CANSA Upington Care Centre

Jakkie Louw besoek Upington

Jakkie Louw besoek Upington

Jakkie Louw

Jakkie Louw se KANSA Relay For Life Show

Die gewilde sanger met liedjies soos (3 Pikkewyne en 1miljoen woorde)  as ambassadeur vir KANSA is hierdie maand baie betrokke in ons streek.

Hy tree saam met plaaslike Laerskoolkore op op 29 Augustus in Kathu (Kaartjies beskikbaar by die KANSA kantoor 0813569947 of Zelda van Graan 0828537574).

Op 30 Augustus tree hy ook saam met LON en Fanie Malan se kore op in Upington (Kaartjies beskikbaar by KANSA kantoor 054-3324937 of by Genesis Jeug 054-3311689).

Gordonia Delta borg en Jakkie Louw ondersteun ook vir Mari Maass en haar stappers. Hulle gaan 800km te voet ‘n GENADE stap doen ten bate van Kankerbewusmaking.  Hulle nooi elkeen uit om die eerste ent saam met hulle te stap op 31 Augustus 2012 vanaf Spitskop.  Die pretstap sal deur die gewilde Jakkie Louw afgesit word om 07h00.  Jy kan kies tussen 5km stap of draf, 10 km draf of 15 km draf of as jy die hele dag wil bly, is 35km jou voorland.  Inskrywings MOET vooraf gedoen word of by jou betrokke skool of by die KANSA kantoor.  Inskrywingsfooie sal R15 vir ‘n kind en R25 vir ‘n volwassene wees.  Wees deel van hierdie pretstap, en beleef die groot genade in jou eie lewe.

Vir enige navrae skakel vir Chrisna Roos by 054-3324937.

« BACK


Do you have a question?