CANSA's Tough Living with Cancer (TLC) Programme

Isolasie Onkologie-Eenheid vir Kinders Open in Pretoria

Isolasie Onkologie-Eenheid vir Kinders Open in Pretoria

English Press Release

September 2015: KANSA se “Tough Living with Cancer (TLC) Brian Davey Step Down”-eenheid is amptelik in September 2015 in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria geopen.

Die eenheid, wat die Steve Biko, Unitas en Pretoria Oos se hospitale bedien, bied ‘n steriele, maar familie-vriendelike omgewing waar kinders veilig voorberei kan word of kan herstel van stamsel-oorplantings en hul immuunstelsels kan opbou sonder die risiko van infeksie.

Hoë Risiko

KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte, Elize Joubert, sê: “In ‘n tipiese stamsel-oorplanting vir kanker word baie hoë dosisse chemoterapie gebruik wat dikwels in kombinasie met bestralingsterapie gebruik word in ‘n poging om al die kankerselle te vernietig. Hierdie behandeling maak ook die stamselle in die beenmurg dood. Kort na behandeling word die stamselle wat vernietig is, vervang. Hierdie stamselle word binneaars toegedien – amper soos ‘n bloedoortapping. Met verloop van tyd vestig die stamselle in die beenmurg en begin groei om gesonde bloedselle te produseer. ”

Kinders wat herstel van so ‘n oorplanting se risiko van blootstelling aan infeksies is hoog en hulle moet vir ‘n geruime tyd in isolasie gehuisves word. Die tydsduur van die proses van isolasie verskil van kind tot kind en mag verder gekompliseer word as die pasiënt “graft-versus-host”-siektetoestand (die verwerping van oorgeplante weefsel) ontwikkel as die prosedure nie suksesvol was nie.

Gratis Verblyf

KANSA bied aan die pasiënte en een van hul ouers of ‘n voog gratis verblyf aan tydens die kind se behandeling en as so ‘n kind deur ‘n spesialis verwys is. Die doel is om die tydperk van hospitalisasie van kinders wat ontslaan is en nie meer as ‘n hoë risiko beskou word nie, maar nog steeds daagliks ondersoek moet word, huisvesting te bied.

Die eenheid bied nie mediese behandeling nie, maar as ‘n kind se toestand versleg, sal hy of sy dadelik weer gehospitaliseer word. Die eenheid bied aan kinders maklike toegang tot hospitale waar hulle behandel kan word en deur dokters ondersoek kan word.

Baie van die pasiënte bly ver van die hospitaal en sou andersins geen keuse gehad het om vir die totale tydperk van behandeling in die hospitaal te bly nie. As die isolasiesaal nie beskikbaar gestel is nie, sou dit beteken het dat ander pasiënte sou moes wag om gehospitaliseer te word.

Huis-weg-van-die-Huis

“Of dit voor of na afloop van ‘n oorplanting is, is dit nie ‘n maklike ervaring vir enige pasiënt nie en nog erger as die pasiënt ‘n kind is,” sê Joubert. “Dit is hoekom ons hard gewerk het om seker te maak dat die eenheid meer soos ‘n ‘huis-weg-van-die-huis’ is wat alles moontlik insluit om die kind se verblyf daar so aangenaam as moontlik te maak.”

Die eenheid kan drie kinders op ‘n slag huisves en dit sluit een ouer van elke pasiënt in. Elke kamer is toegerus met ‘n badkamer en namate die kinders se gesondheid verbeter, kan hulle rondbeweeg in die groter area wat nie geïsoleer is nie. Behalwe vir die drie kamers met badkamers, is nog twee kamers ingeruim as ‘n TV- en rekenaarkamer. Nog ruimte is omskep as ‘n kamer vir besoekers.

Gesamentlike Poging

Die isolasie-eenheid is opgedra ter nagedagtenis van die ontslape Brian Davey, lid van die Rotary Klub van Benoni Van Ryn, wat aan akute limfsel leukemie gely het. Die eenheid is die resultaat van die gesamentlike pogings en ondersteuning van KANSA, Outsurance, KPMG, die Rotary Klub van Waterkloof en Rotary se sustersklub, Inner Wheel.

Handover Rotary

“KANSA wou vir ‘n geruime tyd die uitdaging om ‘n fasiliteit soos die aan te pak en te voltooi,” sê Joubert.

In samewerking met al die vennote het KANSA bestaande fasiliteite by die KANSA TLC Nicus Tehuis opgeknap. Dit word gebruik vir verblyf vir algemene pediatriese onkologie pasiënte. Die isolasie-eenheid wat voltooi is, is ‘n meer geskikte omgewing vir die herstel van pasiënte. Die vloere is vervang met epoksie-vloere, die mure is geverf met antibakteriese ICU verf en die werkoppervlakke in die kombuis is vervang met duursame materiaal wat maklik is om skoon te maak.

Die KANSA TLC-programme is ook gerig op die opvoeding en bewusmaking van kanker tydens die kinderjare en vroeë opsporing van kanker by kinders. Vergewis jouself van die vroeë waarskuwingstekens van kanker…

« BACK


Do you have a question?