Media Releases & News

Jou Lewe Na ‘n Diagnose van Kanker

Jou Lewe Na ‘n Diagnose van Kanker

English Media Release…

18 Mei 2016 – Internasionale Kankeroorwinnaar Dag word jaarliks gevier gedurende die eerste week van Junie. Die rede waarom hierdie dag so spesiaal is, is om bewys te lewer dat die lewe na ‘n diagnose van kanker ‘n realiteit vir enige mens kan wees. KANSA vereer alle kankeroorwinnaars (enige iemand wat al ooit die woorde “Jy het kanker” gehoor het) en hoop om die geleentheid, dag en die lewe na ‘n diagnose van kanker saam met kankeroorwinnaars te vier.

Celebrate Survivors

“KANSA wil egter meer doen as om net hierdie dag saam met kankeroorwinnaars te vier. KANSA strek ‘n hand uit na elke kankeroorwinnaar want KANSA wil elke tree saam met die kankeroorwinnaar op die pad na genesing loop. ‘n Kankeroorwinnaar hoef nie die moeilike pad van kanker alleen te loop nie. KANSA kan soveel ondersteuning aanbied vir elke mens op die reis en stryd teen die siekte.

Oorwinnaar Ondersteuningsgroepe

“Ons het talle oorwinnaarsprogramme wat handel oor maniere oor hoe om kanker te oorwin. Ons moedig kankeroorwinnaars aan om by die programme betrokke te raak,” sê Gerda Strauss, KANSA se Hoof van Dienslewering.

Ondersteuningsgroepe is een van ‘n lang lys van dienslewering wat KANSA aan kankeroorwinnaars beskikbaar stel. Strauss voeg by: “Ons aktiewe ondersteuningsgroepe bring pasiënte, langtermyn kankeroorwinnaars en hul geliefdes bymekaar en stel hulle voor aan ander wat ook die moeilike pad van die stryd teen kanker geloop het. Groeplede deel hul insig, verskaf morele ondersteuning, begrip, hoop en inspirasie aan ander lede van die groep kankeroorwinnaars.” Lees verder m.b.t. KANSA se dienslewering…

Albert Kleintjies final

Albert Kleintjies

Albert Kleintjies was gediagnoseer met prostaatkanker in 2008 en teen 2009 was sy kanker al baie aggressief. “Ek is die volgende meegedeel: ‘Jy het net drie maande oor om te lewe. Die dood is uitgemaakte saak. Ons kan niks meer vir jou doen nie’.”

Hy het die verdoemende vooruitsigte uitgewis toe hy vier jaar later nog steeds gelewe het en gehelp het om die Westridge Kankeroorwinnaars en Ondersteuningsgroep in die Kaap se Metro Sorgsentrum te stig.

“As ‘n slagoffer van kanker het ek net gelewe om dood te gaan. Maar toe ek besef dat ek kan terugbaklei en myself as ‘n kankeroorwinnaar kan beskou, gee ek my alles om te lewe en om die dood te stuit. Ek was aangenaam verras toe ek by ‘n ondersteuningsgroep van kankerpasiënte aangesluit het. Ek het gedink die mense in die groep sou aldag loop kla en kerm het, maar ek was verbaas om te sien en te beleef hoe vreugdevol, bemoedigend en blymoedig die groep kankeroorwinnaars was.”

“Kanker is nie meer ‘n doodsvonnis nie. Vir baie van ons is kanker ‘n manier om die lewe in oorvloed te ervaar en te waardeer. Ons lewe elke dag ons lewe voluit en met oorgawe. Baie dankie, KANSA Metro. Ons as kankeroorwinnaars waardeer julle moeite en onbaatsugtige ondersteuning en die hulpbronne wat julle gebruik om ons by te staan. Omdat KANSA alles in hul vermoë doen om ons lewenskwaliteit te verbeter, is elke dag vir ons spesiaal. Saam met KANSA lewe ons elke dag met dankbaarheid en hou ons mekaar se hande vas,” voeg Albert by.

