Media Releases & News

Jou Wêreld is Besig om te Verander. Is jy? Word ‘n Vrywilliger!

Jou Wêreld is Besig om te Verander. Is jy? Word ‘n Vrywilliger!

International Volunteers Day 2012English Press Release

27 November 2015: 5 Desember word internasionaal toegewy aan die viering van vrywilligers. KANSA gebruik hierdie Internasionale Vrywilligersdag om ons baie toegewyde Vrywilligers te bedank vir hul onbaatsugtige diens, en ook om hul terugvoer te ontvang.

KANSA weet hoe belangrik dit is om na ons Vrywilligers te kyk. “Ons is ‘n vrywilliger-gedrewe organisasie. Sonder die duisende liefdevolle, helpende hande van ons Vrywilligers – sou ons nooit in staat gewees het om die sorg en ondersteuning aan kankerpasiënte en gesinne te bied wat dit die nodigste het nie, “sê Gavin Kester, KANSA Nasionale Dienslewering Bestuurder.

“Om ten einde nog beter na ons Vrywilligers om te sien, hoop ons om hulle positiewe terugvoer te ontvang. Hierdie jaar het ons ‘n Vrywilligersopname onderneem wat, wanneer dit by Vrywilligers kom, hopelik enige areas waar ons kan verbeter, sowel as lof aan die gebiede waar KANSA dit regkry, kan gee,” gaan Kester voort.

Sheila Moolman KANSA Vrywilliger

Sheila Moolman KANSA Vrywilliger

Sheila Moolman (64) is ‘n KANSA Vrywilliger, en help die KANSA Durban Sorgsentrum. In 2002 is sy gevra om die kanker ondersteuningsgroep wat maandelikse vergaderings by ‘n plaaslike kerk gehou het, oor te neem. “Ek was reeds op ‘n klein manier betrokke deur hul advertensies te fasiliteer. Daai tyd was ek bietjie huiwerig om twee redes: eerstens, omdat ek nog nooit kanker gehad het nie en tweedens was ek nie iemand wat dit geniet het om “op die verhoog” ‘n gehoor aan te spreek nie, maar vir een of ander rede het ek ja gesê.”

Sy het voortgegaan om die afgelope 13 jaar as ‘n vrywilliger te dien. “Hierdie pad het my so laat groei in soveel opsigte wat ek nooit kom dink het nie. Ek het die moed, dapperheid en kalmte van hierdie kankerpasiënte ervaar, en so baie wonderlike vriendskappe gevorm. Ek het hul stories gedeel met ander en dit het my so dankbaar gemaak, vir als wat ons as vanselfsprekend in die lewe aanvaar. Dit maak my hart vol blydskap om die interaksie tussen pasiënte wie so bang is op die tyd, en die ondersteuning en troos wat hulle aan mekaar gee, te sien,” sê Moolman.

Dit is Vrywilligers soos Sheila wat erken moet word vir die belangrike bydrae wat hulle maak in die gemeenskappe waarin KANSA dien. Ons wil weet wat ons Vrywilligers dink – ons wil jou terugvoer hê. As jy ‘n KANSA Vrywilliger is, voltooi asseblief ons Vrywilligersopname. Dit sal ons help om areas vir verbetering te identifiseer, sowel as om te sien waar ons dit regkry.

Selfs met al die hulp van ons huidige Vrywilligers, kan ons nooit genoeg helpende hande hê nie. Maak ‘n verandering in jou wêreld, en sluit by KANSA aan as ‘n Vrywilliger.

« BACK


Do you have a question?