Fundraising Events & Projects

Hardloop in die Stryd Teen Kanker

Hardloop in die Stryd Teen Kanker

English Press Release

Early detection is key!

Early detection is key!

9 Oktober 2013: As deel van KANSA se gesondheidsveldtog vir mans gedurende die maand van November, tree KANSA en Etana aan vir die vyfde jaarlikse DAREdevil-wedloop wat op 8 November in Johannesburg, Kaapstad, Durban, Pretoria, Midlands, George, Pietermaritzburg, Grahamstown, Richardsbaai en in Dullstroom op 9 November plaasvind.

Bewustheid en  Vroeë Opsporing Red Lewens

Die wedlope word gehardloop deur dapper manne in speedo baaikostuums om die publiek bewus te maak van kankers wat mans raak. “Ons moedig alle Suid-Afrikaanse mans aan om kragte te snoer deur deel te neem aan die DAREdevil wedloop om so “kanker uit die dorp uit te jaag”. Ons hoop om 5 000 mans te betrek in hierdie baldadige avontuur”, sê Carel Nolte, woordvoerder van Etana, wat die wedloop vyf jaar gelede in Johannesburg  geïnisieer het en dit sedertdien borg.   “Die DAREdevil-boodskap is duidelik: Bewustheid en vroeë opsporing red lewens!  Ons mikpunt vanjaar is om die diversiteit van ouderdom en belange van diegene wat vanjaar vir die wedlope inskryf en dit in agt stede gaan aandurf, radikaal uit te brei.”

Met die fokus op prostaat- en testikulêre kanker, beoog KANSA en Etana om die manne bewus te maak van die waarskuwingstekens van kanker en maniere om hul risiko van kanker te verminder. Kanker is een van die grootste gesondheidsgevare wat mans in die gesig staar, met een in 24* mans wat gediagnoseer word met prostaatkanker (die mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse mans). Testikulêre kanker is die mees algemene kanker in mans tussen die ouderdomme van 15 en 39. *Statistieke volgens die SA Nasionale Kankerregister 2005 – lees meer oor kanker wat mans affekteer…

Kliek op fotos vir Gallery!

Meer fotos kan gesien word op Etana Versekering se webwerf en galery…

KANSA Ondersteun Deelnemers Tydens Wedloop

Sue Janse van Rensburg, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte, sê: “Ons is so opgewonde om te sien hoe die DAREdevil Wedloop mans aanmoedig om meer verantwoordelikheid vir hulle eie gesondheid te neem. Dit kan die begin wees van ‘n meer aktiewe lewenstyl vir baie en dit kan mans help om hul risiko van kanker te verlaag. Ek doen ‘n beroep op die manne  van ons land om dapper te wees en om saam met mede Suid-Afrikaanse mans deel te neem aan hierdie prettige wedloop. Dit bied aan jou ook die (fisiese) geleentheid om KANSA te ondersteun in die stryd teen kanker.”

  • KANSA se deelname aan die DAREdevil wedloop is die opvoeding van die deelnemers oor kankers wat mans raak en die doen van Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) toetse – ‘n eenvoudige bloedtoets wat prostaatkanker kan opspoor. Die eerste 100 toetse sal gratis gedoen word.
  • KANSA sal ook gratis sonskerm-rome aan deelnemers verskaf.
  • Daar sal ook Sprayathons by die DAREdevil Wedlope wees en jy kan jou ondersteuning wys deur jou hare in verskillende kleure te laat sproei. Vir R50 kan jy jou hare laat sproei en sal jy ook ‘n CANSA Wrap ontvang.
  • KANSA se “P-Bal” spel sal ook te koop wees. Dit is apparaat wat bewusmaking van prostaatkanker aanmoedig. ‘n P-Bal is ‘n klein balletjie wat bioafbreekbaar is en wat in ‘n urinaal geplaas word. Die doel is om die P-Bal in die korste moontlike tyd met ‘n urinestroom te vernietig. Dit word gedoen as die blaas vol is en met ‘n sterk urinestroom. ‘n Swak urinestroom sal nie die P-Bal vernietig nie. ‘n Swak urinestroom mag ‘n waarskuwingsteken van prostaatkanker wees en mans wat dit ondervind, behoort ‘n dokter te raadpleeg.

Neem Deel & Registreer Vandag Nog

Wedlope vind plaas om 4nm op 8 November in Johannesburg, Kaapstad, Durban, Pretoria, Midlands, George, Pietermaritzburg, Grahamstown, Richardsbaai en op 9  November in Dullstroom. Jy kan aanlyn registreer en jou R100 betaal.

Meer oor DAREdevil-wedlope

Gedurende 2009 het Nick, ‘n ouditeur en ‘n paar van sy vriende in ‘n restaurant gesit en kuier. Een van sy vriende het Nick uitgedaag om deur die verkeer in spitsverkeer te hardloop met net ‘n Speedo baaikostuum aan sy lyf.

