Balanced Lifestyle

Jou Gesondheid is in Jou Hande – Weet Wat is Voordelig en Nadelig vir Jou

Jou Gesondheid is in Jou Hande – Weet Wat is Voordelig en Nadelig vir Jou

English Press Release

7 Maart 2016: Volgens KANSA kan 30 – 40% van kankers voorkom word deur lewenstylfaktore. Hierdie faktore sluit in: dieët, oefening en die vermyding van karsinogene (agente wat kanker veroorsaak) en dit kan alles help om jou kankerrisiko te verminder. As deel van KANSA se Gebalanseerde Leefstyl Veldtog, verskaf KANSA wenke oor hoe om die kankerrisiko te verlaag deur ingeligte keuses oor jou lewenstyl te maak.

Wat Help

“Sommige vanselfsprekende keuses wat jou sal help om meer gesond te lewe, sluit die volgende in: vermy die gebruik van tabakprodukte, doen gereelde oefening, eet oor die algemeen minder geprosesseerde voedsel, kies ‘n kombinasie van meer rou, gestoomde geroosterde en roerbraai voedsel. Verminder jou inname van toegevoegde suiker en sout, vermy alkohol en natuurlik is dit belangrik om gereeld vir kanker siftingstoetse te gaan”, sê Elize Joubert, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte.

“Navorsing bewys dat ‘n swak dieët en onaktiwiteit twee belangrike faktore is wat ‘n persoon se kankerrisiko kan verhoog. Om sover te kom om ‘n gesonde liggaamsgewig te bereik en dit te volhou, is ‘n belangrike faktor in die vermindering van die kankerrisiko en ander kroniese siektes soos hartsiektes en diabetes. As jy oorgewig of vetsugtig is, vergroot dit die risiko van verskeie kankers soos borskanker (in vroue in hul post-menopouse fase), kanker van die kolon en rektum, endometrium (die wand van die baarmoeder), kanker van die slukderm, pankreas, niere en ander kankers,” waarsku Joubert.

Om aktief te wees en te bly, is net so belangrik as om gesonde kos te eet. Maak seker jy doen gereelde oefening – doen ten minste 30 minute matige tot strawwe oefening bo en behalwe jou gewone aktiwiteite op vyf of meer dae per week. Bespreek jou oefeningprogram met ‘n mediese praktisyn voordat jy met die oefenprogram begin.

Ken Jou Kos

Dit is belangrik om te weet of die voedsel wat jy eet jou liggaam help of rig dit skade aan? Sommige wenke oor hoe om goeie en gesonde keuses te maak, sluit in:

  • Lees etikette op voedselverpakkings – wees bewus van die feit dat ‘lae-vet’ of ‘vetvry’ nie noodwendig ‘lae-kilojoules’ beteken nie
  • Kies groente, seisoenale vrugte, peulgewasse (soos ertjies en boontjies) en ander laer energie voedselsoorte in plaas van oormatige soet peuselhappies
  • Vermy of beperk jou inname van versoete drankies propvol suiker en versoete vrugtesappe
  • Vermy of beperk jou inname van geprosesseerde vleis soos spek, wors, ham en worsbroodjies
  • Kies vis, hoender sonder vel of bone in plaas van rooivleis (bees, vark en skaap)
  • Kies volgraan produkte in plaas van verfynde graanprodukte
  • Drink genoeg skoon en veilige water – as a riglyn probeer om ten minste agt glase water per dag te drink

Trolley Afri

‘n Gesonder Inkopietrollie

KANSA wil hê jy moet onthou – dit wat in die huis, jou yskas en jou koskas kom, is wat saak maak, so maak seker jy koop slim. Jou inkopietrollie behoort ‘n wye verskeidenheid kossoorte te bevat wat van een van die volgende insluit:

  • Volgraan voedsel en groente (stysel)
  • Vars seisoenale vrugte en groente
  • Probeer om twee keer per week vis te eet, verminder die inname van rooivleis
  • Neute en avokado is goeie keuses en gebruik vette en olies wat van groente afkomstig is soos kanola saad- en olyfolie
  • Probeer om gedroogde bone of bone in enige vorm van peulplante en soja ten minste een of twee keer per week by jou geregte te voeg. Probeer om ten minste een vegetariese dis een keer as die hoof maaltyd te bedien.
  • Hierdie disse behoort peulplante, peulvrugte en peulgroente en soja te bevat
  • Verminder jou inname van toegevoegde suiker en geprosesseerde voedsel

Vir meer inligting oor wat in jou inkopietrollie behoort te wees, besoek…

Siftingstoetse en Assessering om Jou Gesondheid te Bepaal

KANSA bied verskeie siftingstoetse en vorms van assessering aan wat jou kan help om jou gesondheid en welsyn te bepaal. Vul gerus die vorm oor Gesonde Leefstyl en Risiko Assessering in. Dit kan jou help om gesondheidrisiko’s te identifiseer waaraan jy aandag moet gee.

Jy kan ook hierdie assessering laat doen by jou naaste KANSA Sorgsentrum.

« BACK


Do you have a question?