te bevorder en om sorg en ondersteuning te bied aan almal wat deur hierdie verskriklike siekte geraak word,” sê Joubert. “Ek glo dat ons as organisasie ‘n kritieke rol speel en ‘n invloed het om te help bou aan ‘n wêreld sonder kanker.”

Joubert sê sy neem die leiding van KANSA oor op ‘n tyd wanneer KANSA reg en gereed is om voort te gaan om dienslewering nog sterker te laat groei, om die aantal vrywilligers te vermeerder en om nog vennootskappe te sluit. “Ons het die afgelope paar maande hard gewerk om ons operasionele sakebedrywighede te verfyn en te verskerp en ek is vol vertroue dat ons nou net van krag tot krag sal groei.”

Mees Invloedryke Vrou in Besigheid

Elize receives African Women in Business Award

Van Links: Yvonne Finch (Direkteur United Success / Voorsitter CEO Global SA & Eienares Yvonne Finch Consulting), Elize Joubert (HUB KANSA) and Ann Kleynhans (HUB CEOS Technologies & Ambassadeur CEO Global SA)

Op 9 November 2015, was Joubert aangewys as die ‘Afrika Kontinent Wenner’ vir ‘Welsyn en Burgerlike Samelewingsorganisasies’ by die 2015 Afrika se Most Influential Women (MIW) in Besigheid en Regering Toekennings.

Dit het gevolg op haar twee toekennings wat sy in Julie gewen het: ‘Suid-Afrikaanse Landswye Wenner’ en ‘SADC Suidelike Streekswenner’ in die kategorie ‘Welsyn en Burgerlike Samelewingsorganisasies’. Lees meer…

Kennis en Ervaring

Met ‘n lang en uiteenlopende loopbaan in KANSA, is Joubert toegerus met omvangryke en institusionele kennis en ondervinding. Sy het haar loopbaan by KANSA begin in 1990 en is in 1991 aangestel as Provinsiale Hoof van die Vrystaat en Noord-Kaap. Sy het later die posisie van Provinsiale Direkteur van KANSA beklee. Voor haar aanstelling as KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte, was Joubert vir 18 maande tegelykertyd KANSA se Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte sowel as Hoof Operasionele Beampte.

Tydens al die jare wat sy vir KANSA gewerk het, het Joubert aansienlik bygedra tot die ontwikkeling en groei van KANSA deur die ontwikkeling van verskeie nasionale beleidsdokumente; sy het ‘n groot bydrae gelewer tot die ontwerp en implementering van KANSA se besigheids- en operasionele modelle en het verskeie handleidings en modules ontwerp vir KANSA se bestuur van dienslewering en menslike hulpbronne.

In 2007 was Joubert verkies om op KANSA se eerste operasionele uitvoerende komitee te dien wat die Hoof Uitvoerende Beampte van dag tot dag bygestaan het met operasionele bestuur. Sy is in September 2008 aangestel as Hoof Operasionele Beampte en Uitvoerende Direkteur van die KANSA Raad.

Ander hoogtepunte van haar loopbaan…

Joubert dien ook as ‘n lid van die Uitvoerende Komitee van die Alliansie vir Nie-Oordraagbare Siektes vir Suid-Afrika sowel as die Suid Afrika Kanker Alliansie.

Akademiese Prestasies

Joubert se belangstelling in gesondheid, maatskaplike werk en sosiale kwessies het begin toe sy op hoërskool was. Dit het haar aangespoor om te registreer vir ‘n BA graad in maatskaplike werk by die Universiteit van Pretoria. Sy het Cum Laude gegradueer en het verskeie ander akademiese toekennings tydens haar studies van vyf jaar ontvang. Sy het ‘n MA graad in Maatskaplike Werk en Gemeenskapswerk by dieselfde universiteit in 1989 verwerf. Omdat sy nie iemand is wat op haar louere rus nie, het sy ook ‘n Diploma in Bestuur by die Universiteit van die Vrystaat se Besigheidskool in 1993 verwerf en is bekroon met ‘n toekenning as die tweede beste student.

By die Huis

Joubert, wat in die Vrystaat gebore is, is getroud met Francois, ‘n siviele ingenieur. Hulle het twee seuns wat beide universiteitstudente is.

« BACK


Do you have a question?