“Dit het vir my geklink soos ‘n uitdaging waarvoor ek kans sien,” het Nick gedink. Hy het met sy kennisse by Etana Versekering gepraat. Nick het geweet die manne van Etana is altyd gewillig om te waag en wen en om iets ekstra vir ‘n goeie doel te doen. Saam het hulle ‘n paar honderd mans oorreed om (net gekleed in speedo’s) deur die spitsverkeer te hardloop. Hy en die manne het besluit om die wedloop te hardloop om te help in die stryd teen kanker.

Die DAREdevil-wedloop het sedertdien ‘n jaarlikse instelling geword en word vanjaar vir die vyfde keer aangebied. En nou het dit weer tyd geword vir hierdie dapper manne om die strate in te vaar met net hulle speedo’s aan die lyf. Hulle sal natuurlik vergesel word van duisende ander manne regoor Suid-Afrika wat ook met speedo’s die wedlope sal hardloop. Etana se vyfde Daredevil wedloop sal op 8 November 2013 plaasvind wanneer hulle ‘n kort roete sal volg deur die strate van Johannesburg.     Die kalerige manne (groot, klein, lank, maer, koeëlrond of plankdun) in hul speedo’s sal die oë laat rek in Durban, Kaapstad, Pretoria, Dullstroom, Grahamstown, George, Richardsbaai  en die Midlands en hulle gaan hul alles gee om te bewys dat ‘n speedo baaikostuum nie net vir ‘n manlike model gemaak word nie.   Ons mikpunt is dat meer as 5000 manne landswyd sal deelneem – wat natuurlik aangeteken sal word in die Guinness Book of World Records™ as die grootste byeenkoms van skraps geklede speedo-manne in een plek. So sal die boodskap versprei word ver buitekant die grense van Suid-Afrika en dit sal tot gevolg hê dat mans regoor die wêreld gewaarsku word oor die gevare van prostaat- en testikulêre kanker. Verlede jaar het ons die wêreldrekord gebreek en ons gaan dit hierdie jaar weer doen.

Hoe meer mans deelneem, hoe sterker sal die boodskap wees wat wêreldwyd gehoor sal word. En dit is nie die enigste voordeel van die wedloop nie. Die meeste van die registrasiegeld wat ingewin word, sal gebruik word vir mense wat deur kanker geraak word. Die reaksie van DAREdevil wedlope in die verlede was verstommend – besoek ons galery en kyk na die foto’s van wedlope van die afgelope jare. Volg ons op Twitter en Facebook.

Meer oor KANSA

KANSA het meer as 30 KANSA Sorgsentra regoor die land. By hierdie Sorgsentra word siftingstoetse gedoen vir manskankers. KANSA beskik ook oor Mobiele Gesondheidseenhede wat na verafgeleë gebiede regoor Suid-Afrika reis om mense wat andersins nie toegang tot siftingstoetse sou gehad het nie, te bereik. Hierdie toetse sluit siftingstoetse vir prostaatkanker in en personeel van KANSA bied inligting aan oor testikulêre kanker.

Die Mobiele Gesondheidseenhede doen ook algemene toetse soos die toets van cholesterol. Gedurende die afgelope jaar het KANSA 9 773 PSA toetse gedoen om te help om prostaatkanker op te spoor. In samewerking met die Departement van Gesondheid, was KANSA betrokke by die toetsing van ‘n verdere 110 mense.

Lees verder…

Navrae KANSA

Klik hier vir kontakbesonderhede…

« BACK

2 Comments

  • Gellis Meyer says:

    Waar in Johannewsburg vind die DareDevil run plaas en oor hou lang ‘n afstand moet die manne hardloop? Ek Gym 4 keer ‘n week en is stewig gebou, maar het jare laas aan enige wedloop deel geneem. Ek merk dat die inskrywing geld R 100 is. Sluit dit die koste vir die speedo in en moet n man sy broek grootte gee wanneer hy registreer? En waar moet die speedo afgehaal word? By die inskrywing tafel op die dag van die wesloop? Laat weet asseblief. Dankie, Groete, Gellis Meyer.

    • CANSA Social Media Coordinator says:

      Hi Gellis,

      Al die details is op die DareDevil Run se website: http://www.daredevilrun.com/register/ Jy moet VOORAF daar aanlyn registreer vir die 4km wedloop. Johannesburg se wedloop vind plaas vanaf St Stithians College: 40 Peter Place, Lyme Park, Sandton om 16:00 op 8 November – deelnemers moet reeds 15:30 aanmeld. Hiermee ook verdere details:

      SPEEDO PRE-COLLECTIONS:
      For those who have registered and have asked about collecting your speedos before 8 November, here are details for pre-collection points in JHB and CT.

      JOHANNESBURG
      • You can collect your Speedo/Speedos from the Etana office reception in Parktown from Monday-Friday, between 8.30am and 3.30pm.
      Address: Etana House, 22 Oxford Road, Parktown, Johannesburg. Contact Kurt on 082 573 1369 if you have any hassles.
      • Don’t forget your bar-coded ticket!

      Baie dankie en groete van KANSA!


Leave a Comment

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment from showing. There is no need to resubmit your comment.
Comments will be made public, should they be approved.


Do you have a question?