Tania Survivors Day

Tania Naudè

Nog ‘n getuienis oor hoe KANSA se ondersteuningsdienste aan ‘n dame ‘n wat met kanker diagnoseer is se lewenskwaliteit verbeter het, kom van Tania Naudè (50). Tania was gediagnoseer met borskanker op die ouderdom van 36 en het aan die deur van haar plaaslike KANSA Sorgsentrum in Kimberley gaan klop vir raad, bystand en ondersteuning.

Tania verduidelik: “Die KANSA personeellede is nou my vriendinne. Sedert ek met kanker gediagnoseer is, het KANSA van die eerste dag elke tree van my reis saam met my geloop. Hulle het vir my en my man verduidelik wat met my gaan gebeur en hoe ek behandeling sou ontvang. Hulle het my gewaarsku dat ek ‘n moeilike en lang pad sou moes loop om vry te wees van kanker, maar hulle het my belowe dat hulle altyd daar sou wees vir my en my gesin. Dit was nie ‘n valse belofte nie, hulle was altyd daar vir my.

KANSA se mense het my kom help toe ek na afloop van my eerste mastektomie ‘n prostese moes kry. Ses jaar later het ek my tweede bors ook verloor omdat ek weer borskanker gehad het. Ek is opreg dankbaar teenoor al die wonderlike personeel van KANSA. Hulle het my gehelp om my las van kanker te dra. Hulle het tree vir tree die pad van kanker saam met my geloop.”

KANSA het ook verskeie aanlynplatforms waar kankeroorwinnaars ondersteuning, bemoediging en hulp kan kry. Dit help om jou siekte met iemand te deel wat ook met kanker gediagnoseer is. Op hierdie KANSA platforms help en bemoedig kankeroorwinnaars mekaar.

Aanlyn Ondersteuningsgroepe & Programme vir Oorwinnaars

Besoek gerus die volgende platforms aanlyn:

  • Facebook Group: Champions of Hope – CANSA Survivors vir kankeroorwinnaars
  • Facebook Group: CANSA Caring for the Carers vir mense wat vir kankeroorwinnaars (pasiënte) sorg.
  • Facebook Group: CANSA-TLC spesifiek vir kinders en gesinne wat deur kanker geraak word.
  • iSurvivor Online Support Programme – ‘n 20 week epos gids om ‘n kankeroorwinnaar te help op hul reis na genesing. Hier kan kankeroorwinnaars hulp kry en wenke om hulle te leer om die siekte en behandeling beter te kan hanteer.
  • KickButt Online Support Programme – ‘n reeks van weeklikse eposse wat ‘n persoon kan help om op te hou rook.
  • KANSA CancerCare Coping Kit Audioprogram: en boekie wat inligting verskaf en praktiese wenke gee oor fisiese en emosionele probleme en om ‘n persoon se algemene welstand voor en tydens behandeling te monitor. In kort help dit die pasiënt wat onlangs met kanker gediagnoseer is en dit help om die siektetoestand en behandeling te hanteer. Dit bied ook hulp aan geliefdes en gesinslede wat ook die skok van die diagnose moet verwerk.

A5 portraitBannerthon om Bewustheid te Bevorder

“Om mense bewus te maak van vanjaar se Oorwinnaars Dag, gaan KANSA voort met die Bannerthon-veldtog wat in Oktober 2015 begin het. Die Bannerthon-veldtog laat maatskappye, instansies en gemeenskappe toe om betrokke te raak in die stryd teen kanker deur ‘n KANSA bewusmakings-veldtog. Dit word gedoen deur ‘n KANSA-banier te gebruik om teen ‘n muur te monteer, om ‘n pilaar te draai, oor ‘n heining te gooi of om voor vensters te hang sodat mense dit kan sien. Die vertoon van baniere wys mense dat kankerpasiënte hul ondersteuning nodig het, “ voeg Srauss by. Baniere kan bestel word van Chapmar Industries Tel: 011-452 1101 of laai bestellingsvorm af…

« BACK


Do you have a question?