Cope with Cancer

Internasionale KankerOorwinnars Dag – KANSA Ondersteun Oorwinnaars

Internasionale KankerOorwinnars Dag – KANSA Ondersteun Oorwinnaars

English Press Release

30 Mei 2017 – Die wêreld vereer kankeroorwinnaars op die eerste Sondag van Junie elke jaar, vanjaar is dit op 4 Junie. Gedurende die eerste week van Junie dié jaar, gaan KANSA met die res van die internasionale gemeenskap hande vat in die poging om te bewys dat ‘n kwaliteit lewe na die diagnose van kanker ‘n realiteit kan wees.

“KANSA werk elke dag hard om Suid-Afrika se leidende verskaffer van ondersteuning vir kankeroorwinnaars te wees sodat sodat hulle kan staatmaak op ‘n kankervereniging wat ‘n positiewe verskil in hul lewens maak,” sê Elise Joubert, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte.

“Dit is vir ons belangrik om op 4 Junie aan te sluit by duisende mense in honderde gemeenskappe regoor die wêreld wat hoop en lewe van kankeroorwinnaars vier. Dit is vir ons ‘n voorreg om diegene in ons gemeenskappe wat met kanker leef en dit ook oorwin, te vereer. Ons wil saam met die res van die wêreld wys dat ‘n mens se lewe na ‘n diagnose van kanker vrugbaar, lonend, vol belofte en ‘n inspirasie vir ander kan wees.”

Toenemende Impak

In Suid-Afrika word een uit vier mense se lewe tydens ‘n leeftyd deur kanker geraak – as ‘n kankeroorwinnaar, of deur die diagnose van ‘n vriend, familielid, kennis of kollega. En die kommerwekkende tendens neem jaarliks toe. ‘n Onlangse studie in die Lancet toon dat Suid-Afrika teen 2030 ‘n toename van 78% in die aantal kankergevalle kan verwag. En hoe meer mense met kanker gediagnoseer word, hoe meer oorwinnaars sal daar wees.

Soos kankeroorwinnaars en hul geliefdes goed weet, duur dit ‘n geruime tyd vir die persoon om te herstel en om weer aan te pas. Vir ‘n kankeroorwinnaar is dit nie altyd moontlik om terug te keer na wat voor die diagnose as “normaal” beskou is nie. Dit kan tyd neem om aan ‘n nuwe realiteit en “normaliteit” gewoond te raak. Dit is wanneer KANSA se ondersteuningprogramme en “meganismes” van onskatbare waarde kan wees.

Aanlyn Ondersteuning

KANSA se Facebook Groep: Champions of Hope – CANSA Survivors is ‘n veilige en waardevolle spasie waar mense wat deur kanker geraak word, mense wat hulle versorg en familielede en vriende stories kan deel en inligting kan bekom. Om iemand anders se storie oor kanker te hoor, kan jy geweldig bemoedig sodat jy nie eensaam en alleen voel nie. Hier ontmoet jy ‘n groep splinternuwe mense wat dieselfde as jy ervaar en nuwe vriendskappe word gesluit.

Facebook Groep: CANSA Caring for the Carers fokus op die versorgers van kankeroorwinnaars (pasiënte), wat hul storie wil deel en mekaar aanmoedig.

Facebook Groep: CANSA-TLC verskaf inligting en word stories verruil en bemoediging gebied vir kinders en hul ouers wat deur kanker geraak is.

Vir diegene wat die gevreesde woorde: “Jy het kanker” gehoor het, is daar ook die iSurvivor aanlyn ondersteuningprogramme (isurvivor.org.za) wat hulp aanbied en wat vir ander leiding gee oor die moeilike reis saam met kanker deur weeklikse eposse wat help om die stryd teen kanker beter te kan hanteer.

En vir hulle wat hul risiko van kanker wil verlaag deur op te hou rook, is daar KANSA se KickButt aanlyn ondersteuningprogram (ekickbutt.org.za), wat ook bestaan uit weeklikse eposse.

Handige Inligting

Die KANSA webwerf is ‘n skatkis van relevante inligting vir kankeroorwinnaars. Besoek cansa.org.za vir inligting en opvoeding.

Dit bied jou toegang tot KANSA se KankerSorg Hanteringsgids, ‘n audioprogram wat jou en jou geliefdes help om die diagnose van kanker en die siekte te hanteer. Dit bevat ook feitestate, navorsing en bevindinge van kenners wat jou sal help om KANSA se standpunt oor verskeie kwessies te verstaan en om jouself in te lig oor die regte van pasiënte en versorgers.

Hierdie hulp en ondersteuning is egter nie al wat KANSA bied nie:

Tuishulp

KANSA beskik oor en bestuur 11 KANSA Sorgtuistes wat ‘n huis-weg-van-die-huis is omdat dit huisvesting in die hoof metropolitaanse gebiede verskaf vir pasiënte wat kankerbehandeling ondergaan by ‘n onkologie-kliniek ver weg van die pasiënt se tuiste.

Vir die ouers van kinders wat behandeling vir kanker ondergaan, bied KANSA ook verblyf aan by KANSA-TLC Tuistes.

Voortdurende en Konstante Ondersteuning

KANSA Sorgsentra (meer as 30 regoor die land) bied sorg en ondersteuning aan kankeroorwinnaars en hul gesinne. Die Sorgsentra bied ook kankersifting, onderrig, emosionele ondersteuning deur berading en ondersteuningsgroepe en ander ondersteuningsdienste. Kontak ‘n KANSA Sorgsentrum naby jou om meer uit te vind.

Joubert sluit af: “Dit is net ‘n paar van die maniere waarop ons kankeroorwinnaars ondersteun en vier op Internasionale Kankeroorwinnaars dag, en elke dag daarna.” PPT: KANSA Sorgsentra

Omtrent KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12 miljoen jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk.

Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom.

Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 12 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte plus een hospitium in Polokwane, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae / Inligting:

Besoek www.cansa.org.za of kontak KANSA tolvry by 0800 22 66 22 of epos info@cansa.org.za – volg KANSA op Facebook | Twitter | Pinterest.


« BACK


Do you have a question?