Become a Volunteer

Volunteer Thank you

Herdenking van KANSA se Vrywilligers

Volunteer Thank You - International Volunteers Day 2013

Read English Media Release

3 Desember 2013: Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) herdenk Internasionale Vrywilligersdag op 5 Desember 2013 en die kollig val op een van KANSA se mees waardevolle, kosbare en hoogs gewaardeerde bates – KANSA se vrywilligers. Meer as 30 KANSA Sorgsentra in Suid-Afrika bring hulde aan en betuig dank en waardering op hierdie dag deur middel van ‘dankie’ sertifikate, toekennings, geskenke sowel as opleidingsessies vir vrywilligers.

Magda Scholts (47 jr), wat self die pad as ‘n kankeroorwinnaar geloop het, was die perfekte Phakamisa vrywilliger, omdat sy ​​borskanker en al die ‘op en af’ daarvan verstaan. As deel van Phakamisa, word vrywilligers opgelei om vroue te leer oor borskanker, vroeë diagnose en die belangrikheid om ‘n wetenskaplike-gebaseerde behandeling regime te volg.

Magda sê: “Ek ontmoet dikwels vroue wat hulp en motivering benodig. Die publiek vra ook algemene vrae. Phakamisa opleiding deur KANSA aangebied, het my in staat gestel om hierdie vrae te beantwoord. Dit help ook baie dat ek ‘n KANSA Relay For Life leier vrywilliger is. Vroue voel dat hulle my ken en benader my met vertroue. KANSA en Phakamisa se ​​opleiding het my die gereedskap gegee om met vertroue te praat. Ek is elke dag van my lewe gemotiveer om na ander mense uit te reik. ”

InternasionaleVrywilligersdag is in 1985 deur die Verenigde Nasies aangewys as ‘n internasionale dag van viering om hulde te bring aan die krag en potensiaal van vrywilligers. Sue Janse van Rensburg, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte, sê: “Meer as 60% van ons gekontrakteerde vrywilligers is toegewyde mense wat ons KANSA personeel help om ons sorg- en ondersteuningsprogramme aan die publiek te bied en wat help om ‘n gesonde lewenswyse te bevorder. ”  Lees haar brief aan vrywilligers.

Tara Oldfield, een van KANSA se vrywilligers,  is 15 jaar oud. Sy het haar hare laat sny en aan KANSA geskenk. “Hierdie jaar was my hare nie lank genoeg nie, daarom het ek besluit om ‘n geleentheid by my skool te organiseer om fondse vir KANSA in te samel. Ek het my maats aangemoedig om hul poniesterte te laat sny en ons het al die poniesterte aan KANSA Sorgsentra geskenk,” sê sy.

Kanker is steeds die leidende oorsaak van sterftes wêreldwyd. Meer mense sterf aan kanker as aan TB, Vigs en Malaria gekombineerd. Meer as 100 000 Suid-Afrikaners word jaarliks met kanker gediagnoseer en om hierdie stryd teen kanker te oorwin, benodig KANSA baie meer helpende hande om ons dienste in gemeenskappe uit te brei.

Lees brief van Bugs Pancha, Voorsitter van KANSA se Raad van Direkteure.

Top redes om ‘n KANSA vrywilliger te word:

  • Geleenthede om nuwe mense te ontmoet en om nuwe vaardighede te leer (in-diens opleiding word verskaf).
  • Om ‘n goeie daad te doen en om die geleentheid te kry om vir ‘n goeie saak te werk – kyk hoe KANSA veg in die stryd teen kanker.
  • Die geleentheid om te voel jy is waardevol vir ander – vrywilligers ondervind ‘n groot mate van tevredenheid deur hul tyd af te staan. Hulle geniet ook die kameraderie van mede vrywilligers.
  • ‘n Verwysingsbrief en diensrekord nadat jy as vrywilliger vir een jaar lank diens aan KANSA gelewer het.
  • Om ondervinding op te doen in ‘n spesifieke veld wat op jou CV aangebring kan word.
  • ‘n Geleentheid om op uitstappies te gaan en om deel te neem aan opvoedkundige funksies.
  • Voortgesette in-diens opleiding (met die moontlikheid van uiteindelike akkreditasie)
  • ‘n Geleentheid om ‘n bydrae te lewer in die stryd teen kanker

Maak nou onmiddellik ‘n besluit en besoek http://www.cansa.org.za/become-a-volunteer/ of gaan na jou naaste KANSA Sorgsentrum om aan te teken as vrywilliger.

Vir meer inligting besoek www.cansa.org.za of kontak CANSA tolvry by 0800 22 66 22. Epos:info@cansa.org.za. Volg KANSA op Twitter: @CANSA  of sluit aan by KANSA op Facebook.

About CANSA

Read more…

Queries CANSA

See contact details here…

 

« BACK


Leave a Comment

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment from showing. There is no need to resubmit your comment.
Comments will be made public, should they be approved.


Do you have a question?